RSS Feed

Waarom …

… plaas baie koerante huilende kinders op hulle voorblad as die skole begin? Ek vind dit erg vernederend en dit wys vir ander dat skool nie lekker is nie.

 

school-students-reading-illustration_23-2147494789

40 responses

  1. Spokie sny spoor

    Ja, ek het die foto op die koerant gesien. Ek dink die kinders wat so huil is miskien nie in ‘n kleuterskool of dagsorg gewees nie? Dalk net by huis grootgeword en huil dan as hul skielik in ‘n klasopset kom. Of is kinders maar net verskillend?

    • Weet jy ek geen nie om waarom hy huil nie Dis gewoon onwaardig. Kinders moet weet dat skool vir mens goed is en as hulle dit as selg beleef is dit gewoon ‘n slegte begin Dis wat fout is met ons lewe mense/kinders se ongemak ammuseer ons

  2. Ja die ou graad eentjies!

    Ek sien gister dat een skool in Pretoria genoeg graad 1’s het om TIEN klasse vol te maak! Genade.

    Die een ou spot in die comments en vra nogal wanneer het beurtkrag begin dat daar hierdie jaar SO baie graad 1’s is!

  3. Daar’s mos nie genoeg sensasie in n kind wat lag om jou koerant mee te verkoop nie Tina!

  4. Mens kannie al jul oor en weer gooiery met woorde lees nie. Alles word net n dun strepie! Daar was in my klasse altyd net eenetjie wat regtig gehuil het, maar sodra ek hom/haar onder my vlerk geneem het wil hul nie eers terug huistoe gaan nie. Is mos maar vreemd en dat maak die ouers nog nbohaai daaroor ook. Toe my seun skooltoe is was hy ewe cool en het na al die maatjies gegaan Nie eers bye gese nie. Daar was n knop in my keel en Pa het wraggies gehuil!

  5. Ek het eers die derde dag weggelopp van die skool af. Ons het n ander onderwyseres gekry en die kinders het gesê sy is baie kwaai. Op die ou end moes my ma maar gaan verduidelik….

  6. rondomtaliedraai 25m
    Follow
    … nou moet ek baie versigtig wees. Ek is oor min goed skaam in my lewe Ek is skaam oor ek soos almal geslaan het toe ek begin skoolhou het.
    Ek is spyt dat ek vir baie jare baie teen tuisonderrig was , nou voel ek dit nogal ‘n opsie om na te kyk…

    NOU weet ek hoemok die kindertjies altyd so huil Tina! daai juffrouens wat die wit waks uit hulle looi! Ek GAAN NOU SOMMER SUMMIER MY KOPIE VAN ANOTHER BRICK IN THE WALL op die draaitafel sit!!!!!!!!!! skandelik!
    WE DON’T NEED NO EDUCTION!
    hahahahahahahha (grappi hoor)

  7. Gelukkig is daar baie meer stralende gesiggies as huilendes. Elkeen se skoolervaring is maar anders. Op die ou einde onthou ‘n mens meestal net die goeie goed, soos met enigiets anders.

    • Ja dis waar maar op een van ons plaaslike koerante is daar ‘n seuntjie wat huil en die foto is die hele voorblad vol … dis vreeslik verkeerd vir my

      • Ja dis onnodig. Klink vir my die joernalis is bietjie dramaties. Ek het die afgelope twee dae die mooiste foto’s op FB gesien – kinders wat so vol entoesiasme is dat dit ‘n mens amper hartseer maak en net laat hoop dat hulle daardie wonderlike verwagtinge behou en dat mense wat hulle pad kruis ‘n positiewe invloed sal hê.

  8. Die snikkende Ma , was net so erg op Nuuskanaal.. gelukkig het hul my nie in sub A afgeneem nie, ek wou my tas vat en terug huistoe.. nee ek het nie gehuil nie, ek was nie lus vir die storie van skoolgaan nie..

  9. Dis seker maar vir hulle cute… ek sal liewer die haasbekkies afneem

  10. Dis eenvoudig. Nou gaan al die mammies wil lees uit simpatie. Makliker antwoord… koerante plaas enigiets. Dit kan slegs vernederend wees as jy die kind in die foto is. Dalk is die onnie in jou se nerf effe dun (grappie). Moenie dit persoonlik vat nie. Nuus is rerig soms net n persentasie opinie. En natuurlik is skool aaklig!! Op watter planeet leef jy!🙂🙂

    • NEEEEEE daar is baie kinders wat van skool hou. Veral die ou kleintjies – dit word nuut ek uitdagend.
      Ek het van skool gehou en student wat nog beter – ek het op ‘n staduim ‘n jaar voltyds teruggegaan vir studies en dit was heerlik Jy het ‘n kar gehad Elke maand jou salaris gekry en jy het ‘n sleutel vir die koshuisvoordeur gehad.

      *fluister* ek was 5 toe ek skool toe is en het vir baie dae op die juffrou se skoot gesit. Dit was ook altyd sleg om ‘n jaar jonger as jou klasmaats te wees, maar nou is ek nie spyt nie.🙂

      • Die wat se hulle hou van skool is gatkruipers… seriously, wetenskaplik bewys, vra enige een van hulle in later jare oor dit en hulle sal toegee hulle wou eerder playstation speel.
        Ek verstaan daai ding van kinders wat op juffrou se skoot sit, Koos wou altyd op die wiskunde juffrou se skoot sit, sy was awesome! Dit was in ons matriekjaar. Het julle min stoele gehad daai jaar?

        • Hoekom fluister jy? Ek wil my verstout om te se meeste hier het klaar “gehoor” wat jy se

          • Ek is ook maar effens beskeie!
            Jy het ook geen simpatie.

            Het jy niks van skool gehou nie?Wat van die rugby? Jy was mos ‘n hunk?😀

            • Wat het jy in jou boonste rakke weggesteek? BESKEIE O …F£$@ … hier verstik ek amper in my koffie en sproei so ‘n straal oor die skerm…Ok, as jy so se… net so Tina! 100s hahahah Vir ‘n beskei juffer is jy wel ter tale hier en blykbaar by die landgoed as ek dinge so luister!

        • hehehehe… ek kan glo dat die ander so gedink het Baie van hulle word ook onderwysers.

          Julle Wiskunde was seker uit die boonste rakke?

          Ek het so getjank sy wou my troos …

          • Ons wiskunde was in std 9 uit die onderste kabinet, wel…ten minste die skrifte en vraestelle van Mnr Smit. In sy boonste rak het hy sy brannas, coke en ziggies aangehou, so half versteel agter shakespeare, sien, hy het ingils gegee viir std 6.
            O, so jy was oook een van die huilende kinders wat in daai dae se tyd op die koerant was? Het jy dan nie genoeg van skool gehou om nie te wou ophou huil nie.. Skande!

            • Daai tyd het kinders nie die koerante gehaal nie. Ek het maar heelwat later die koerante gehaal…

              Ek kan nie meer mooi onthou nie maar dit het later beter geword. Ek is ook mos aards nuuskierig so ek wou nie iets mis nie

              • Soos jy daar se, dalk onthou jy net nie mooi nie,alles reg…jy vertel mos gereeld hoe “oud” jy is (grappie). Nietemin, Shirley temple was ‘n kinnerster, sy het elke koerant gehaal, of het sy hulle gaan haal? Wat se jy het later beter geword? Die geheue! Mooi man!

%d bloggers like this: