RSS Feed

Humor

Ek kyk vanoggend verlede jaar se pantomime Peter Pan. Ek het elke jaar ‘n groep kinders teater toe geneem om die jaarlikse vertoning te gaan sien. Ek het weereens vanoggend besef ons het maar ‘n aweregse sin vir humor in SA –  wel,  party van ons!

Baie sterkte aan al die kinders vir wie dit more hoktoe is! (Sug… behaaglik) nou kan ons weer in rus en vrede dorp toe gaan. Ek bly darem lief vir julle.

Hier volg ‘n paar voorbeelde.

94056ad16f68c0d93c9ae29777666de7

95948e2082c17b248490a247b4740730

81304cb0424c43da1e09c4d7e127f32d

3728fac9a897bd909896471ef44612f7

6a8e501f340b85ebeebeaf85407db63a

2bbb9374b6ee4bc337a1afbf70156e2e

63 responses

  1. Daardie krokodil ene is lekker skerp. As krokodil verkeerd gespel is, jammer…. te lui vir woordeboek, en in my jongerdae het ek sonder wonder geweet hoe spel ‘n mens dit.

  2. Ek hou van jou voorbeelde, ek het nie besef hulle kom almal uit die Peter Pan Pantomime nie.
    Waars Tinkerbell?

    • Nee hulle kom glad nie uit die Pantomime nie

      Hehehehe … hulle was polities heel korrek Tinkerbell en Peter Pan was swart – Peter slank en aantreklik en Tinkerbell kort erg rond en vreeslik snaaks

      • Ek karring net aan jou, ek weet die pics is standalone😉

        • hehehe… ek weet nooit hoe ek dit met jou het nie maar jy hou my op my tone!

          • Kry net high heels, dis makliker😛

          • Speaking of which, gaan jy eendag weer by my kom inloer?😀

            • Ek loer altyd in maar jy hou nie van likes en my kommentaar nie Nou bly ek stil?

              • Ek sien geen likes of comments van jou af nie?

              • Wanneer was die laaste comment?

              • Ek glo mens leer uit foute. Watter deel van hierdie comment van my het jou laat dink aan ou koeie, veral nadat ek en jy via email 100% akkoord gegaan het ons gaan die strydbyl begrawe? Ek kan daai mail weer vir jou stuur😉 Het ek maaaaande na ons laaste meningsverskil weer aangedui ek hou nie van iets nie? Indien wel laat my asb weet wat ek gese het sodat ek kan verskoning vra en leer uit dit?

                • Nee jou nerf is nou onnodig dun. Ek kan ook dwars wees as ek wil. Jy het niks verkeerd gedoen of gesê nie.

                  Ek weet my kommentaar kom soms aweregs voor en my sin vir humor is ook nie soos die algemeen aanvaarde norme nie. Ek het regtig geen probleem met jou nie

                  • Die nerf is glad nie dun nie. Baie interessant dat jy telkens daardie woorkeuse gebruik as iemand van jou verskil of net kommunikeer? mmmm Dis doodeenvoudig net ‘n interpretasie. As dit wel so is dat die nerf dun is sal ek jou daarvan vertel en nie smiley faces bysit om aan te dui ons is besig met net ‘n gesprek nie. Hierdie is die manier hoe ek redeneer. Jou humor en kommentaar is glad nie baie anders as die “aanvaarde” nie, inteendeel, kyk na reddit om te sien wat rerig “af” is. Weereens, dink mooi, sal ek jou vra vir ‘n comment as ek dit direk daarna gaan delete? Dit sal beteken ek is rerig rerig bietjie weird. EK glo nie jy het al so iets ooit teegkom nie. Is jou nerf dalk dun dat jy hou van ou koeie gaan haal? Dra jy gereeld so lank aan ‘n wrok of pas jy soms die oulike segoed toe wat jy so copy en paste? Lees hulle, daars goeie advies in, die lewe is te kort etc etc … kom loer nou gerus in en los ‘n comment! hahaahahah😛

                    • hehehehe … eish … jy is die ingewikkelste mens wat ek ken. Speel jy skaak? Eintlik is ek dol oor jou!

                      Ek het al vanoggend ingeloer maar ek sal weer en dan kommentaar lewer.

                    • Skaak is daai game waar jy sirkels en kruisies trek? Dan die een wat drien in ‘n ry kry wen! Jip, ek speel daai!
                      Ingewikkeld, nee, glad nie, my vrou het dit uit my gesny met ‘n stomp mes, lank gelede :p

                      Dankie, ek sien uit na ‘n comment!!

  3. Lekker gegiggel!

  4. I love the car licence disk one best, could so have that one on my window

  5. Goed gelag! Die ‘convenience’ met alle ‘conveniences’ is ‘n klassiek!

  6. Spokie sny spoor

    Hiehiehie. Oulike prente! almal baie goed – nou verstaan ek hoekom die ‘senior citizens’ nie by al die plekke kwalifiseer vir afslag nie.

  7. Heerlike terugdenke wat mens heel hartseer maak omdat dit nie meer gedoen word of heerlik omdat dit nie meer vir jou nodig is om hul te vat nie.

  8. Ek onthou en waardeer nou nog die skool-uitstappies na vertonings en dis so lank gelede. Baie moeite om soiets te reel – en lewenslange herinneringe vir daardie kinders! Ek’s mal oor pantomime maar ek steek altyd my metgeselle in die skande, want ek gaan bos as hulle by die deel kom waar die gehoor ook kan sing en dans.

    • Nee wat met die internet het dit makliker geword. Nou dat daar ‘n computicket in elke Cherkers is, is die teater selfs vir ons op die platteland bereikbaar. Ek is egter lui om te ry en ‘n tas te pak … maar mens mis bie op die TV

  9. Ha ha ha! skreeusnaaks!!

  10. Is daar nie n seding oor wat jy nie moet doen waar jy eet nie? Ek is seker die implikasie is ook dat mens nie moet wors droog daar waar jy daai selfde ding moet doen nie…

  11. Thanks for the laughs. Love the bumper sticker.😀

  12. Dis so lekker snaaks!Ek hou van die senior citizens ene en ek gril ook vir no een..uggghhh!

    • Dis omdat jy nog nie so oud is nie … mens is dankbaar vir elke afslaggie. Moet jou ook sê dit was baie vreemd in die begin … soms vergeet ek sommer van my kaart

      • Ek kry baie keer afslag,sonder dat ek eers kaarte wys of vra…ek lyk seker so moeg en afgerem, dat hulle outomaties aanbied! 😆

        • O hel nou maak jy my bekommerd! Miskien moet ek bietjie meer afgerem lyk? Ek vergeet gewoonlik om te vra. Ons het ‘n parkeerskyfie vir die mall wat baie lekker is en ‘n silwer kaart wat ek nog nooit gebruik het nie

  13. HAHAHA, OULIK! EEEEUWWW VIR DIE EERSTE FOTO!

%d bloggers like this: