RSS Feed

Gedagte vir die jaar

Ek is maar skepties oor motiveringsprekers – ek kry gewoonlik die gevoel dat hulle so stappie bokant ons is en of hulle eerder hulle cd’s wil verkoop .  Krokowaan (onthou jy hom nog?) stuur vir my die week die volgende aan en ek vind dit of dit ‘n goeie gedagte is om te onthou in hierdie jaar. en ek deel dit graag met jou.

A young lady confidently walked around the room with a raised glass of water while leading a seminar and explaining stress management to her audience. Everyone knew she was going to ask the ultimate question, ‘Half empty or half full?’ She fooled them all. “How heavy is this glass of water?” she inquired with a smile. Answers called out ranged from 8 oz. To 20 oz.
She replied, “The absolute weight doesn’t matter. It depends on how long I hold it. If I hold it for a minute, that’s not a problem. If I hold it for an hour, I’ll have an ache in my right arm.

If I hold it for a day, you’ll have to call an ambulance. In each case it’s the same weight, but the longer I hold it, the heavier it becomes.”

She continued, “and that’s the way it is with stress. If we carry our burdens all the time, sooner or later, as the burden becomes increasingly heavy, we won’t be able to carry on.”

“As with the glass of water, you have to put it down for a while and rest before holding it again. When we’re refreshed, we can carry on with the burden – holding stress longer and better each time practiced.

So, as early in the evening as you can, put all your burdens down. Don’t carry them through the evening and into the night. Pick them up again tomorrow if you must.

DSCN4124

31 responses

  1. Ek sal eerder glad nie daardie glas wil optel nie.

  2. So beautiful! Wonderful capture, Rondom!

  3. Ek hou van die wit blommetjies wat se koppies so hang. Het jy dit geneem? Lyk vir my of hulle eerder ‘n motiveringsspreker nodig het! Maar, hul is pragtig.

    Moet erken, ek is mal oor ‘n gehoor, hoe groter hoe beter. Gelukkig het ek ‘n Groot Boek met ‘feite’ agter my, en kom dit maklik. Net ‘n naweek-ding, maar vreklekker.

    Maar, ek dink dit bly ‘n ‘kuns” om iets te verkoop aan iemand. Dankie vir die motiverende stukkie hier bo. En my beste produk om stress te hanteer? Die natuur, daarom loop ek so baie weg naweke na die berge toe…

    • Neeeee dis sneeuklokkies hulle hang mos maar so?

      Grinnik … mmmm ‘n regte drama queen? Ek spot sommer – solank jy nie mense minderwaardig laat voel, is dit ‘n goeie ding.

  4. Interessante stukkie! Stres is ‘n lelike storie!!

  5. Hulle word betaal om te praat. Ek betaal nie om te luister nie. Nie die soort werk waarvan ek sou hou nie 😊

  6. Dit is woorde om te onthou! Dankie vir die deel hiervan!

  7. Toe ek jonger was,het ek ook na al hierdie mense gaan luister en agterna soos ‘n onnosel wurm gevoel.Deesdae wil ek niks meer daarvan weet nie..seker omdat ek ouer en “wyser” (😆 ) is!

    • ‘nVriendin het my ‘n slag saamgesleep en ek het my so opgewerk want sy sy oor die huwelik gepraat en mans so afgekraak asof hulle skepsels van ‘n ander planeet is.

      Ek het besluit dankie maar needankie … ek sal onkundig bly

  8. Nes jy is ek ook maar skepties en ja, daar is party van hulle wat dink hulle weet alles en hulle is verhewe bo alles en almal. Ek ignoreer daardie tipe. As ek iets vind waarvan ek hou en waaruit ek iets kan leer, dan is dit goed, maar ek sal nie na so seminaar/praatjie gaan nie. Mense maak my senuweeagtig. Dis hoekom ek die internet en Google so baie geniet, en moenie vergeet van jou blog nie. Dis altyd lekker om hier in te loer en die interessante artikels te lees wat jy pos.

    Baie mooi gedagte vir die jaar en ja, dit is iets wat ons gerus kan aanleer. Stress foeter mens net op in elke geval. So dankie vir die deel. Ek het die baie geniet. Ek is mal oor die foto van die pragtige blomme ook. Dis stunning.😀 ♥

  9. Ek is skepties oor SOMMIGE motiveringssprekers, nes ek nie alle eiendoms agente, winkelpersoneel of dominees vertrou nie.
    Geen spreker is “BO” my nie, daai deel is gewoonlik net ‘n gevoel wat jy kry as hy slimmighede kwytraak.
    Hulle kan soms intimiderend wees, maar net so kan die ou by vulstasie. “Nothing new”.
    Natuurlik wil hy sy CD verkoop.
    En hy MOET! Dis dalks sy enigste inkomste.
    Die Predikant is soms ook ‘n “motiveringsspreker” en ek se dit met respek. Hy werk ook nie gratis nie. As die spreker goed is behoort hy vergoed te word!

    Kyk gerus na Sarah Kay se praatjies en “Spoken word poetry”. Sy is glad nie verhewe bo mense nie, sy is net deksels briljant. Ek sa enige tyd haar CD koop, nes ek ‘n sanger se CD sal koop as hy my inspireer, al vra hy “wil jy die CD koop” … natuurlik sal ek…

    Ek hou baie van die deel in groen, dis uiters waar!
    As jy dit in ‘n praatjie wil gebruik en op CD sit, ek sal een bestel 😉😀

    • Ja jy is heeltemal reg. Ek is natuurlik nuroties (sp?) want ek het op ‘n stadium in my lewe lesings aangebied en wonder noudat dit laat is of ek nie dalk ook so oorgekom het nie.

      Ek sal beslis gaan soek en lusiter na haar!

%d bloggers like this: