RSS Feed

R9

Ek het nooit gedink ek sal die dag beleef wat die koerantprys (Die Beeld) die broodprys sal verby steek?

As jy R9 het, watter een van die twee sal jy koop?  Hoekom?

Funny-quotes-Breaking-news

h1D00926F

funny baby pictures 16

funny-elebphants-breaking-news

33945_343620169026396_1912539719_n

68 responses

  1. Hiehiehie! Met hierdie fotos oortref jy weer jouself! Oulik en interessant verby. (Sorry, ek probeer nog al die blogs opvang, begin my nuwe jaar maar stadig …)

  2. R9 is deesdae boggerol. Maar ‘n koerant sal ek nie koop nie, te veel slegte nuus.

  3. Vertel nounet vir my man brood kos nog R9 in Polokwane. Wat help dit nou wil hy weet, weet jy hoeveel kos Petrol om Polokwane toe te ry vir ‘n brood. Vervlakste mansmens dog ek gee hom nuus, dan kom hy met sy praktiese nonsens.

  4. Die brood. As ek rerig n behoefte het aan nuus, is daar ander maniere om dit gratis tw kry.

  5. Thanks for the high laugh!!!

  6. Brood..koop lankal nie meer koerant nie,want ek was naderhand so swartgallig en pessimisties,dat niemand dit met my kon uithou nie.

    • Ek mis my koerant Ek het jare my koerant laat aflewer My ma het dit so geniet en ons het altyd ‘n spesiale band met die kinders wat dit aflewer gehad. Nou is dit nie meer pret nie

  7. Definitief brood. Brood vul die liggaam, koerante maak mens net paranoies en depressief

  8. Hier kos brood $3.50= R22 en koerant $2 = R14.00

  9. Moeielike keuses, as jy nie die net het kan mens darem nog radio luister maar nie jou maag daarmee vul nie! So brood is in en koerant is uit!

  10. Ek sal nie een koop nie!! Allergies vir die slegte nuus en gluten!😀

  11. Brood, nuus is deesdae maklik bekombaar!

  12. Lank terug toe ons in Bophuthatswana(Mafikeng) gewoon het, het die dobbelplek geopen- toe het ek gedink vreeslik om 20c in dobbelmasjien in te gooi – dink net ‘n hele brood se prys!! Dit was 1980… Brood word deesdae nie opgebruik in my huishouding nie, miskien moet ons weer halwe broodjies te kope kry.

  13. These are fun stuff!🙂 I needed a laugh. Thank you, Rondom!!

  14. Verseker die brood – want koerante is net kos vir bedruktheid.

  15. Brood. Ek kan altyd die nuus lees op die Internet. Maar ek moet vra: Waar betaal jy R9 vir ‘n brood?
    Hier is dit nou al amper R14.00 of meer!

  16. Hoekom sou ek ooit n koerant wou koop? Alle nuus is op die internet! Ok maybe om n vuur mee aan te steek.

  17. Geen “Like” sleutel nie maar ek laaik!

%d bloggers like this: