RSS Feed

Totsiens … dis nou genoeg…

Elke jaar kyk ek al wat ‘n Krismis fliek is… ek hou daarvan, want dit het altyd ‘n gelukkige einde. Ek neem die goed op en kyk dan so stuk-stuk daarna.  Dan kom daar egter ‘n dag dat genoeg genoeg is. Dis asof mens aan suikervergiftiging ly.  Daarom gaan ek die Seisoen nou afsluit en die flieks wat nog daar is moet maar oorstaan na die einde van die jaar – ek het genoeg gehad.

Nou pak ek die nuwe jaar aan.

Kom ons glimlag vir oulaas hieroor!

10390451_10152635392211374_4742406973519078441_n

10690099_760968327304911_8162308191903272203_n

10294315_10152625951706374_9102053319093035714_n

10868045_10152620645701374_7408639390744292058_n

1908165_10152624020086374_3576682956123128884_n

34 responses

  1. Ja – ek is ook mal oor die Kersfeesflieks. Geen vurige vryery en lekker familiestories.

    Aardeland, weet nie waar kry jy al die oulike humoriestiese fotos nie. Ek geniet elkeen vreeslik.

  2. Lekker geglimlag vir die strandmannetjie. Yep kersfees is verby, so ons kyk die jaar in die oë. Nog net die kinders wat so lekker in swembad baljaar wat skooltoe moet gaan, dan is alles terug na normaal.

  3. Ek het ook my oordosis van flieks gehad. Die laaste week van my vakansie my hele DVD kontrak klaargekyk. 100 Foot Journey was vir my ‘n baie goeie storie.

  4. Jy’t my bekommerd gehad met jou opskrif Tina! Ek was baie verlig om te sien dis net Krismis wat jy groet.

  5. Alle Kersfeesgoed moet volgens tradisie hier 6 Januarie/Dinsdag weggepak wees anders “Heaven will fall upon you” ha ha!

  6. Waar het jy daai pille gekoop, ek wil dit vir my kinders voer….

  7. Hehe ek hou van die selfie pille.Ek is ook bly Krismis is verby.

  8. The note to Santa is hilarious!😀

  9. Ek doen presies dieselfde!! Ook nou moeg daarvoor!😀

  10. Ek hoor jou, daai flieks gee my gewoonlik sooibrand.
    Maar, bygese. dis ‘n geval van smaak. As mense daarvan hou, hoekom nie.
    Die beste ding wat ek ooit kon doen was om my TV se lugdraad uit te trek.
    Dit verhoed my om in die versoeking te kom om ENIGE iets op te neem.
    My ADSL is vining genoeg om enige fliek binne ‘n halfuur van ‘n “betroubare” bron te kry.
    Andersins is daar die DVD shop.
    Het Tim Burton nie “The Nightmare Before Christmas ” gemaak nie, ek dink daai een gaan NIE suiker bevat nie … hahah

    • Nee ek het my voorgeneem dat ek my liewer wil omring met goed wat mooi is . Almal hierrond het gesê ek mag nie die Book Thief mis nie – ek het net gekyk tot die Nazi die ou Jood neergeslaan het en toe uitgevee. Ek weet die niks anders as ontkenning nie maar ek wil nie goed sien waaraan ek niks kan verander nie.

      Watse flieks kyk julle? Wat van sport?

      • Ek kyk reekse. Ek wag tot ‘n hele seisoen beskikbaar is en dan kyk ek hulle in ‘n marathon sitting. Ek is nou besig met Downton Abbey – vreeslik romanties. Nou onlangs het ek die hele Tudor reeks gekyk. Ek hou van die ou goed. Ek het ‘n Ryan media player en ek bêre die goeies om oor en oor te kyk. Haat oorlogflieks en ek wil nie te veel bloed sien nie, Ook nie zombies nie.

      • Reekse, flieks bykans enige genre. Nie ek of my vrou kyk sport nie. Daars genoeg nuus aanlyn. Ander hou daarvan en dis hulle goeie reg, maar “realiteits-reekse” kan ek glad nie verdra nie.

%d bloggers like this: