RSS Feed

Glimlag

‘n Mens se lewe is baie suur wanneer ‘n mens konsentreer op negatiewe goed.  Ja, alles is nie maanskyn en rose nie, maar mens mors soveel tyd op dit wat verkeerd gaan in jou lewe dat al die mooi en vrolike goed verby gaan.

‘n Vriend bel my terwyl ek vir my ‘n nuwe naelkleurtjie uitsoek … die pyn en wroeging slaan deur in sy stem. Ek is bekommerd en vra wat is fout?  Nee, hy het kanker gekry en is nou weer heeltemal gesond… eish … wat het geword van dankbaarheid en die vreugde van die ekstra tyd wat jy gekry het?  Nee, ek minag nie sy siekte of verkleineer dit waardeur hy is nie, maar waar is die lewensvreugde heen?

Mens gebruik medisyne om beter te word. Mens doen operasies om beter te word.  Mens gaan dokter toe om beter te word … jy oefen en leef gesond sodat jou lewenskwaliteit kan verbeter – nou waarom wroeg jy oor alles wat moontlik kan verkeerd loop.  Daar is soveel om oor positief te wees. Waarom laat jy soveel tyd verby  gaan sonder om die mooi raak te sien of om net te glimlag.

Uuuummmmmm het jy al vanoggend geglimlag.

1937489_1534360330166555_1985362466925683617_n

10402973_623456427783759_613129690476027980_n

10407976_776005212469357_1674098387125530403_n

 

10422353_1533773983558523_8406860080915951653_n

10882189_775761855827026_2393747734669358290_n

10898340_1599508766949135_7712050801645155362_n

48 responses

  1. Dit hang af of jy die glas halfvol of halfleeg sien.😦 Party mense dra mos van nature die wêreld op hulle skouers. As ek jou nog nie ‘n geseënde 2015 toegewens het nie, doen ek dit nou. Dankie vir die glimlagte wat jy ons kant toe stuur.

    • Dankie… ek kan ook maar suloke pakkies oppak, maar ek probeer om so veel mooitlik bly moedig te wees want die dankbaarheid is groot.

      Hoe gaan dit met jou gesondheid? Hoop jy het ‘n baie beter jaar.

  2. Nadat ek na jou prettige foto’s gekyk het, kon ek ook nie help om te glimlag nie.
    ‘n Vrou bel my nou die dag, in trane. Dit gaan oor haar seun. (35 jaar oud) Toe sy hom verwag het, het ‘n inspuiting wat sy gekry het, hom beïnvloed. Dit gaan goed met hom, dis net dat sy bene maklik breek. So elke jaar, vir ‘n maand voor, en na sy verjaarsdag, verval sy in depressie. Ek het net vir haar gevra of sy al ooit gesê het, Dankie Here. Ek het dit liefdevol gevra, nie met verwyt of vingerwysing nie… Dankie, dankie Here!

  3. Pingback: 2014 blogresultate | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  4. Eish,daardie rasper sal ‘n tattoo heeltemal verwoes!Lekker gelag vir alles.Dankie Tina.

  5. Ek het wel lekker geglimlag, veral vir die rasper! Ja, dis maklik om op die slegte dinge te konsentreer en van die goeie goed te vergeet. Tyd om die ‘canfruit’ bottel uit te haal en ten minste een keer per week ‘n ‘nota aan self’ in te sit met die goeie goed wat gebeur…

  6. Stem saam daardie tatoo verwyderaar lyk maar oud en geroes. Op die opomblik geniet ek die drie honde hier. Hul is n hand vol maar ai so aandie gang en besig. Op oomblik is Coco en Millie besig om mekaar te karnuffel in Trompie se mandjie. Trompie kyk die rowwe twee maar net aan. Die twee is bietjie groter en sterker as hy. Hy trek nogal aan die kortste end. Ek loop met al drie gelyk. Hul het my op sleeptou!

  7. Daai apie het planne!

    Alles wat mooi is vir jou hierdie nuwe jaar, Tina!

  8. Hiehiehie. Oulike fotos! Ai – ek sal nie omgee om so vol humor soos jy een dag oud te word nie. Ons kan baie by jou leer … lag hou mens jonk en is gesond vir gees, siel en liggaam.

    Dankie vir al die glimlaggies wat jy na ons kant toe bring.

  9. Ek het so lekker gelag vir die eerste foto!🙂

  10. “Eina!!” So glad I haven’t got any tattoos to remove.🙂 Thanks for the smiles.

  11. Thank you for the positive message and laugher!🙂 Happy 2015!

  12. Jinne, jy praat en ek stem! Ja, die lewe is baie keer goor maar lag het niemand nog doodgemaak nie. As ek suur is vermy ek almal en gaan sit en tel my seëninge. Dankbaarheid is baie goeie medisyne.

    Wense vir ‘n wonderlike 2015 Tina.😀 ♥

  13. Nom om nom nom😀 – daai lippe is te liefies! Ek is ‘n tree hugger.

  14. Dit word ‘n gewoonte om te wroeg en ook ‘n manier van aandag kry, as hulle net weet wat hulle mis!

  15. The are fab. Ouch with the tattoo removal one🙂 Wishing you a wonderful New Year 💖

  16. Jy is baie, baie reg. goeie jaar vir jou. Al is ek laat. Verskoning.

  17. Baie bly ek hoef nie tattoos af te rasper nie.

  18. Daar het jy nou die geheim van jou goeie geselskap opgesom – blymoedigheid! Dankie vir die lekker lag…

    • Ek het ook maar my af tye maar sjoe sommige mense is altyd droewig.

      Op Mweb jare gelede was daar ‘n blogger met die naam van Asjas. Sy het elke dag met oorgawe geniet. (Sy kon met dieselfde oorgawe fight ook) Sy het elke dag my lewe opgekikker. Later het sy lewerkanker gekry. Sy was met groot Geloof tot op die laaste blymoedig. Mens kon baie van haar leer. Die lewe is te kort om in sak en as te sit.

  19. Wishing you wonderful things for 2015❤
    Thanks for all the laughs.
    Emy

%d bloggers like this: