RSS-toevoer

Besonderse Mense

Mens kry gewone mense en besonderse mense… ek is nie juis jaloers nie, maar soms sou ek darem graag ook in die besonderse klas wou wees.

Ons het in die begin van Desember ‘n nuwe ass. matrone gekry. ‘n Jongerige dame wat al die moeilikste tante sover gekry het om aan tafel te kom eet. Sy is ‘n regte omgee mens. In die week sien ek dat daar ‘n klein apie doodgery is, en ek is baie hartseer.  Die volgende dag is daar ‘n hopie grond met ‘n klip op… die vrou het die moeite gedoen om die apie te gaan begrawe.  Soveel omgee is baie dun gesaai!

Dit laat my dink aan ‘n jong onderwyser wat saam met my ‘n groep gr.7’s getoer het. Hy was ‘n aangename mens maar nie van die heel flukste nie. Ons was egter in die Johannesburgse middestad waar ons by die hysbak by die Carlton hotel opgegaan het. Dit was aand en die straat was besig. ‘n Gestremde swart boemelaar wou die straat oorsteek.  Die man het die boemelaar met een hou in sy arms opgetel en oor die straat gedra – ek sal dit nooit ooit vergeet nie…

Sulke goed laat mens weer hoop vir die mensdom kry.

Hoop jou Feestyd was net soos jy daarvan gehou het? En(skuus Lou) dat jou Sondag so reg na jou smaak sal wees – het jy al vandag geglimlag.

2CysYL8

983837_10152923120406112_922847844120331065_n

988879_10152911703586112_3966288630199952858_n

10427319_10152919248621112_5613885256019147268_n

10610904_10153124348992454_3971849314185358221_n

k6PXsHb

10450897_10152915653301112_3157569917328658837_n

 

30 responses

  1. Jy skryf dit soo mooi. In my hart gaan kuier by al die besonderse mense wat my lewe al geraak het – sooo dankbaar oor en oor aan hulle. Voorspoedige nuwe jaar

  2. Een kenmerk van besonderse mense is dat hulle self nie besef dat hulle besonders is nie. Ek hoop jy sit nou twee en twee bymekaar, liewe Tina!

  3. Die Bybel leer ons dat gewone en nie altyd “besonderse” mense geroep word om besonderse dinge te doen. Wat as jy imand sien as gewoon en hy of sy moet nog goeie dinge doen?. Niemand is sommer net awesome nie. Almal begin maar as “gewone” mense soos jy dit stel. Ons is dikwels ligsinnig Tina ek weet maar vandag is ek hartseer. Het nooit gedink jy van alle mense sal so kras.onderskei en kategoriseer.

    • Sjoe Neeeeeeee dit was glad nie die bedoeling nie … ek moes dit duidelik as besondere dade benoem het. Ek s jammer dit was regtig nie die bedoeling om sekere mense te verkleineer nie. of te kategoriseer nie.

      Mense wat vir ander omgee sonder om dit aan die groot klok te hang gryp my altyd aan die hart

      • Susterskind het oor my skouer gekyk na blog. sy se dis hoekom sy uit kerk is. sy was te gewoon volgens die super goeies. sal haar verduidelik jy glo mense kan ook verander van gewoon na besondrs deur goeie dade soos jy se. ek se vir haar jy bedoel dit dalk nie so krities nie.

        • Julle het regtig die kat aan die spene beet. Lees weer wat ek sê:
          Ek sê glad nie gewone mense is sleg en dat besonderse mense BETER as ander is nie.
          ‘n Besonderse pianis is net besonders in dit wat hy/sy doen Hy/sy is nie noodwendig ‘n goeie mens nie.

          Ek het ook verby die apie gery en die straat was vol mense en ek het ook nie die boemelaar gehelp nie… dit maak nie van my ‘n slegte mens nie?

          Besonders beteken vir my nie perfek nie.

  4. Elke mens is besonders op sy eie manier, ons sien dit dalk nie altyd rak nie. Jou talent is beslis om ons blogwêreld op te kikker.

  5. Toe raak my hart sommer week oor daardie onderwyser, en die boemelaar.
    Wat sal blogwêreld sonder rondomtaliedraai wees? Jy skyn helder in jou hoekie vrou, en ons pluk die vrugte 🙂

  6. Jittekie nou het ek lekker gelees, Tina, en natuurlik is jy ook ‘n besonderse mens! XXXX

  7. Altyd altyd lekker om hier te kan kuier .

  8. Al is jy nie beroemd nie,jy is bekend en besonders op hierdie werf!

  9. Ek dink jy is’n besondere mens oor die manier waarop jy moeite doen om met jou humoristiese fotos ‘n smaail op jou lesers se gesigte te bring.

  10. Soos gewoonlik maak jy, jy wat net so n besonderse mens is, weer my dag! Mag jou feesgety net so volmaak soos myne wees. Sien my verrassings op ons groeptema vir more.

%d bloggers like this: