RSS-toevoer

Lekker tyd van die jaar

Ons het heerlike reën weer gehad… eergister 7mm en gister 38mm. Behalwe die lekker reën is dit ‘n lekker tyd van die jaar. Mense is meer gemoedelik en al die blink en liggies betower my nog soos ‘n kind.

DSCN5318 (2)

Ons het van giste af ‘n paar paddastoele op die gras en ek is seker die Feetjies en Kabouters het gister lekker op die grassies baljaar.

DSCN5320 (2)

DSCN5312

Dis so nat dat die skoene buite moet bly as jy gaan kuier

DSCN5268

‘n Vinkmannetjie het ook fluks gebou aan die huisie, maar behalwe van al die gepronk en geroep is daar nie ‘n wyfie in sig nie. Dis vreeslik lekker om met vriendinne op die stoepie te sit en die voëltjies dop te hou.

DSCN5275 (2)

DSCN5288 (2)

DSCN5293 (2)

Hoe voel jy oor die tyd van die jaar? Is daar ook goed wat lekker is?

 

30 responses

  1. Pragtige fotos !
    Dit is baie koud op die oomblik by ons, met sneeu buite, maar ek sit lekker snoesig binne en scrapbook. Ons moet die voëltjie voerder gaan volmaak,
    http://mistoffelees.wordpress.com/2009/12/14/view-from-our/

  2. Spokie sny spoor

    Sjoe – dankie vir die hoeveelheid reën wat jy weergegee het. Ek sien ons omgewing hier is lekker nat.
    Jou kamera se skerpte is ongelooflik. Lyk behoorlik of jy die groen grasse kan eet. En die paddastoele lyk soos gesmelte tjoklits! (Miskien is ek honger.)
    Ek hou ook daarvan om te sit en kyk na die voëls. Hulle geroep-en-koer bekoor my.

  3. Beide paddastoele en voëlnessies bly vir my ‘n wonderwerk. Die lekkerste vir my is om weer al my kuikens onder my vlerk te hê

  4. Pragtige foto’s Tina! Ek is mal oor die tyd van die jaar, want dis familie-tyd!

  5. Jou foto’s is pragtig!Ek hou veral van die paddastoele.Het jy plat op die grond gelê vir daardie tweede een?

  6. Lekker bedrywige mnr Vink! Mooi fotos. Ons praat juis oor fotos neem met geel. Die sonlig hier is so skerp dat dit baie moeilik is om nie oorbeligte fotos te neem. Hul het almal sulke wit kolle van oorbeligting!

  7. Kry altyd die arme vinkmannetjies jammer as hulle so hard werk – en soebat…
    Die kersmusiek is vir my mooi – nee, nie die winkelsentrums s’n nie, maar die orrelspel en trompetgeskal wat mens soms gelukkig genoeg is om na te luister.

  8. Sal nie omgee as jy bietjie reen hiernatoe aanstuur nie. Sommer net. Die krismisrose is verlep.

  9. I love this time of year too – especially the decorations that can be seen everywhere.
    I enjoyed looking at your photos – especially of the weaver bird.

%d bloggers like this: