RSS Feed

Huil jy oor geld?

Ek wil regtig nie mense wat swaar kry verkleineer nie, want ek het die wêreldse empatie met mense wat swaar kry. Tog verstaan ek nie waarom mense wat genoeg het oor geld kan huil nie. Ek kyk gereeld Deal or no Deal en elke mens wat aan die speletjie deelneem weet hulle stap sonder ‘n pennie daarin en dan sit hulle snot en trane en huil as hulle nie baie geld wen nie? Ok ek verstaan teleurstelling, maar daar is darem baie belangriker dinge waaroor mens kan huil.

Aan die ander kant huil ek ook oor simpel goed. Elke keer met die Dions advertensie van die vinkies tjank ek.  Ek tjank ook sommer maklik as ek na die mense rondom ek kyk.

Hoe lyk dit? Huil jy ook oor geld? Waaroor huil jy?

48658

 

33 responses

  1. My vinnigste huil is altyd oor ‘n mooi storie – hetsy een wat ek fliek, lees of wat iemand ander my vertel….

  2. Spokie sny spoor

    Interessante kommentare! Sprekend van elkeen se persoonlikheid.

    Ek glo trane is vir ‘n doel geskape. Dit ontlaai emosies en bring perspektief. Soos daar gesê word: “Hy wat met trane saai, sal met vreugde maai.”

    Nie dat ek maklik voor mense huil nie – maar het ek later jare ontdek dat mens baie beter voel daarna, en weer dinge kan face. Indirek is dit dus goed vir die gesondheid van die liggaam en gedagtes ook. Wanneer iemand voor my huil, moedig ek hulle aan om dit te doen. Dis soos ‘n skoonwas.

  3. Huil is broodnodig.Dit verlig stresvlakke….werk vir my,maar ek doen dit alleen in my kussing of in ‘n waslap in die bad.😆

  4. Manlief lag altyd net vir my as ek sê ek verstaan nie hoekom iemand die deal vat nie. Dis mos ‘n speletjie. Is die lekker nie om te waag nie? Jy’t immers niks verloor as jy leë hand uitstap nie. Jy’t net bietjie pret gehad. En wen jy dan groot is dit mos ‘n bonus.

    Eintlik het ons iets te leer by die Japannese. Het iemand al hulle “game shows” gekyk? Hulle doen die lafste goed, sommer vir die pret en ‘n titel om te sê hulle het dit gedoen. Geen geld, geen reuse prys. Nou dis die regte houding om te hê.

    • Ek stem saam met Manlief… hulle verloor mos niks Ek is seker hulle kry slaapplek, ete en drinke en alles terwyl hulle die paar dae deelneem so alles wat hulle kry is ‘n bonus.

  5. Nee wat jy nog jonk en sal later verstaan trane help fokkol .hou hartseer vir jouself . Stap eerder na iemand en help prakties. Trane is subjektief. dis vir as jy alleen is. anders lyk dit net asof jy aandag soek. nee wat kanaliseer dit prakties. Huil raak n gewoonte wat jou laat glo jy gee om. nee wat.

    • Dis ‘n baie interessante siening. Ja jy is seker ook reg dat dit subjektief is, maar dan is jy nie ‘n vrou nie – grinnik!

      Ek sal moet dink hieroor mmmm jy sê dus ek geen nie om nie? Hoe weet jy?

  6. Daai mense huil waarskynlik van teleurstelling. Dis soos om die goud aan die einde van die reënboog te sien, maar dit nie te kan kry nie. Gebrek aan geld beteken eintlik ‘n stryd om oorlewing – ‘n werklikheid vir baie mense en moeilik verstaanbaar omdat ‘swaarkry’ so ‘n relatiewe begrip is – tot dit aan jou hakskene kom hap.

  7. Ek klassifiseer my as traanloos dalk emosieloos?. Het nie die vremoe om regtig uit te huil nie. Ek voel vir dinge maar trane? Ek weet nie!

  8. Ek huil oor mooi liedjies, mooi stories en ou fotos. Ek piss ‘n damvol elke keer by die SPCA en wil hulle ALMAL huistoe vat…

  9. Diere en kinders wat swaarkry laat my huil

  10. Nou het jy my aan die dink.
    Dink tog die meeste huil is oor my kinders wanneer dinge nie goed gaan met hulle nie.

    • Jaaaaaaa en as dit baie goed met hulle gaan of hulle mooi prestasies behaal kan ek net so lekker saam tjank Ek het sommer lus en huil oor die Blitsbokke en Roulene Strauss ook!

      • Elke keer as ek nou huil gaan ek sien hoekom. Vanoggend het my hart week geword en trane het oor my wange geloop oor my dogter se mooi gebed vir my, omdat ek vir paar weke nou sukkel met gesondheid. Haar gebed het my werklik diep geraak.

  11. Om een of ander rede huil ek elke liewe keer as kinders sing, maak nie saak wat hulle sing nie! Dit raak net n hartsnaar aan.

  12. Deesdae is my huil half selfsugtig, so gesentreerd in my huislike dinge, dit is nou die trane- spat-huil, andersins huil ek bywyse van spreke in my hande oor iemand wat so swaar kry – armoede kan so verskriklik hartseer wees.

    • Dis waar … ek sal huil oor ek nie geld het om al die wêreld armoede kan verlig nie. Ek het nou die dag getjank oor Madam & Eve oor ‘n klein swart seuntjie net elektrisiteit vra!

      Ek huil sommer vir julle ook!

%d bloggers like this: