RSS Feed

Help Asseblief

Ek en ‘n vriendin wil volgende jaar na Augustus bietjie aftoer Kaap toe en dan sommer blommekyk en sommer by klein plekkies stilhou en nuwe goed sien. Nou het ek ‘n paar vrae.:

1. Watter tyd is gewoonlik die beste (Augustus, September, Oktober) ?

2. Hoeveel km per dag is gemaklik en gee mens geleentheid om darem ook stil te hou?

3. Wat van Akkommodasie… waar moet ek kyk?

4. Moet ek die beplanning liewer aan ‘n reisagent gee of kan ek dit sommer self doen?

5. Ons wil by Springbok en dan by die Weskus af ry en dan in die Kaap draai waar haar dogter studeer en dan deur die binneland terug kom – ons wil darem by die Uilhuis ook draai? Wat dink jy van ons planne?

Sommer enige raad sal meer as welkom wees.

Het jy al op die lieflike dag geglimlag?

0cd1bc3e92a1fe3f1dd337a31e92da82 2c05d71e10c29d5f26b64000838d8758

7a9e2c4db34e7a66e2c733896ad67ec9

51ae61cc452c32d63ee442360978bbf7

076a1c56cd253c58faf3721600323487

962a2bdc3644ded616a0c48373a2035c

10806484_965081773521272_7451701582730046138_n

40 responses

  1. Pingback: ‘n Bietjie verlang na blommeland | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  2. Tina ek sou ook nie Augustus kom nie, September is beter! Daar is so baie mooi plekkies en ja dit hang ook af hoe lank julle wil kuier! Ek sal beslis self die beplanning doen.

  3. Tinatjie jy het eenkeer op jou blog geskryf as daar genoeg drank en gewillige lywe is kan jy enige plek party. hoekom so goeie formule opneuk hartjie? Xxx ry net en gaan soek pret!!

  4. Ons beplan ook om hierdie jaar weer te gaan, dis die wonderlikste ondervinding. ‘n Mens moet die grondpaaie vat om rêgtig die mooi te sien. Soos Korrelkop gesê het, maak ‘n punt daarvan om Wuppertal toe te gaan. Dit is voorwaar ‘n ondervinding. Oppad soontoe in die Cederberge kan julle by C. Louis Leipoldt se graf stop. Die blommeskou in Clan William is beautiful….. maar ek dink dit eindig einde Augustus. As julle werklik die wêreld wil sien moet julle maar my man as julle drywer saamneem. Hy sal met julle plekke ry wat julle hare regop sal laat staan🙂 maar julle sal nadese kan sê julle het mooi gesien.

  5. Om tyd te hê om regting dinge te sien en beleef kan jy nie meer as 600 en verkieslik so min as 400km per dag reis nie.
    Polokwane – Groot Marico
    Groot- Marico – Witsand (Tussen Olifantshoek en Upinton)
    Witsand – Augrabies (Kakamas)
    Kakamas – Springbok (Kleinplasie akkomodasie) Moenie vergeet om by Pella te stop nie
    Van Springbok af Ry ‘n sirkelroete na Kleinsee, Port Nolloth, Steinkopf en Nababeep (kyk uit vir Blokhuis oppad tussen Steinkopf en Nababeep)
    By Springbok is ook die Goegap reservaat waardeur jy ‘n draan kan ry
    Springbok – Kamieskroon. Die skilpad/namaqua park is ‘n moet stop
    Kamieskroon – Loeriesfontein (windpomp museum) Stop op Garies om droëwors padkos aan te vul. Beste in die land
    Loeriesfontein – Nieuwoudtville. Kokerboomwoud, waterval en die Kerk op niieuwoudtville word slegs oorkadu deur die plek se blomme. Ry Calvinia om (as jy gelukkig is vang julle die vleisfees) vanaf Loeriesfontein vir eksta skop
    Van Nieuwoudville af Berg-af, koffie vir die senuwees op Vanrhynsdorp en dan Klawer/Vredendal/Standfontein. Die treinbrug by Vredendal is nogal iets om te sien.
    Klawer – Jacobsbaai/? Ry ‘n draai deur die Pakhuispas anderkant Clainwilliam en as jy regtig avontuurlik voel, hou verby Wupperthal toe. Daar is ‘n Wupperthal skoenwinkel op Clainwilliam ook, sowel as ‘n Strassberger skoenfabriek, sou skoeisels jou aandag trek.
    Vanaf Jacobsbaai (Swartriet net buite die dorpie is baie bekostigbaar) kan jy rustig verken. Saldanha, Paternoster, Veldrif (ete by laaiplek hotel ‘n moet) en St. Helenabaai. Stop maar by Evita se perron op die laaste stootjie Kaap toe.
    Van die Kaap af kuier maar aan Ooswaarts so al met die see langs. Clarence drive tusen Strand en Kleinmond is naas Chapmans seker een van die mooiste see “drives” in die wêreld. Van Hermanus af, kies kortpad deur hemel-en-aarde vallei…of gaan verby en proe bier by Stanford en gaan kyk wie maak vir Gansbaai lekker.Bredasdorp, Swellendam en dan links by Buffeljagsrivier deur die Tradouwpas na Barrydale. Hou Route 62 langs tot by Oudshoorn of omstreke en klim dan oor die plato by Swartbegpas of Meiringspoort. Prince Albert of Klaarstroom sal dan wag aa die anderkant, dan voorwaarts na N1 en Beaufort Wes. Jy mis Matjiesfontein, maar slaap dan oor by Bethulie

  6. September is goeie tyd. Ken baie oulike selfsorg blyplek op Jacobsbaai. Ons het self al paar keer daar gebly. Jacobsbaai is pragtigen rustig en naby genoeg aan Weskus Nasionale park en plekke soos Darling.
    Julle kan gerus op Upington oorslaap sodat jy by M kan inloer en julle moet tog by H op die plaas ook aangaan. Julle moet stop op Matjiesfontein. Die museums daar is pregtig en eintlik is die hele dorpie n museum.
    Jy kan my epos oor blyplekke in die Kaap self.

  7. Hier is so baie goed om te doen julle sal tenminste ‘n maand moet bly. My voorstel is om net voor die tyd deur iemand soos lekkeslaap of rooms for africa te bespreek en dan net agter jou neus aan te ry. Dan kom mens by die lekker plekke uit, baie keer omdat jy verdwaal. Jy is mos flink met die internet. Die lekker van ‘n vakansie is juis om oor die padkaart te leun en ‘n roete uit te kies. en gaan as dit nie skoolvakansie is nie.

    • Dis die plan om buite die vakansie te gaan … ek voel egter veiliger om goed te beplan… my vriendin dogter studeer in die Kaap en ek wil by ‘n paar bloggers uitkom Ek is nie so avontuurlik om sommer net te ry nie

  8. Kyk hier http://weg.co.za/reis/bestemmings/vat-die-pad-na-blommeland/. Maak gereed om van die groot pad af te beweeg, die grondpaaie is baie rybaar. Jy moet net gewillig wees om hekke en hekke oop en toe te maak.

  9. Sjoe, ek sal maar ‘n kans vat en deur ‘n reisagent gaan. Ons het ook al oulike akkomodasie op die Lekkeslaap website gekry!

  10. Tina, ons het ‘n paar keer daar van Kathu af gery by die Weskus af Kaapstad toe. Springbok self was nie vir my besonders nie, maar jy moet daardeur ry en die omgewing is vir my ongelooflik besonders. Ek sou voorstel jy ry die eerste dag so ver as wat jy kan. Dan slaap jy oor in Kakamas. Dis ‘n oulike plekkie. Die volgende dag op pad Springbok toe moet jy afdraai na Pella en gaan kyk na die pragtige katedraaltjie wat die sendelinge gebou het. Ry deur Springbok en gaan slaap oor in Garies. In die hoofpad is die Sophia gastehuis. Baie oulik en nie duur nie. Dan moet jy jou roete verder beplan rondom die blommekyk plekke. Slaap 2 of meer dae op ‘n plek sodat jy rus, blommekyk, rus en dan weer verder ry. As jy ernstig wil blommekyk, slaap oor op Van Rhynsdorp en bly ‘n paar dae daar en ry elke dag in ‘n ander rigting om te gaan blomme kyk. Die locals sal jou kan raadgee waar die blomme is. Dan moet jy deur Klawer ry om Lou te gaan sien🙂 Van Klawer af kan jy gerus by die kus afry om Paternoster en al die pragtige Weskus dorpies te gaan bekyk en sommer vir Hennie op Melkbos te gaan besoek. Moenie in die skoolvakansie gaan nie, want dan kry jy nie so maklik plek nie. Die pad terug van Kaapstad af is straight forward. Die ding is as jy dan UIlhuis toe wil gaan moet jy Graaf Reinet om ry ennie reguit deur Beaufort Wes na Colesberg nie. As julle dan deur Graaf Reinet ry sal ek voorstel dat julle daar oorslaap, dis beautiful! Daars baie gastehuise en dan gaan julle die middag laat net buite die dorp na die Kamdeboo Nasionale park en gaan na die uitkykpunt waar jy uitkyk oor die Vallei van Verlatenheid. Dis een van die most amazing plekke in ons land. Die Uilhuis het my ook ontstel omdat dit eintlik ‘n baie ‘donker’ sad plek is, maar mens moet dit sien. Dis so 34 km van die grootpad af, so jy ry amper 70km ompad om daar te kom. My man wou nie eers in die huis ingaan nie. In elk geval; eks nou sommer opgewonde vir jou part.

  11. Ek kan jou nie raad gee nie. Ek weet net dat jy in die blommekykseisoen by ‘n webblad moet kyk. Hulle sit daar op waar die blomme mooi is. Die mense ry maar agter die blomme aan.
    Ek hou van die seuntjie en die hond.

  12. Ek kan nie hieromtrent raadgee nie, behalwe: reis en kyk een dag, rus, loop en kyk volgende dag en maak ‘n draai by die uilhuis! Onthou, Joanna van die blogs bly mos daar…. gaan sê vir haar dag! Sy sal sekerlik ook nog verder inligting vir jou hê wat daardie omgewing betref.

  13. Ooo lekker ou lekker! Goed jul begin vroegtydig beplan.

  14. 1 Oktober het reen en wind meer bedaar.

    2 500 tot 600 km is so 6 uur se ry en laat twee uur vir stilhou en ‘n halfuur vir uitburger inburger elk toe

    3 Lekaslaap op die internet of vind uit by oorslaapdorpe se toeristeburos

    4 Self indien moontlik Reisagente is geneig om te besige dae te beplan en laat nie toe vir vashaak of sommer vegeteer nie

    5 Ken nie die ooskus so goed nie maar passop vir die uilhuis Dit was vir my fasinerend maar die groot alleen en bo-maanse invloede het my week bederf

    6 Hou plek vir wyn maar moet nie die groot langoede ondersteun nie want hulle kan jy by jou plaaslike bottelstoor ook opspoor.

    *
    Okkie C. Jansen van Vuuren
    Hoopstraat 14 Kuilsrivier 7580
    vvuureoc@outlook.com
    0219063652
    0761044013

    Van: rondomtaliedraai
    Gestuur: ‎Saterdag‎, ‎13‎ ‎Desember‎ ‎2014 ‎01‎:‎53‎ ‎NM.
    Aan: Okkie Jansen van Vuuren

    rondomtaliedraai posted: “Ek en ‘n vriendin wil volgende jaar na Augustus bietjie aftoer Kaap toe en dan sommer blommekyk en sommer by klein plekkies stilhou en nuwe goed sien. Nou het ek ‘n paar vrae.: 1. Watter tyd is gewoonlik die beste (Augustus, September, Oktober) ? 2.”

    • Aha Ek hou van wat jy voorstel Ek is nie ‘n vreeslike wyndrinker nie en kan nie glo dat ‘n week of wat vin die warm kar goed kan wees nie koop wel graag kaggelkakkies vir die mense wat moet tuis bly

      Die uilhuis wil ons oppad terug doen … was nog nooit daar nie?

  15. what a sad little face😦

  16. Had a good chuckle looking at photos🙂
    Especially the last one!

  17. “The tree just fainted.” I love it.🙂

  18. Liewe Talie of is dit Rondom?🙂

    Een, Augustus is die verkeerde tyd, glo my wel. Baie beter is die laaste helfte van September en begin van Oktober. Twee.Jy sê nie hoeveel tyd julle sal hê nie en dit maak my reaksie verder onmoontlik. Laat my weet by hermann.hanekom@gmail.com en ons neem dit verder vandaar

%d bloggers like this: