RSS Feed

Wildtuintjie

DSCN5065 (2)

Die dorp het ‘n wiltuintjie, wat ek seker ‘n paar dekades laas besoek het. Sondagmiddag het ons besluit om te gaan kyk wat daar gebeur.

DSCN5035

Die ingang lyk nog naastenby soos in die verlede behalwe dat die tape die venster aanmekaar moet hou.

DSCN5078

Die paie is regtig nie te sleg nie en my kar is baie laag en het nêrens onder geskraap nie.

DSCN5076

 

Dis baie ruig met wintergras en net die bome is groen, maar die diere lyk nie uitermatig maer nie.

DSCN5097

Die foto’s was maar regtig treurig, want dis ruig en my vriendin het bestuur en mens besef dat die mense met die lense  beter foto’s kan neem  in die wildtuin.

DSCN5119 (2)

DSCN5130 (2)

DSCN5117

 

 

32 responses

  1. Jy kan gerus ophou om jouself so af te kraak en te kritiseer, daar is regtig niks verkeerd met jou kamera en fotos jy moet hom net gebruik en fotos neem soveel jy kan! Jy het hier nreeks mooi fotos wat gladnie terug hoef te staan vir baie ander se fotos.

  2. Ek hou baie van die foto’s!

  3. Die fotos is vir my pragtig.
    Ek is net so lus weer vir ‘n ordentlike kamera met ‘n goeie lens. Watse lens het jy op oomblik op jou kamera?

    • Neeee ek is nie een van die mense met lense nie. Ek koop die heel beste vastelens kamera wat ek kan kry … omdat ek alleen is moet ek die ding so maklik moontlik doen Ek moet my kar kan sluit en met my foon kamera en sleutels regkom Ek het ‘n Nikon P520

  4. Dit doen mens se siel goed, dink ek, om op sulke uitstappies te gaan. Mooi foto’s, so terloops🙂

  5. Sulke lieflike foto’s, dat ek voel asof ek saam daar was. Die natuur pluk iewers in my hart ‘n snaar en dit het jou foto’s ook nou gedoen.

  6. Pragtige foto’s soos altyd,Tina.Ek hou veral van die kameelperd!Dis ‘n besondere kopskoot.

  7. Pragtige fotos Tina!!

  8. Beautiful village via your lens.

  9. Pragtige Foto’s Tina, veral die Kameelperd een….

  10. Spokie sny spoor

    Jinne Tina – daars niks fout met jou fotos en kamera nie. Mooi skerp en duidelik geneem. Of jy is baie goeie fotograaf. Ek dink dis uitstekend!

%d bloggers like this: