RSS Feed

Krag…

Kan iemand asb. die krag situasie aan my verduidelik – in maklike Afrikaans.  Ek weet van die toring wat nou neergeval het, maar toe is die volgende verskoning dat die brandstof skaars is… nou na 2 weke is dit erger as ooit. Wanneer word die meste krag gebruik … werkstyd of as die mense tuis is? Wat van die bestuurders wat astronomiese salarisse kry … wat offer hulle op?  Waarom gebruik hulle ‘n wit oom as die een wat die een verskoning na die ander aan die volk moet gee.

Is daar nie een of ander waghond of onbutsman wat kan ingryp nie? Waar kan mens betoog oor die algehele wanbestuur?  Wat gebeur met die krag wat hulle aan die buurlande smous?  Ag nee … ek verstaan daar niks van nie.

Picture8

Picture2 Picture5 Picture3

Picture6

 

 

39 responses

  1. Ek verstaan ook nie al die dinge nie Tina, ek weet wel dat na die naweek is ek ook goed GATVOL vir die sonder krag sit.

  2. Hiehiehie – ek like altyd jou humoristiese prente na ‘n veel ernstige saak. Dankie Tina, jy doen omtrent moeite met ons. Jou blog is pragtig en interessant.

  3. Ek lees vanoggend die raak http://mybroadband.co.za/news/government/115285-eskom-total-blackout-warning.html. Ergste is almal is oortuig daarvan dat die net nog ‘n lieg storie is. Maar praat jy met ingenieurs wat vir Eskom konsultasie werk doen is dit blykbaar die waarheid. Hulle weet dit al ‘n geruime tyd. Die spul het nie ordentlik instandhouding gedoen en nou is die een na die ander ding besig om die gees te gee. Nou sit ons met die gemors en hulle kom met ‘n klomp verskonings vorendag hoekom hulle finaal ons ekonomie knak!

    Wat my die meeste frustreer is dat hulle nie by ‘n skedule kan hou nie. Hier weet ons nooit wanneer die krag gaan af wees nie. Hulle se een tyd en sit dit dan ‘n heel ander af. Net vandag vir manlief gesê dis tyd om weer ‘n son-oond aan mekaar te slaan, want so kan ek nie sukkel om kos in ons mae te kry nie. My hart bloei vir die besighede wat klaar spook om kop bo water te hou!

  4. Ai tog, wat ´n groot kopseer!

    • *fluister* hulle mis ons soms want ons is nog nie op ‘n kaart nie … dis interessant Op Google maps is die geboue maar die pad wat lankal geteer is, is ‘n grondpad. Ek wonder hoe dit werk Werk google maps nie per sataliet nie?

  5. Oooo vergeet om by te voeg. Ek is banger vir China as vir Afrika!

  6. Ek kan net my kop skud in “ongeloof”. Hoe kan die ekonomie voortgaan as daar geen bestuur is maar daar word wel “geld” gebruik om die bestuur te betaal. Maak my sommer lighoofdig as ek aan Afrika dink.

  7. Ek dink nie die manne van Eskdom weet self wat gaan aan nie

  8. Soek jy nou enige logika en minimale intellek? Ons wil eintlik hier onafhanklik word, boorgatwater in die huis en sonselle op die dak.

  9. Jou antwoord is daardie Zapiro cartoon met Homer Simpson. Wat die tekening nie wys nie, is klomp gorillas wat die Eisjkom bestuur uitmaak.

  10. Ons is nou letterlik aan ESKOM se breekbare beloftes oorgelaat. Daar is honderde skedules nou oral verkrygbaar maar ESKOM doen net wat hulle wil. Het 5 jaar in die hart van Afrika gewerk en al wat ek kan sê is dit het ons onder die ekspert ANC twintig jaar geneem om soos die res van Afrika te word.

%d bloggers like this: