RSS Feed

Byname

Ek is nie ‘n vreeslike voorstaander van byname nie want dit kan soms kwes en selfs vernederend wees, maar sommiges kan darem vreeslik vermaaklik wees.

Ek het die volgende stokou artikeltjie gekry en deel dit graag:

BYNAME:

Pieter vertel van die ou by hulle wat baie maer was,
toe word hy gedoop: “Draadkar

En die groot ou met ‘n klein hartjie, word – “Budgie“.

Gerhard vertel van die boer wie se humeur nogal vinnig
opgevlam het, Hy het baie maklik die vuiste onder sy
werkers ingelê as dinge nie na sy sin gegaan het nie.
Die werkers het toe onder mekaar van hom as “McDonnell”
gepraat

Salomé vertel van haar broer wat ook baie maer was en
hy heet toe – Kriekbeen.

Minda vertel: ‘n Onderwyseres van ons was baie kort en
geset en het ‘n ietwat van ‘n boggelruggie gehad: Sy was
Buk-en-Bekruip

En Lottie het die volgende ingestuur:

‘n Vriend van ons was net so rond soos hy lank was.
Bynaam: Dikke Dik

‘n Buurman van ons het altyd so kierts-regop geloop.
Bynaam: Liniaalnek

Ons Geskiedenis onnie in St. 7 se bynaam was Pruim
(tabak) en toe het ons Biologie onnie wat dieselfde van
gehad het sommer Klein Pruim geword.

‘n Jongman in ons buurt loop so suutjies rond, dan is hy
daar en dan is hy weg. Bynaam: Die Gemaskerde Wind.

By my gewese werk het een van ons voormanne vreeslike
bakore gehad. Bynaam: Wingnut

Ons Boekhou onnie in St.9 kon glad nie potlood sê nie en toe
doop ons hom maar die woord wat hy gebruik het: Poloi

http://www.foonpret.co.za/byname.htm

 

Het jy ‘n bynaam? Hoe voel jy daaroor?

baby-names

doubledee

takeashita

 

original

18 responses

  1. Ons oorlede buurman het oor alles gekla en sy naam was Pieter, toe word hy Bitter Piet, my skoonpa en sy een neef het dieselfde name gehad, Jakobus, toe word my skoonpa Koos Vlakte oor hy in die vlakte voor die Morkaanse rand gebly het en sy neef, wat op die plaas Rooidam gebly het, Rooi Koos. Ek is Orange, Mirinda Orange,

  2. Die oumense het gepraat van ou Hendrik se Stefaans se Hannes.
    Wat die Onnies aanbetrek kan ek Kalkoen, Fielies, Dominies en Neef onthou.
    Myne wat ek van geweet het was Fires of Prof

  3. Die onnies in hoërskool het almal byname gehad. My gunstelingnaam was Napoleon; sy het altyd ‘n kakiek romp en baadjie gedra, en klasgegee met haar hand so in haar baadjie gedruk. Dan was daar Eend…. sy het so wiegel waggel geloop, ens….. Vandag nog as ek en my sus(ters) praat noem ons hulle by hulle byname.

  4. Pingback: Gee fantasie vrye teuels | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  5. Ek dink ook die “gemaskerde wind” is sprekend en ouloik. Maar vertel nou, waar kom woord ‘rondomtalie” vandaan? Hoe het jy besluit daarop. Ek het daardie storie gemis?

    • Nee jong … ek moes vinnig aan iets dink en hou van die woord en toe word dit sommer die naam Daar is geen spesiale betekenis aan nie … sug… mis ek nou uit op ‘n dramatiese openbaring

  6. Ek het al so baie byname gehad…weet nie eintlik waar om te begin nie!
    My oom noem my luis, my ouers noem my heksie, my boet noem my bitch (maar in sporano, wat ‘n ander twist op dit sit), op koshuis was ek vir 5 jaar suzy-wang…tot vandag nog is daar mense wat my suzy noem! Op ‘n oorlewingskamp het ek gegaan onder die naam Apache2 vir een of ander rede, en op die oomblik gaan ek ondee die naam Mamma. Eintlik my gunsteling van die lot!😉

  7. Hmm ja, groot was my ontsteltenis toe ek op ‘n stadium agtergekom het dat kinders op skool my “professor Bokdrol” genoem het! En ek was ‘n klasmaat, nie ‘n onnie nie!

  8. My oupa het my altyd Tolman genoem. Ek het gedink dis erg oulik, maar noudat ek groot is weet ek nie so mooi nie! Klink sommer net weird! 😆

    O, en hy het my meidjie genoem ook.

    Dis maar die byname waarvan ek weet wat mense my noem!

%d bloggers like this: