RSS Feed

Aandag alle middeljarige dames…

Eish… die middeljarige dames  laat my altyd aan Shakespeare se hekse dink. Nouja hulle het dalk ook die probleem gehad.  Mans en sekere gelukkige dames besef nie hoe lastige en soms vernederend  ‘n gloed kan wees. Die vlamme kruip by jou nek op en jou gesig lyk soos die van ‘n kalkoen wat lekker dikgevoer op die plaas rond pik.

Snags is dit net so ongemaklik – somer of winter voel dit of die vlamme van die hel jou oorval het.  Ek beleef in die laaste tyd ook so voetegloed… Hoewel ek baie getrou my magnesium pille drink is die warm voete sang regtig ook ‘n probleem.

Vandag het ek iets op my Chinese Mall gekry wat ek al lankal gesoek het. Daar was op die interenet ‘n advertensie van ‘n koel kussing en kyk net hier. Ek sal dit voorberei en dan verslag doen of dit werk. (ek hou styf duime vas)

DSCN5015 (2)

44 responses

  1. Ek sal graag wil weet of dit verligting verskaf. Die gloede is ungemaklik maar ek is gelukkig ek neem niks.

  2. Very cool! It should work🙂

  3. Die een dame hier by ons werk is ook aan die opstoom.🙂. Wat daarvan as mens ‘n mens dalk ‘n warmwatersak vol yskaswater maak? So yskoue snuggle mag mos help vir ‘n bietjie afkoel.

    • Ja maar hierdie een is lekker plat en jy vul dit eers met warm water en rol dit dan op om die lug uit te kry. Ek het nog nie dit probeer nie maar ek dink dit kan werk Dis ook van gladde materiaal gemaak

  4. Sounds like a great idea. Hope it doesn’t leak.🙂

  5. hoop nie die water loop uit nie 😀

  6. Laat jy my nou aan my vriendin dink wat so kort-kort opspring, dinge begin uittrek en dan voor die waaier gaan staan. Sy is al in haar sewentigs en dit gebeur nog. Hoop jou nuwe kussing werk!!!

    • Ek het vir baie jare hormoonvervangings gebruik en toe daarvan kanker gekry… nou kan mens dit nie meer gebruik nie so die natuur speel sy eie speletjie. Ek loop met kort moue as die ander bibber… maar sjoe as ek die dag koud kry is dit die ander uiterste …

      Eish … ek was nie vanplan om te kerm – dankie vir die luister.

      • Ek luister graag…. so leer jy die ander persoon beter ken. Jammer om te hoor van die kanker; dit is ‘n harde pad wat jy gestap het.
        Hoop werklik daardie kussing help… en sterkte ook met die warmgloede.

  7. Hoop jy slaap lekker.

  8. Spokie sny spoor

    Baie oulik geskryf, Tina. Wat die kussing betref, dit klink na ‘n oplossing, weet net nie of mens op ‘n waterkussing kan slaap nie. Wat is die kans op versmoring?

  9. Dis nou interessant Tina!

    Kan nie wag om te hoor of dit werk nie😉

  10. Diabetes klink nogal vir my n oorsaak! Jy is darem nou oud genoeg om nie meer te gloei nie jong! Jy sal moet laat kyk daarna. Daar is n tyd daarvoor en dan is dit ook nie meer nodig nie. Vandat ek weer bloeddrukpille drink voel ek sommer minder opgewarm ook!

  11. Hier gaan ek nie n woord se nie. Nie eers oor Shakespeare se hekse nie.
    🙂

  12. Ek weet nie Shakespere se hekse is te erg.

    Weet julle van die storie van die ACVV bussie wat heetltemal uit sy beurt oor die afgrond is.
    Toe hulle by Petrus aanmeld kom hy agter die ongeluk was ‘n fout en het glad nie vir hul plek nie. Hy reel toe met die duiwel om hulle tydelik te huisves tot hul blyplek klaar is.

    So drie weke later kontak die duiwel vir Petrus en dring daarop aan dat hy hulle dadelik oorneem.

    Teen daardie tyd het hul blykbaar al met koek en koeksisterverkope drie sale voorsien van lureeling en het reeds bywoners begin werk vir die eerste kinderkrans en bidure.

  13. Oe! Ek is bly ek is net ‘n ouman🙂

    • Ek hou daarvan om ‘n vrou te wees, maar daar is darem meer voordele as nadele Ek is dol oor ou mans maar wil regtig nie een wees nie want alles wat fout loop is altyd julle skuld… vat maar die regering… klomp ou mans …

  14. Daardie voete is Diabetes se skuld..ek neem aan jy weet nê ? Vit b12 . Ek aanvaar jy gebruik nie plakkers of pille nie.. het jy geweet dat een van daardie pille vir die onwaardige gloede..word van Perde uriene gemaak.. Plakkers het ook maar newe efekte.. nêrens ghaan jy skotvry uittree nie. Jammer sedert Eva se tyd is en bly dit ‘n neukery.

%d bloggers like this: