Met die sokker wêreldbeker het gastehuise in Polokwane en omliggende dorpe opgeskiet. In Polokwane staan van die gstehuise soms die hele week leeg, maar in Tzaneen lyk dit of hulle fluks besigheid doen. Toe ons by die gastehuis kom waar L bespreek het, besef ons dat die trappe net nie die plek toeganklik maak nie en ons bel rond en verneem dat twee gastehuise volbespreek is, maar kry toe plek teen ‘n baie billike plek waar ons ‘n hele woonstel vir onsself gehad het. Ek deel bietjie ‘n paar foto’s.
Goed, dis nie super luuks nie maar dit was skoon en ons het elk ‘n kamer vir onsself gehad.
Ek is altyd nuuskierig wat mense teen die mure het en hoe die meubels lyk en met die allergoedkoopste DSTV pakket was die een nag heel doenbaar. Die besoeker was die volgende dag op die gras.