RSS Feed

Kleur Opdrag

DSCN4826

Wanneer ek by die kleuropdrag van die fotografie kursus kom maak ek altyd ‘n draai by die Kwiltwinkel. Ek is regtig nie baie kunstig nie, maar ek dink ek het ‘n redelike aanvoeling vir kleur en prentjies. Kleur van enige aard laat my altyd goed voel. Ek dink ek droom ook nie in woorde nie maar in prentjies.

Ek deel graag die volgende foto’s met jou.

Gelukkig was daar ook ‘n handwerk uitstalling … as ek ‘n kind was sou die speelgoed wel my in die sewende hemel gehad het.

DSCN4822 (2)

DSCN4844 (2)

Die kwilte is natuulik ook vir my wonderlik om te aanskou… dan mense so vreeslike werk sal aanpak, is vir my brein net te veel.

DSCN4852 (2)

DSCN4853

Die rakke met garings en wolle is vir my ook heerlik en ek sou graag van van elke kleur wou koop

DSCN4856

DSCN4861 - Copy

24 responses

  1. Spokie sny spoor

    Jinne – ek dink jy neem al hoe mooier en mooi fotos. Droom jy in prentjies? Dan lag jy seker die julle nag ook, want jou humor maak die lewe …

    • Ek het eintlik ‘n slegte sin vir humor… Die helfte verstaan ek nie en dit irriteer die wit waks uit my uit as iemand staan en grappies vertel en veral as dit ten koste van ander is.

      Die grappies het met die bloggery in 2005 begin Ek wou ‘n ernstige blog oor onderwyssake begin en die loop ek en ‘n vriendin ‘n oefenlopie en toe is dit te laat om die naam te verander … en dit het toe vasgesteek.

  2. dis lieflike kleurvolle foto’s. Die blou en wit kwilt fassineer my vreeslik

  3. Dis nou ‘n blog so in my kraal. Ek het al daai bestanddele in my naaldwerk kas net nie die tyd om dit te verwerk nie. ai toggie

  4. Ek selwers was ook ‘n week of wat weg met vakansie en het nou veel plesier gehad om terug te lees op jou blog en die fotos te bekyk. Die van Letaba stasie is my gunstelinge.

  5. Beslis baie kleurvol. Ek hou van die bolle wol! Ek dink wol en brei of hekel bly maar no 1, dan kom kwiltwerk en no 3 sal miskien borduurwerk wees. Jy doen dan lintborduurwerk nou dat ek daaraan dink! Hoe vorder die tweede prentjie wat by myne pas? Gaan binnekort n kwiltpatroon blog wat ek dink ek volgende jaar gaan doen!

  6. Ek is gedeeltelik kleurblind Blou en groen of oranjeen geel waar my so deurmekaa soos ‘n verkleurmannetjie in ‘n bak smarties. Het egter iemand geken wat kon toor met ‘n borduurnaald. Dit is die naaste aan skilder sonder verf wat ek ooit gesien het.

  7. Mal oor al die pragtige kleure!

  8. Was nog altyd so half bang vir naaldwerksters en musici – ek dink hulle is formidabel en uiters gedissiplineerd te midde van hulle kreatiwiteit!

  9. Bogger die kleure, as ek die geld het koop ek al die kwilts!!

%d bloggers like this: