Vir jare lank het ek dou voor dag die koerant gaan koop wanneer die uitslae gepubliseer is, en met die laaste puntestaat van die gr. 7’s gesit en elke naam gesoek. So het ek saam gejuig met elke onderskeiding en nogal moeite gedoen om die te soek wat ek nie kon kry nie. My hart was erg seer wanneer ek die enkeles onthou wat in die 5 jaar wat oorlede is. Dis ongelooflik lekker om kinders te volg … as hulle blom en hulle volle potensiaal bereik. Daarvoor het ek oorspronklik ook my FB profiel oopgemaak (die speletjies en kuier met tydgenote en bloggers het later gekom)
Ek verneem egter dat vanjaar slegs die eksamen nommers en ID nommers geplaas gaan word. Ek verstaan dat daar foute insluit en met die toestand waarin die onderwys in ons land is, is daar seker talle foute. Om egter te dink dat dit hartseer sal verminder weet ek darem nie. Watse verskil is daar nou in of jou nommer nie daar is en of jou naam nie daar is nie. Goed, jou vriende en familie sal nie weet nie, maar verminder dit die teleurstelling. Sug… nee ek weet nie. Al wat ek weet is dat my pret nou daarmee bederf is.
Wat dink jy van die gebruik om die name te publiseer?
Ek dink die wisiging is sodat jy nie allerhande rassistiese afleiding moet maak van die vanne nie.
😊 😊
*
Okkie C. Jansen van Vuuren
Hoopstraat 14 Kuilsrivier 7580
vvuureoc@outlook.com
0219063652
0761044013
Van: rondomtaliedraai
Gestuur: Woensdag, 26 November 2014 09:35 VM.
Aan: Okkie Jansen van Vuuren
rondomtaliedraai posted: “Vir jare lank het ek dou voor dag die koerant gaan koop wanneer die uitslae gepubliseer is, en met die laaste puntestaat van die gr. 7’s gesit en elke naam gesoek. So het ek saam gejuig met elke onderskeiding en nogal moeite gedoen om die te soek wat ek n”
Nee wat Hier in my provinsie is die meerderheid kinders swart en dit het nog nooit gepla nie. Hierdie groep kinders is gemengde klasse gewoond en daar is oulike kinders van enige kleur.
Ek sou veel eerder my naam as my ID nommee in die koerant wou sien, mens se nommer is ‘n ding wat jy nie sommer met almal deel nie!
Ja dis ‘n ander kant waaraan ek nog nie gedink het nie. Dis sommer net geldmors want ek sal nou beslis nie ‘n koerant koop nie!
Ek is nou so vies dat ek sprakeloos is! Dis seker maar net nog ‘n voorbeeld van die laagste gemene deler…
Dit was altyd ‘n spog geleentheid en kinders wat hard geleer het se oomblikkie in die son word weggeneem Hulole kan dit net so wel los. Net kinders wat op vakansie is kan dalk so hul uitslae bekom Hulle kry dit mos by die skole.
Vanmiddag oor die nuus reken hulle die wat nie deurgekom het nie word gespot. Net ‘n ander manier waarop die Departement hulle foute onder die mat wil invee. Ek stel somme ‘n petisie op so vies is ek
Toe ons in matriek was moes jy maar in die koerant gaan kyk! Ek kan nou nognie glo my naam was daar nie 🙂
Heheheheh … ja dis waar.
Jy jok nou nie regtig nie ek dink mens noem dit sommer lieg!!!! Jy het seker so paar onderskeidings gehad …
Ek belowe jou! Ek het goed lyf weggesteek en my ma het gese ek is n verleentheid:)
Ai toggie… sy het seker geweet van jou potensiaal. Ek was nog altyd gemiddeld en ek is seker my ouers was baie trots op wat ek vermag het. Hulle het tot my verhandeling vir my oom in Holland gestuur.
dit is sekerlik nou die toppunt van belaglik
Sê ek mos ook!
Nog ‘n strategie om almal gelyk te stel aan die “lowest common denominator”. Ons is eenvoudig NIE almal eners nie. Ons is nie almal ewe slim nie. Ons wil nie almal ewe hard werk om iets te bereik nie. Ons kan nie ons ouers kies nie. Daar sal altyd uitblinkers wees – en die armes sal altyd met ons wees.
Hoe gouer kinders dit besef hoe beter vir hulle toekoms.
Ja dis waar en so word die Departement van Onderwys se swak perestasies onder die mat gevee. Wonder hoe die koerante gaan reageer want hulle verkoop baie koerante die dag. Wat van die sterre se foto’s… en die skole wat hulle name in die koerant wil hê om leerders te lok?
Dis so onpersoonlik!! Net in SA!!!
Ja nou word die onderwysdept se foute toegesmeer.
Hiehiehie – kyk, daars niemand wat so ‘n klomp humoristiese prente kan saamflans soos jy nie. Verseker maak jy my dag elke keer!
Sjoe, ja, as hulle nie die name gaan bysit nie gaan dit ‘n groot gesoek afgee. En nog die foute ook wat daaruit kan ontstaan? En dan loop sommige dalk nog met ID’s wat nie korrek is nie, of gekoop is, of dupliseer is …
Aarde tog – klink na ‘n taai toffie.
Niemand gaan ‘n koerant koop nie want dit het geen doel nie. Mens ken mos nie ander se nommers nie?
BAie sleg …
Net so!
Nie net verspot sommer net sleg. Wat is die nut om dit in elke geval te publiseer. Dis nie die moeite of papier waarop dit gedruk word wer nie.
Nee wat dit was darem altyd lekker om jou naam in die koerant te sien.
Dit WAS ja, nie meer nie. Nous jy net n nommer soos in die gevangenis!
Ag nee dis darem regtig nie so erg nie Hier is ‘n hele paar kinders wat jou baie aangenaam sal verras
Nou raak hulle werklik verspot.
Ja hulle sê vanmiddag dat kinders gespot word… dis sommet twak die meeste sien die spotters net as hulle die uitslae by die skool gaan haal en dan nooit weer nie.