Ons het altyd geleer dat tyd kosbaar is en dat jy dit nuttig moet gebruik. Ek het egter ‘n paar vra:
(Hou in gedagte dat ek nie praat van mense wat nog ‘n beroep beoefen nie – dis vrye tyd waarvan ek praat)
1. Wat is nuttige tydsbesteding?
2. As ek ‘n speletjie speel mors ek meer tyd as wat ek ‘n storieboek lees?
3. As ek ‘n kaartjie maak wat ek nooit gebruik nie – mors ek tyd?
4. Moet die tyd wat ek gebruik op iets wat vir my lekker is, maar wat nie waarde toevoeg tot ander se lewens nie, is dit vermorste tyd?
5. Wat dan van kuier met vriende? Dis nie eintlik nuttig nie?
Waarom sê mense dan: Ek het nie tyd om te blog/speel/brei/kuier/scrap/lees, ens. nie. Is jy heeldag en aldag besig om te werk? Waarom laat jy mense wat wel blog/speel/brei/kuier/scrap/lees, ens. voel asof hulle hulle tyd mors?
Ek stem saam, mense het al vir my gesê “Jy het baie tyd”.
Somige van die komêntare is ook baie goed.
Ja… en hulle weet nie almal het ewe veel tyd nie.
In my jare van huishou en kindgrootmaak het ek nie tyd gekry vir lekker lees nie. Dit het vir my skoon na sonde gevoel sou ek ‘n storieboek lees. Vandag maak ek daarvoor op 🙂
Jaaaaare gelede het ek ‘n kursus vir die vrou aangebied. As jy op jou week terugkyk behoort hierdie vyf goed in jou lewe te wees. 1. Liggaam = oefening. 2. Gees = tyd saam met God. 3. Intellek = kennis verbreed. 4. Sosiaal = met ander omgaan. 5. Krietief = iets skep.
Lewe rustig voort Tina 🙂
Baie slim Ek hou daarvan
“Het jy ne werk om te doen nie?”
“Nee, ek het dit die eerste keer reg gedoen!”
😀
hehehehe… jy weet nie hoe ongelooflik lekker die aftrede is nie. Ek kan nie dink ek het al die jare so gewerk nie. Selfs vakansies … ek het net nooit besef hoe lekker dit is om dit nie te doen nie.
Balans is die belangrike ding, te veel van enigiets is nie goed nie 😉
Ek haal nou die balans in … Daai lekker omdraai in die oggend… Gaan koffie drink in SKOOLtyd en om ‘n draai te loop sonder om vir iemand te vra om te kyk dat die gebroedseltjies mekaar nie vermoor nie
Ja, vra dit – jy kan mos met jou tyd doen wat jy wil. En vernaam jy is baie aktief en doen interessante dinge. Lyk my iemand het seer op jou tone getrap. Die foto van die katte voor die storieleser het my werklik laat glimlag. Dankie jou oulike fotos.
1. Het jy die Omie met die sweep geslaan of weggejaag?
2. Wanneer neem jy bietjie vir ons werkende ouens die dorp se kersfeesversieringe af. Is lus om die Kersfeeling te begin ondervind … Wil afskakel hier by die werk…
Sorry, weet nie hoekom my kommentaar hier hang nie … moes onder bygevoeg gewees het..
Ek antwoord jou met my leser so ek weet nie waar dit hang nie
Hehehehehe… Ek is juis so bly dat die seisoen so saggies begin. Daar is selfs min advertensies op die tv.
Ek het Donderdagmiddag ‘n photo shoot met my gunsteling kinders so ek vat eers die Kersfees maar stadig die jaar
Ek epos jou
Ek kan dink die mammas sou nie tevrede gewees het met jou as hul kroos mekaar vermoor het nie 😀
Net so!
So het elkeen maar sy eie liefdes en voorkeure. Vra my nou net weer hoekom ek nie blog nie en jy sal die antwoord kry: Ek het net nie tyd nie! (Eintlik hou ek nie daarvan om stil te moet sit en dan nog te lees ook nog! Aikona)
Ag nee Sus …. ek is dan so ongelooflik trots op jou! Vir iemand wat nie graag lees baie goed.
He he, soms loop ek vir dae ver weg om die rekenaar. Le ook maar in die kop. Moet my regtig party dae dwing om iets te doen. Dis hoekom ek maar volhou met die skrywery op n Vrydag ook. Ek het rerig al n goeie versameling vertellings geskryf die afgekope drie jaar.
Klink lekker
Die poskantoor het gister soort van weer begin Ek wil regtig darem voor Kersfees die pakkie stuur
Goed op te hoor! Ek gaan vir jou n email skryf . Het nog pos uit SA gister gekry.
Lekker … ons hou maar duime vas … Ek sal in volgende week die stoute skoene aanpak
goed so
🙂
Dis soos mense wat my vra, hoe kan jy so baie lees terwyl jy medies swot?
Ek lees baie want dit voorkom dat ek heeltemal van my kop afgaan. Dis dalk nie swot nie, maar dit is nuttig want ek hou daarvan, en niemand wil ‘n mal dokter he nie. En soms wil ek nie lees nie, soms wil ek draf. En soms wil ek slaap, en ek weier om skuldig daaroor te voel.
Ek het onlangs besef dat daar nie tyd in die lewe is om skuldig te voel oor iets wat jou gelukkig maak nie. Dis belangrik om by te dra na die samelewing, maar dis ook belangrik om na jou eie gesondheid om te sien.
So speel gerus die speletjie, en maak die mooi kaartjie, en kuier met vriende want dit verryk ook hul lewens en dit is dan beslis nuttig. 🙂
hehehehe in die jare toe ek net geskool het het ek ook skuldige gevoel maar ek het altyd ook saam met die skool geswot ook… die woord TYD word net te maklik vir ‘n verskoning gebruik
En ek kan byvoeg as mense vir my vertel hoe besig hulle is dan kry ek n pyn, so what!
Dis waarom ek gevra het Ek dog ek is simpel om my te wip as mense so sê
Charlie was baie besig, hy het al die knope van my trui afgekou! Hy dink nie dit was tydmors nie, dit was dan lekker.
hehehehe… daai een hou jou baie besig lyk dit my
Ek voel vere wat ander dink en ek dink jy moet ook Tina. Ons almal werk hard genoeg om deur die lewe te kom deesdae, so enige tyd wat ek aan myself bestee, of dit blogging, rekenaarspeletjies, foto’s neem, my gunsteling movies en series kyk, of wat ookal ek doen, is my tyd en as ek nie lus voel om dit aan ander af te staan nie, dan is dit my saak.
Die mense wat sê hulle het nie ‘tyd’ om te blog/speel/brei/kuier/scrap/lees, ens., het dalk ander dinge wat vir hulle interessant is, soos om rugby te kyk, met ander skoor te soek op Facebook, het dalk nooit speelgoed gehad as kind nie, het dalk niks interessants om oor te blog of weet nie hoe nie, hou nie van kuier, weet nie wat ‘scrap’ is nie en dink dit het iets met afval te doen en kan dalk nie lees nie. hahahahahaha!
As mens iets wil doen wat vir jou lekker is, maak jy tyd daarvoor. My dae is vol en baie dae wens ek dat ek nie nodig het om te slaap nie, want ek maak self huis skoon, maak werf skoon deur die week want die tuindienste kom net 1 keer ‘n week, sorg vir my man en kinders en dit sluit die dierekinders in en party dae is ek net te moeg en seer om uit te kom by al die dinge wat vir my lekker is in die lewe, soos om te blog, by lekker blogs soos joune te kom kuier, foto’s te neem, rekenaarspeletjies te speel en ek het vir jare gebrei maar die carpal tunnel foeter bietjie rond met my linker gewrig en duim en ek doen so nou en dan digital scrapbooking en lees het ek vervang met movies/series. My konsentrasie is nie meer wat dit was met die CFIDS en Fibromyalgia nie. So, ek vat maar elke dag soos dit kom en geniet wat ek kan en doen my bes om tyd te maak vir dit wat ek geniet in die lewe. Dié wat dit nie wil of kan doen nie … hulle saak. Maar hulle gaan my beslis nie laat skuldig voel nie. Ek skuld hulle mos niks. 😀 ♥
Sjoe dis ‘n mondvol Jy is heeltemal reg Ek het nie mense nodig om my te vermaak nie en dis lekker om TV te kyk terwyl ek speel of blog of wat ook al
Toe ek hier ingetrek het het ek gedink ek gaan vreeslik vir eensame mense kuier maar ek het besef dat dit juis hulle is wat met hulle hande gevou sit.
hahahaha! Jammer daaroor. Partydae hardloop my bek met my weg en ander kere kan jy my nie kry om iets te sê nie. Raak maar gewoond daaraan. LOL!
Dieselfde hier. Ek het meer as genoeg om my besig te hou en dit klink dis dieselfde met jou ook.
Meeste van hulle ja..jy is doodreg. Ek kan nie vir te lank stil sit nie. Dis boring. 😀
Neeee dis interessant wat jy sê Daarom het ek gevra ‘n Vriendin sê nou die dag sy het nie tyd om te blog nie, maar ek kan nie sien wat sy doen nie. Dan moet hulle liewer sê – ek hou nie van skryf of lees nie
LOL! Ek het ook nie maar ek maak maar die tyd want dis lekker om my deel van die wêreld met ander te deel wat daarin belangstel.
Ek stem saam met jou. 😀 ♥
Ja en as iets mens nie pas nie jou skouers op te trek en jou oë te rol met ‘n …So what?
Jip … of ‘n ‘whatever’. 😆
🙂
Interressant as jy so daarna kyk! Ek het my lank afgesloef by die skool vir ander mense se kinders en rerig amper nooit tyd gehad om te veel ander goed te doen nie! Nou dat ek afgetree het doen ek net waarvoor ek lus het, of dit nou hekel/scrap/kuier/lees/ speletjies speel of wat ook al is!! En ek geniet dit 😀
Ek moes lankal die ding gevra het … ek voel sommer nou beter. Dit wys ook ek is nie van ander mese afhanklik om my te vermaak nie
Dis verseker!
🙂
1 Nuttige tydsbesteding is as jy more kan onthou waarmee jy besig was.
2. Jy mors tyd met storieboek as jy die speletjie mis
3. Mens kry altyd kaartjie nodig al is dit net as slegte voorbeeld
4. Jy mors net tyd as jy dit gebruik op iets wat nie vir jou lekker is nie
5. Kuier by vriende is uitstekende terapie
5.1 Jy sien nie die skottelgoed in jou wasbak
5.2 Jy mors nie jou skottegoed vuil nie
5.3 Vriendin voel beter oor haar kosmaak vermoë
Waarom sê mense dan: het nie tyd om te blog, speel, ens. nie. Hulle is helfte so effektief met hul tydsbeplaning
Is jy heeldag en aldag besig om te werk? Net as ek vroulief se senuwees werk
Waarom laat jy mense wat wel blog/speel/brei/kuier/scrap/lees, ens. voel asof hulle hulle tyd mors? Dan sal jy nie agterkom hoe doelloos, onefektief en onbeplan hulle lewens is
Wow ek hou van jou siening en ek voel nou sommer beter. Wag laat ek gou my plaas gaan oes!
Lekker week