Daar is darem niemand wat ‘n uitstappie so kan uitrek soos ek nie. Daar is nog baie foto’s maar ek het besluit genoeg is genoeg. Jou oë sal later traan van verveling.
Die meeste van julle weet van die dorpie in die Wolkberge – Heartsburg. Daar is die lekkerste fotogeleenthede. Op die hoek van die straatjie is die oulikste tweedehandse boekwinkel met allehande interessante gemorsies om te koop.
Langsaan is ‘n klein boutique waar ek altyd ‘n kledingstukkie te koop kry – met pampoene op die dak.
Dis beslis ook ‘n stilhou plek as jy weer verby jaag Wildtuin toe. Ons het daar ook ‘n heerlik middagete geniet. Ek het met spyt verneem dat die pannekoekplek toegemaak het.
Is dit nie waar die tuin met al die Azaleas is nie?
Ja en met kersiebome wat in Oktober blom Dis belis ‘n belewenis om te sien
Ag nee, is dit rerig die laaste fotos van my naweekomgewing? Het juis gister gewonder of jy nie ‘n paar mooi fotos van Magoebaskloof vir my wil kom neem nie. Ek sal die geskiedenis-feite neergriffel. Daar is eintlik baie interessante geskiedenis oor Haenertsburg en omgewing.
Jou fotos is stunning – laat die kaggelkakkies sommer lyk na kaggelpronkies.
Gooi maar nog ‘n paar fotos – dink ons sal dit almal geniet!
Baie dankie Jong die weer was nie wonderlik nie Dit was baie mistig en toe ons gery het het dit gereën Hulle is regrig nie wonderlik nie. Ek dink ook die grootsheid van plekke soos die kloof is te groot vir my kamera. Mens het daarvoor ‘n goeie lens nodig en myne is maar ‘n vastelenskamera
Wel, as ek so na jou foto kyk van die teeplantasie, doen jou kamera goed. Maar ja, ons trippie na Gods window en 3 rondawels so paar weke gelede was baie lekker, maar het die misreën goeie fotos belemmer. Mens mag wel ‘n kamera kies maar ongelukkig nie die weer nie …
Dis waar maar ek weet darem wat ‘n lens aan ‘n landskap kan doen
Ek neem jou nie kwalik nie Tina. Sulke uitstappies is die beste en jy het die mooiste foto’s ooit geneem jongie! Regtig pragtig! Ek kan sien jy het dit omtrent geniet. 😀
Dankie Ek het dit regtig geniet
Beautiful photos. I love the atmosphere that you have captured – old-fashioned and tranquil.
Dis ‘n pragtige plekkie
Skielik dink ek aan die liedjie Die Lappop… net n vrot pampoen en n stukkende skoen…
Al die afstof-goetertjies! Jy kan gerus nog fotos opsit dis lekker om dit te sien
Dankie Sus
Kaggelkakkies!!! Wat n mooi (van die lelik?) woordjie Tina!
Ons noem dit al jare so… al daardie goed wat net stof vergader
Mooi fotos Tina, ek wonder altyd oor die roesgoeters wat skielik so mode geraak het of dit steeds inaanvraag is? Ek hou van die pampoene.
Hier is ‘n tannie sy is voorwaar die tuinkaggelkakkie koningin
Lekker man!
Dit was regtig lekker …
Ek geniet altyd so trippie!
Nou het ek darem weer nuwe foto’s vir my fotoklub
so uitstappie is altyd lekker
Ja en ek doen dit spesiaal om meer foto’s vir die fotoklub . Gelukkig kry mens ‘n gevoel met die onderwerpe en weet dan wat moontlik kan opkom.