As hierdie inskrywings jou irriteer vat maar verby… dis persoonlike gedagtes soos in ‘n dagboek.
Ek het jare gelede my DG Elite groepie (leerling met ‘n gemiddeld bo 80%) elke maand op uitstappies gevat. Ons het ook die teepalntasies(Sapekeo) naby Tzaneen besoek en is deur die fabriek geneem. Dit was ongelooflik indrukwekkend. Die hele plantasie was heldergroen en daar was nie ‘n blaartjie uit plek nie.
Later het ek en ‘n vriendin weer daar ingedraai en omdat ek foto’s van ‘n murasie moes hê, stilgehou – ons het rondgedwaal en foto’s geneem, tot ‘n weelderige Mercedes agter die murasie uitvlieg teen ‘n stink spoed met ‘n man en vrou in. Ons het ons lam geskrik en later gelag toe ons allerhande stories uitgedink het waarom die tweetjies juis daar weggekruip het. Toe reeds was die plaas al besig om te verval.
Toe ons egter nou weer daar indraai vir ‘n drinkdingetjie en ‘n paar foto’s, was daar min te sien van die vroeëre glorie. Alles is vervalle. Dis darem ‘n groot teleurstelling. Dit lyk of die fabriek gesluit is. Daar was geen plukkers te sien in die lande nie. Sommige teelande sit vol groot uitgegroeide lote. Die watervate is vervalle en stukkend. Dis regtig ‘n groot teleurstelling.
Was ook al ‘n paar keer daar. Dit is vir my so ‘n pragtige plek. Hoe jammer as dit nou verval 😦
Seker die mooiste begrafplaas is die dorp!
Jammer dat al die mooi ou plekkies so verval!
Dis regtig waar… ek wens mense wil nie hoogtepunte maak waar buitelandse gaste die land kan beleef en geld die land inkom
Wel, jou fotos is uitstekend en pragtig. Ek het gehoor dit is so vervalle daar binne. Is mos net om die draai van my houthuisie af. Die borde maak tog ‘n indruk by die pad, as jy daar inkyk, maar het ek gehoor dit is nie meer dieselfde binne nie.
Ons ou plekkie is ook maar omring deur nuwe grondeienaars, en is die drama meer onder die verskillende stamme nou aan die gang. Groot onenigheid. Makgoba, ons buurman, is darm ons familie (blankes) goedgesind.
Ek is nou baie nuuskierig … wens ek het geweet dan het ek regtig daarna opgelet
Mens moet eintlik die EFF daarnatoe vat dat hulle kan sien wat gebeur as onopgeleide mense aan bewind kom…..
Malema is nogal ‘n boorling van die omgewing … ek dink hulle weet maar die behoefte aan mag is groter as redelike verstand.
Ek het lekker hier gekuier. dankie Tinatjie
Dankie… Lekker naweek Oom
Net een punt. as dit soos persoonlike dagboek gedagtes is hoekon dit op die openbare platform gooi hartjie?
Glimlag… eish waarom is jy nou so kwaai!
Ek blog al van 2005 af en het al ‘n hele paar keer met blog-trolle te doen gehad Dis my blog en ek doen wat ek wil maar as ek agter kom mense is nou moeg dan knip ek dit kort. Vandaar die waarskuwing – as jy nie daarvan hou nie gaan maar verby.
Waar moet ek dan aan my vriende vertel van wat gebeur het?
Oompie, hierdie Antie is ook bly jy is bietjie rustiger … Lekker naweek.
Oompie is kwaai vandag!
Dis sommer hartseer dat als so agteruitgaan. En dit maak my sommer kwaad ook!
As dit agv grondeise is, moet die mense wat aandring op die grond dit mos instand hou dan nie? Dis ander mense se jarelange harde werk wat net so ten gronde gaan.
Hierdie was ‘n verwisseling van maatskappye bo-op die grondeis
Ai dis eintlik hartseer.
Ja mens hoop dat daar weer ‘n ommekeer sal kom – dit sal egter na my tyd wees
Dis darem hartseer dat alles so verval.Jou foto’s is pragtig!
Dankie Dit was nog erg bewolk en danis die kloof mos baie mistig
Sad
😦
Ja ongelukkig
Ai dis nou regtig hatseer en tragies! Netsoos Zebidiela se lemoene en ook vroeere tabakverbouing. Mens moet dit eintlik nie sien nie!
Ja Ek het gelees dat die meeste van die geslaagde grondeise tot die verval van die plase gelei het
Het persoonlike vriende gehad wat die mooiste plase gehad het wat nou net stof en sand is
Ja die suksesverhale is baie skraal
Daar is ongelukkig meer mislukkings as suksesse, en om een of ander rede wil aanhouer nie leer nie.
Aha Dis lekker om jou hier te sien.
Ja en selfs die Magoebaskloof hotel het ‘n dip gevang – maar is glo darem weer in beter hande
My hart is baie seer oor daardie eens lieflike plaas. Ons het keer op keer daar ingedraai as ons in die omgewing was en heerlike tee en broodjies of skons gehad en oor die tee plantasie uitgekyk. Die laaste keer was dit so vervalle, ek het amper in trane uitgebars.
Ja dis regtig tragies… en dit is nie die enigste plek nie
Beautiful plantation photos. The last one is a cool capture 🙂
Thank you Amy
so ver my kennis strek is dit agv grondeise wat suksesvol was en die boere van die plase af is
Ja dis in ander hande Dis regtig jammer want dit was so lekker plek om te gaan eet en rondkyk
Dis baie lekker om jou hier te sien?
watch my space 😀
Ek is meer as beindruk… hier is regtig min van die ou bloggers oor.