Let us be grateful to people who make us happy,
they are the charming gardeners
Die week kuier ‘n baie jare lange vriendin by my ‘n paar dae. Dit was so lekker , ons het gekuier en gekuier en geshop en weer gekuier. Ek is is so oneindig trots op die manier waarop sy met die Landgoed-inwoners omgegaan het. Sy het beslis baie vriende hier agter gelaat toe sy vanmiddag gery het.
Dankie H Dit was baie lekker om jou hier te hê – ek sien uit na jou volgende kuier.
Goeie vriende is nie noodwendig iemand wat jou drumpel deurtrap nie. Goeie vriende is klein stukkies koraal wat jy tussen die seesand ontdek. Mense wat altyd daar is vir jou in krisisse, wat die ekstra treë vir jou sal loop.
Net so… en mens sien klaar uit na die volgende kuiertjie
Hoe beskryf ‘n mens die waarde van ‘n goeie vriendin? Sy is voorwaar kosbaarder as korale.
Bly om te hoor jy het lekker gekuier 🙂
Dankie Ja dit was regtig lekker
Aaag – dis vreeslik oulik! Die prente. Jyself klink sommer na ‘n baie spesiale vriendin. Daar is werklik niks so kosbaar dan ‘n goeie vriendin naby jou nie …
Alles is mos net Genade … een van die grootste is vriendskap
Ek het weer alte lekker gekuier met A en S. L EN W het later opgedaag en so ook E. Hulle het tot in die middag gekuier maar R was laat eintlik P ook.
hehehe jy vrek van nuuskierigheid nê! Ons beskerm maar net ons vriende se identiteit … alle bloggers kry die kommentaar mos per epos en daar is mens se eposadres op – so kan iemand maklik ander opspoor tussen jou FB vriende.
Kosbaar.
Ja mens is bevoorreg!
Daar is niks beter as ‘n wonderlike vriendin nie.Ek hou van die bra-tantetjie!
Ja ons trap nie mekaar se drumpels plat nie maar kuier darem ten minste een keer per jaar baie lekker
Pragtig man. Bly H het bietjie gekuier. Altyd lekker om so te kuier
Ja sy wou al die jare nooit ry nie Dis baie lekker om in die nuwe huisie te kuier
Kan dit goed glo. Hoekom het sy nou gery?
Sy het in Julie afgetree en altyd belowe …