RSS Feed

Road Trip – 3 – Gastehuise

DSCN4695

Met die sokker wêreldbeker het gastehuise in Polokwane en omliggende dorpe opgeskiet. In Polokwane staan van die gstehuise soms die hele week leeg, maar in Tzaneen lyk dit of hulle fluks besigheid doen. Toe ons by die gastehuis kom waar L bespreek het, besef ons dat die trappe net nie die plek toeganklik maak nie en ons bel rond en verneem dat twee gastehuise volbespreek is, maar kry toe plek teen ‘n baie billike plek waar ons ‘n hele woonstel vir onsself gehad het.  Ek deel bietjie ‘n paar foto’s.

DSCN4670 (2)

DSCN4673 (2)

DSCN4685

DSCN4686

 

Goed, dis nie super luuks nie maar dit was skoon en ons het elk ‘n kamer vir onsself gehad.

DSCN4689

DSCN4690

Ek is altyd nuuskierig wat mense teen die mure het en hoe die meubels lyk en met die allergoedkoopste DSTV pakket was die een nag heel doenbaar.  Die besoeker was die volgende dag op die gras.

DSCN4692 (2)

 

24 responses

  1. Ek hou van daardie stoel!

  2. Spooks vertel vir oom of JY altemit behendig genoeg is met die lat. ek dink dis hoeka goed dat julle almal fifty shades opgeslurp het om bietjie die tier los te maak!!

  3. Aitsa – oulik afgeneem. Die skilderye lyk sommer na die real-thing. Tzaneen is ‘n mooi dorpie, maar sjoe, daai hitte partykeer. Ons het lank net buitekant Tzaneen gebly, en later jare digby die Eiland. Vandag weet ek nie van die hitte … of ek dit sal maak nie. Jou fotos is baie goed. Dit geniet.

  4. Ek het ‘n grote liefde vir gastehuiise. Wens so ek kan van die een gastehuis na ‘n ander gastehuis bly (veral in die Midlands waar hulle die mooiste name het.) Soos jy wil ek sien wat hulle teen die mure hang, en hoe lyk die meubels en linnegoed. En dan natuurluk die atmosfeer van so ‘n huis.
    moet darem vir jou sê jy het my tweekeer laat lees aan jou laaste sin. “Die besoeker was die volgende dag op die gras,”😆

  5. O nee. watse kak sit hulle in daai kamer. Tina ek het hierdie geniet. dis soos facebook. ‘n inskrywing oor flokkol. maar jy mag fotos neem suster. ons wil nou tog vir jou en linda ook sien.

    • mmmmm is jy ‘n kenner en fynproewer?

      Gha … niemand dwing jou om mt twak te lees nie!!!!! Jy het nie eers ‘n blog waar mens jou kan gaan raaklees nie, maar jy sit lekker en kritseer ?

      Dankie die blog is eintlik om bietjie my foto’s te deel.

  6. Skoon badkamers en wit bedlinne doen dit gewoonlik vir my!🙂

  7. Het al heelparty gastehuise gebly en was nog net 1 maal teleurgestel. Ontbyt = 1 hamburger broodjie, 1 snytjie kaas en 2 snytjies toebroodjie ham.

    😊kkie C. Jansen van Vuuren
    Hoopstraat 14 Kuilsrivier 7580
    vvuureoc@outlook.com
    0219063652
    0761044013

    Van: rondomtaliedraai
    Gestuur: ‎Dinsdag‎, ‎18‎ ‎November‎ ‎2014 ‎07‎:‎46‎ ‎NM.
    Aan: Okkie Jansen van Vuuren

    rondomtaliedraai posted: ” Met die sokker wêreldbeker het gastehuise in Polokwane en omliggende dorpe opgeskiet. In Polokwane staan van die gstehuise soms die hele week leeg, maar in Tzaneen lyk dit of hulle fluks besigheid doen. Toe ons by die gastehuis kom waar L bespreek het, “

    • Ja hier was dit regtig ook treurig maar ons het ons eie broodjie sommer gekoop – nie geweet waar ons plek sal kry nie.
      Was net interessant soos iemand anders se leefhuis – skilderye oorspronklik

  8. Dink ek nou lekker terug aan waar ek laaste gebly het en die hadedas wat op gras geloop het en ook op dak gesit het elke dag. Ook hul geroep. Lyk of die plek nogal oudhede kollekteer?

%d bloggers like this: