RSS Feed

Road trip – 2 – Letaba stasie

DSCN4615

Ek het in die verlede al hier afgedraai en toe die geskiedenis opgespoor, maar kan dit nou nie weer opspoor nie. Die stasietjie is net langs die hoofweg R71 geleë. Verlede jaar was die gras afgebrand en ons het net vinnig stil gehou vir foto’s. Nou is dit lekker ruig en mens kan nie so opsigtelik van die pad af gesien word nie.  Ek kon lekkker foto’s neem en L het heerlik  tussen die spoor afval rondgesoek na goed om huis toe te neem. Ons het die kar volgelaai.

DSCN4625

DSCN4616

 

DSCN4652

 

Die murasies is nie bereikbaar nie, maar as ek my feite reg het, was dit ‘n baie statige onthaal lokaal waar daar funsies gehou is.

Dis darem so jammer dat die stasietjies die land deur so in onbruik verval het.

DSCN4638

Kyk bietjie na die bome … is dit miere op die stamme?

DSCN4648

26 responses

  1. Ek is mal oor jou foto’s.

  2. Pragtige foto’s, ek is verbaas dat die sliepers nog voltallig is ……….

  3. My eerste gedagte was ook julle veiligheid. Die stilhou was egter deur en deur die moeite werd. Pragtige fotos.

  4. Ongelooflike fotos Tina! Sjoe, die 2de een met die spoorlyn het my gedagtes gevange gehad. Eks net bly julle het nie alleen in die murasies rondgestap nie – ons woon in SA, jy weet … Ja, dit is miere wat so teen die boom hul kleigrond vasspoeg. En die klippies is mooi skerp in fokus. Pragtig. Hoop jy het 10 uit 10 gekry?

  5. Ja die stasies is vervalle en die paaie is so besig met al die groot vragmotors wat die goed moet vervoer!!

  6. Tussen treine… tussen stasie.

  7. Ek hou van jou fotos. hulle skop hol. jy is op die regte spoor.

  8. ek is ook so jammer or die verlate stasies. Ons stasie op Bredasdorp het ook verval en is geplunder

  9. Stem saam met termiete! Een van die dae staan net die dooie stam nog daar.
    Lyk na n lekker plek vir fotos. Klink of jul dit geniet het

  10. Termiete, waarskynlik

%d bloggers like this: