RSS Feed

Road Trip – 1 – Amarula

Ek het voor die uitstappie vir ‘n oud-blogvriendin wat nou in Phalaborwa woon gevra watter besienswaardigheid mens nie kan mis mis nie – dis nou die Kruger Wildtuin uitgesluit. Sy beveel toe die Amarula Lapa aan.

DSCN4595

Wat ‘n lekker verrassing. Die Amarula Lapa is net so 4km van die hoofweg af op R40. Wat my die meeste getref het is die kraak netjiese omgewing. Dis net ‘n  lapa in die natuurlik bosveld. Die fabriek is net in die seisoen oop.

DSCN4571

 

Ons is genooi om na die 8min video te kyk en terwyl ek myself as ‘n ekspert (duisende jare se skool uitstappies  maak van jou ‘n ekspert)  beskou,  was hierdie regtig uit die boonste rakke. Die seisoen strek van Januarie tot Maart en almal mag marulas optel en hulle word R1 ‘n kilo betaal.  Die pitte word uitgehaal en dit word verpulp en daarna Kaap toe gestuur vir die brou van die likeur.

DSCN4575 (2)

Jy kan middagete daar geniet en ek sal dit beslis volgende keer oorweeg.

DSCN4591

DSCN4589

Hier kry mens respek vir die natuur. Die bome word geïdentifiseer en die verbintenis met die olifant is oral sigbaar.

DSCN4593

 

DSCN4597

 

Ek het vir die Landgoed vriendinne ‘n leksektjie saam gebring en hulle is heel vrolik! Volgende keer as jy daardeur jaag Wildtuin toe, kan jy gerus hier afdraai – jy sal nie spyt wees nie.

 

34 responses

  1. Dit is nou een drankie wat ek nie by my laat verby gaan nie😉

  2. O, wou nog sê, een van my vriendinne bak Amarula koekies vir ons. O genade dis so lekker dit moet beslis ‘n sonde wees! 😆

  3. Ek sal ook daar wil eet eendag!

  4. Dit lyk na ‘n baie oulike plekkie.

  5. Die is die enigste een wat ek regtig geniet! Yskoud!

  6. Dit klink omtrent na ‘n oulike plekkie. Ja, mens kan sien dit is netjies en skoon daar. As kind het ons altyd die droë pitte van die maroela met ‘n klip oopgeslaan. Die pit het nogals ‘n lekker neut binne in. Jou fotos spreek mooi.

  7. Van al die romerige likeurdrankies is Amarula die heel lekkerste – en het ook ide mooiste bottel – en is mos die spirit of Africa! Ek wens ek kan daar gaan maroelas optel!

  8. Ek is mal oor Amaroela met sulke fyn gekapte stukkies ys!Lekker blog,dankie Tina.

  9. Lekker man, dit was nou die moeite werd!

  10. I will take your advice if I am to go to the park. Your photos in this post are beautiful.

  11. Heerlik oor volroom vanilla roomys

  12. nice!
    En cheers. Ek hou nogals van Amarula.

  13. Ek het lankterug ‘n Mamma van dagkindjie gehad , wat die heerlikste sjokoladekoek gebak het met Amaroela likeurstropie oor. Interessant Sambokpeul!

%d bloggers like this: