RSS Feed

Klippie in my skoen

Vandag het ek ‘n klippie in my skoen, maar jy moenie dink ek het nie die allergrootste respek vir mammas met klein kinderjies nie. Ek dink egter trolliebouers moet iets aan die probleem doen. Mammas laai hulle kindertjies in die trollie met skoene en soms poefdoeke en dan sit die sieletjies op die plek waar ek netnou my kos moet pak. Sug… dis regtig vir my grillerig. Dan moet ek ook sê mens moet nie ten intensief na winkeltrollies en mandjies kyk nie, want dit gee aan die woord SKOON ‘n heel nuwe betekenis .

Terwyl ek nou so aangaan … ek gee baie getrou aan ‘n karwag ‘n geldjie want hoewel hulle nie te veel doen nie, werk hulle tog onder moeilike omstandighede.  Wat my egter grief is dat van hulle staan en rook. Eish – by een sentrum werk ‘n man en sy vrou en hulle staan altyd en rook. Wat kos ‘n pakkie sigarette?  Wel ek gee hulle altyd minder as wat ek vir die gee wat ek nie sien rook nie.

Ok, al my poppe is nou uit die kot! Kom ons glimlag maar liewer.

543440_10151267282293132_1818158403_n

1798546_10152784409801112_1379401695053442450_n

10415649_10152135116293803_3421121946657513061_n 10429288_866328846721195_6022049323787972413_n 10483282_10153021018625353_1236984874399973052_n 10671491_10152779895816112_5296741818449460188_n 10538621_823502391003841_2500043943200265778_n

38 responses

  1. Baie oulike fotos!

  2. So jy se matrone dra so aardsengel costume? Lekker man lekker. hoe oud is sy? Single? Kook sy goed?

    • Neeeeeee (hehehe … jy het ook daai grappie gesien?) Sy was ‘n in die weermag … het afgetree en bring nou die sorgsentrum van die grond af. Oulike vrou – haar man is 18 jr jonger as sy en kan kook! Ons het ‘n kok … nou nie ‘n chef nie maar eet lekker.

  3. ek hou van die virseker prentjie…

    half te luister
    kwart te verstaan
    en dubbel te vertel

    (Zeppie hier Tina)

  4. Hoe minder ‘n mens in die lewe weet… en dink, hoe beter is dit. Netnou is ons almal manies en wil nie eers aan ‘n deurhandvatsel vat nie.
    Ek het ‘n tannie gehad wat aan vervolgingswaansin gelei (beter woord sou wees gely) het. Sy het later kieme om elke hoek en draai gesien, en wou aan niks vat nie.

  5. Grieta-petieta! Met hierdie stuk oortref jy weer jouself. Uitstekende humoristiese foto’s. Dit baie geniet. Dankie vir jou samestelling daarvan. Die vet vrou op die trekker wat balans gee – het my behoorlik laat kraai!

  6. Laat oom nou vir jou vertel. as die klein poephol wil rook ignoreer dit. dalk is die mannetjie se sekslewe saai en is suig aan wit kankerstokkies se enigste plesier. gepraat van kieme dis bewys dat eetsaal personeel min hulle hande wees. eetgerei is nog orraait maar glase en koffie koppies is die vuilste soos wat hulle dit aandra met vuil vingers

    • hehehhehe… is jy besig om jou sielkunde op my te probeer? Hier staan Matrone soos ‘n aardsengel oor die personeel wat die kos op skinkborde aandra. Dink net waar kom daai hamburger waarvoor jy so lief is vandaan …. eish … dis erg grillerig.

  7. Al wat ek kan sê is, ek is dankvaderbly dat ek nie na Australie toe getrek het nie, as die baba vlermuise so lyk hoe lyk hulle as hulle grootmuise is !

  8. Ek gril my dood vir trollies. Ek vat amper die hele bak wipes om die handvatsels en so af te vee. En my hande. Afgesien van al die poefdoeke en skoene, kan jy dink hoeveel mense vat elke dag aan die handvatsels, en waaraan het hulle gevat voor hulle aan die trollies gevat het? Ek ril as ek daaraan dink.

    En die karwagte. Dis ‘n alewige stryd in my binneste. Want dis soos jy sê, as hulle kan rook… By ons Spar is daar ‘n vrou wat die karre oppas, seker naby aan 50, en gisteraand toe ek uit die parkering ry sê sy sowaar vir my “kom maar my antie, kom antie, die pad is skoon”. 😯

  9. Ugghh…eintlik moet mens nie eers daaraan dink nie.Wat van al die vleissouse wat ook in die trollie uitgeloop het en daar vrot?Mens sal jouself mal maak oor al die kiemerige gedagtes.Ek gril vreeslik vir die munisipale stoele waarop mens so opskuif in ‘n ry,veral as die stoel nog so warm is van die vorige ou se sterre.😆

  10. Gelukkig word kos items meestal darem verpak! Ons groente en vrugte word self uitgesoek en mens kry jou eie sakkie om dit in te sit. Klink bietjie skoner vir my. Het jy die bevuuilde kindertrollies self beleef? Gril my dood net vir die idee

  11. Die trollie ding… Ek wonder of ek dit hier in onse huis moet noem…

  12. die handvatsels van trollies is ergggg ..deesdae kry mens darem van die klam lappies by winkel deure.. kos in rakke – die houers , alles maak hande maar kiemerig..

  13. Die beste is maar om n mandjie in die trollie te sit. Ja sies!

  14. Hoe lekker lag ek nou…. ja die mandjies is als behalwe skoon!

  15. vuurklip vemoed daai laaste een is deur batterymakers uitgedink om meer te verkoop!

%d bloggers like this: