RSS Feed

Kers/Vlooi/handwerk markte

Die week het ek ‘n soektog gehad na twee verjaardag geskenke. Die tyd van die jaar is daar in my omgewing vlooimarkte waar almal hulle ware aanbied. Die een was by ons gunsteling koffiedrink plek en die ander was ‘n handwerk uitstalling by ‘n kerk in die dorp. Telkens het ek egter met leë hande tuis gekom.

DSCN4305

Ons het twee keer per jaar ‘n groot vlooimark in die dorp waar die ware uitgestal is, maar die ware word by die betaalpunt betaal en die uitstallers is nie in sig nie. By die mark by die kerk was elke uitstaller egter by sy tafel en van die eerste vrou by die deur kry ek so ongemaklike gevoel wat ek laas in Bangkok in die juwelierswinkel gekry het. Jy word vriendelik gegroet, maar elke beweging word verlangend gevolg. Dis sowaar soos om vir ‘n klomp honger mense te kyk. Elkeen wil so graag hulle ware verkoop of dan tog net ‘n woordjie van goedkeuring of verwondering.

DSCN4306

Dalk moet die organiseerders net ‘n beperking plaas op hoeveelhede … daar was bv. genoeg konfyte om ‘n hele weermag te voed. Mense gaan onkoste aan en sit vir dae by so mark en kry nie eintlik iets verkoop nie. Ek verstaan die beginsel van ‘n vlooimark maar as mens dit in ‘n saal prop word dit so intens raak dat mens liewer verbyloop.

DSCN4321

Sug… nee wat die vriendinne kry die jaar ‘n geskenkbewys.

DSCN4322 (2) DSCN4324

46 responses

  1. Ek sal meer suckxy thai massage meisies wil sien op vlooimarkte. dis tog ook mos handewerk as hulle jou kinkels uitstryk?

  2. Ja, ek stem saam. Ek is mal oor vlooimarkte en gaan al van kleintyd met my ouers na verskillende markte. (Een van my vroegste herinneringe is van ronddwaal by Art in the Park in Port Elizabeth, toe dit nog veilig was.)
    Maar die afgelope paar jaar raak dit ongemakliker, met tonne van dieselfde goed wat verkoop word. Om dit erger te maak is dit belaglik DUUR. So ek loop maar daar rond vir die lekkerte maar koop weinig enigiets. Ek sal graag self die kunstige goedjies wil maak maar daar is nie altyd tyd nie!

  3. My brood en botter is ons moremarkie hier op die dorp, maar dis bietjie anders, Hier is mos nie ‘n ordentlike winkel nie, so ons is die pop-up en ons verkoop die produkte uit ons tuine en kombuise, dis ook die plek waar jy die nuus van die week kom optel. Die vinnigste markie in die wêreld, dink ek, begin 9-uur en 10-uur is ons uitverkoop😉

  4. Markies en malls… twee plekke waar ek baie weinig inloer! Dis nogals ‘n uitdaging vir my om geskenke te koop want wat koop jy vir iemand wat alreeds alles het?😉

    Meeste padstalletjies verkoop ook nogals oulike goedtjies. As mens lank genoeg na ‘n pakkie bokkoms staar terwyl jy aan jou koffie teug gaan dit dalk net saam met jou huistoe.

  5. Mooi fotos, mooi goed maar ek kan glad nie meer na sulke plekke toe gaan nie. Met Meniers kan ek nie my kop heen en weer draai nie, dan tol die wêreld. Kruideniersware koop het klaar ‘n nagmerrie geword. Een manier om geld te spaar🙂

    • Ag ek is jammer om dit te hoor… ek moes eers gaan oplees want ek weet nie wat dit behels nie. Hoop jy het ‘n goeie ondersteuningsraamwerk?

      • Ja die klomp verstaan darem, en gee my baie grasie. My dogter was net een dag hoogs ontstoke met my. Ek së sommer direk ek is dronk wanneer my kop die dag erger is as gewoonlik…. dan weet almal ek is nie tot veel in staat nie. So gebeur dit dat ek eendag net te dronkkop was om my kleinseun met sy huiswerk te help. Sal die meneertjie nou nie die volgende dag vir die juffrou së hy het nie sy huiswerk gedoen nie want sy ouma was dronk. My dogter het glad nie gedink dit is snaaks nie. Ek het natuurlik net gelag… daar is mos humor daarin… of nie?

  6. Wel, jou fotos laat die produkte aantreklik lyk! Mooi afgeneem. Die proteas in die melkkan het nogal my oog gevang. Ek hou ook nie daarvan as die verkopers jou met so valkoog dophou nie, dan voel jy ook sleg dat jy nie iets gekoop het nie.

  7. Klomp mense het hard gespyker, genaai,getimmer en geverf vir al daai ware. Die markte is te groot. Ek stem

  8. In Kimberley waar die Oppenheimer tuine was daar maandeliks so ‘n mark. Ons was gereelde ondersteuners vir die eetgoed. Die probleem is dat sulke stalletjies aan streng beheer onderwerp moet word om die handellaars uit te hou.

    • Dis waar … ‘n mens kan net soveel konfyt koop. Ek geniet ook die markte baie maar hierdie keer was ek regtig ongemaklik Ons was 3 vriendinne en net een het ‘n kers gekry en ons is leë hande daar weg.

  9. Ek hoor jou! Die desperaatheid hang soos ‘n wolk oor party van die makte. Maak my ook ongemaklik.

  10. Looks very creative🙂

  11. I enjoyed looking at your pictures of the flea market. I always enjoy browsing the stalls at these places.

  12. Ek voel maar soos perdebytjie. maar dis mooi fotos!

  13. Ek is nou op die stadium dat ek niks meer wil hê wat stof vergader nie.Die goed wat jy afgeneem het,is pragtig en sekerlik goeie geskenke!

  14. Ek is mal oor markte, want ek is self ‘n ‘arts and ctafts’ mens en hou van geskenke gee. Vroeer die jaar het ek Kamers Vol Geskenke se mark besoek saam met my 2 dogters en R2000 armer daar uitgestap. Mosaiek kerk hier naby ons se mark is ook so fantasties maar die gange is so vol en mense druk teenmekaar, ek het besluit ek gaan nooit weer nie. Nou is daar kleiner markte by privaathuise wat baie rustig en lekker is. Ek hou daarvan om die mense te ondersteun, eerder as China Mall.

  15. Dis nogal so! Ek hou wel van die ware in jou eerste foto, want ek is mal oor windpompe!

  16. Markte is ook nie meer wat dit was nie.

    • Het julle nog sulke markte? Dit het my laat dink aan daai tyd in Naboom maar ek kan nie onthou of julle ook so verlangend gehoop het iemand koop iets nie

      • Hier is dit ook maar so. Ja, mens probeer tog maar jou goedjies verkoop! Partymaal gaan dit goed ander kere is dit maar stil. Ek het maar probeer om my kwilte so te verkoop. Dis egter lekker gesellig so tussen die tafels

        • Ek glo dis lekker gesellig… ek dink die vrou by die deur was die meeste skuldig Sy het hout goed gehad en sy was alleen …
          Het jy nog baie kwilte oor?

          • Nee ek het nie meer gemaak nie! Die wat oor is is nog v Ruth se materiaal en is hare. Ouens het nie v haar kleure gehou nie! Ek dink daaraan om maar weer te begin want ek het baie lappies. Die ding is net die batting en agterkant is uitgawe wat ek nie wil aangaan voordat ek weet ek gaan n student kry nie. Moet eers my kar laat regmaak terwyl ek hierdie maand nog geldjiekry. Dan is dit 2 maande tenminste van uitkyk

%d bloggers like this: