RSS Feed

Monthly Archives: Oktober 2014

Uitstappie 3

Ons het ook deur die voerkrale gery.  Ek het gekonsentreer om glad nie na die laaste kraal te kyk nie. Kalwers word opgekoop en dan volgens ouderdomme in krale geplaas Daar is heelwat ruimte en dan is die hele een muur ‘n voerkrip. Daar is ook voldoende water.  Ek weet nou nie baie van beeste nie,  maar ek sou graag ‘n koelteboom of iets wou sien.

DSCN3936

DSCN3940 (2)

S vertel daar is meer as 7000 beeste. Ek het nog nooit soveel beeste bymekaar gesien nie. Daar is na verneem word een werker wat elke dag elke kraal deurgaan en kyk dat daar nie siek beeste is nie. As hy een kry, word hulle in ‘n apparate kraal gehou en behandel tot dit gesond is Daar is ongeveer 120 werkers op die plaas. Vleis word aan groot supermarkte gelewer en hulle verskaf ook werk aan ‘n hele paar jongmense wat ‘n goeie beroep in die besigheid kan beoefen.

DSCN3953 (2)

DSCN3941 (2)

Voer is van hoë gehalte. Dit word meganies gemeng en bestaan uit gras en ander voer (Grinnik… hier kan Tina nie meer so mooi onthou nie)  Granor Passi die maatskappy wat vrugtesappe vervaardig lewer daar pulp af wat met die voer gemeng word.  Daar is ook ‘n groot ondergrondse tenk waarin die Molasse geberg word.

DSCN3943

DSCN3944 (2)

Wat baie interessant was is dat die afdraaipad soos ‘n teerpad lyk maar dat dit in werklikheid ‘n molasse pad is. Ook die eers keer dat ek so pad sien.

DSCN3956 (2)

Grinnik… ek waarborg nie die feite wat hier genoem word nie, want op my ouderdom onthou mens nie meer so goed nie. Jy sal wel sien ek het baie geleer.

DSCN3952 (2)

 

Uitstappie 2

Ek het nog nooit regtig gedink oor die afvalprodukte van ‘n slagpale en voerkrale.  Goed ek het geweet mens kan daar kompos kry en dat beenmeel van bene gemaak word. Niks het my egter voorberei vir die stapel bene en die streep bloederige afval en selfs die geel streep wat blykbaar die maaginhoud van die geslagte beeste is.

Mens daar gaan bene koop om te maal vir beenmeel, maar verder is dit daar tot die beskikking van die voëls.  Dis soos ‘n begraafplaas sonder grafte… tog kry ek nie die gevoel dat die diere of selfs die afval nie met die nodige respek behandel word nie. Dis net dat sulke dinge nooit deel van my leefwêreld was nie. As mens seker op ‘n plaas woon moet daar afval wees as mens beeste slag  en daar moet tog van ontslae geraak word.

Ek deel graag nog ‘n paar foto’s.

DSCN3869

DSCN3870 (2) DSCN3926 DSCN3928 DSCN3930 DSCN3933 (2)

Uitstappie 1

‘n Vriendin se skoonma het my al lank gelede genooi om te gaan kyk na die voëls wat by haar dogter se voerkrale rondhang. Niks kon my egter voorberei vir dit wat ek gesien het nie.  Ek het vir hulle kinders skool gehou en ek het al die jare my skaars gehou vir die uitstappie na die slagpale en alles wat dit behels. Ek glo vas mens eet nie iets wat jy in die oë gekyk het nie en ek was bang dat ek die hele proses moet aanskou.

Vrydagmiddag het die dag toe aangebreek.  S kom daar aan met so hemelhoë 4X4 bakkie… sug… Ek en Tannie P sukkel om in te klim, maar ons giggel opgewonde en hoop dat niemand die proses aanskou nie. Dis Vrydagmiddag en die paaie is vrek besig in Limpopo, maar ons sit hoog en droog in die hoë bakkie en beskou die wêreld met afwagting.

Niks kon my voorberei het vir dit wat ek gesien het nie.(ok  ek het dit al gesê)  Ek het nooit gedink wat van die afvalprodukte van ‘n slagpale en voerkrale word nie. Ek het in my hele lewe nog nooit so baie beeste bymekaar gesien nie. (later meer daaroor) Ek het ook nog nooit so baie voëls bymekaar gesien nie. (Wel dis nou as mens nie die vinkies en mossie tel nie) Ek kan nie almal se name onthou ni,e maar deel ‘n paar foto’s met jou. Dit was sterk bewolk en die wind het sterk stofwolke opgewaai – so verskoon maar die kwaliteit

DSCN3830 (3)

DSCN3833 (3)

DSCN3836 (2)

DSCN3843 (3)

DSCN3846 (3)

DSCN3867 (2)

Ons het seker 10 min sit en kyk hoe die ou man ‘n been probeer insluk. Dis soos ‘n vervolgeverhaal.

Sondag kopies

Dis ‘n sonnige dag hier in die bosveld. Die paar druppels wat gister geval het is opgesuig en dis net soos droog soos Vrydag.

Hoop jy kry iets interessants tussen vandag se kopies en indien nie dat jy ten minste sal glimlag.

15674_263386460451642_7337072404094398092_n

10259764_10152757843734228_266941580651122476_n

10593035_10204717643323148_7438810565712714414_n

10441362_263386710451617_1716277431830487900_n

10612584_263385577118397_5589764664920396488_n

10641288_263386647118290_6640675127474087459_n

 

Vakansiepret

Eish… daar is my hele paragraaf weg.

Dit reën al te lekker hier. Koud is dit koud maar as dit so lekker reën kan dit maar koud wees. Dis te lekker dat die stofnes nou bietjie sal opklaar en nou kan die veld ontluik en dit laat mens sommer glimlag.

Ek deel graag nog ‘n paar kinderfoto’s. Dis vir my ongelooflik elkker om kinders dop te hou as hulle speel. Ek het ‘n hoof gehad wat altyd gesê het: Kinders drop jou nooit!  Met al die skoolkonserte is hierdie stelling oor en oor bewys. Kinders is gebore akteurs en hulle persoonlikheid kom in hulle spel na vore.

DSCN3748 (2)

DSCN3690 (2) DSCN3725 DSCN3734 (2) DSCN3757 (2) DSCN3729 (2) DSCN3758 (2)

 

Vrydag Byskrifte

Wat dink jy gaan die weer maak? Dis bewolk en koel hier vandag en die aarde smeek om bietjie reën. Hoop jou naweek is lekker.

Dankie vir die inloer/deelneem. Jy kikker sommer my naweek op!

1

34983

2

1305

3

1599

4

46153

5

50625

6

52910

Saai die waatlemoen …

Ek het vandag my eerste waatlemoen geëet die seisoen. Dis was heerlik stroopsoet. Lekker foto’s ook geneem Dankie Vriendin vir die leen van die kleinkinders.

Ek het ook vandag die ander versies van die volksliedjie gelees en deel graag met julle.

DSCN3785 (2)

[1]
Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas 'n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!

DSCN3787 (2)

[2]
Braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen.
My tannie dra 'n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai 'n koringkorreltjie,
en kry 'n boerpampoen!

DSCN3797 (2)

[3]
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Spyker in my skoen!
Die nooi'ntjie brei 'n truitjie,
sy trek haar mond 'n tuitjie,
sing 'n wysie deur haar gorreltjie.
Wat sal ek tog doen?

DSCN3807 (2)

[4]
Almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen!
Dan bak sy maar 'n kluitjie
en s� sy's klaar 'n bruidjie,
die vonkelwyn maak 'n borreltjie,
almal wil haar soen!

DSCN3826 (2)

Modelle (vervolg)

Ek deel  nog ‘n paar foto’s van my gunsteling model en haar vriendin.

DSCN3126 (2)

 DSCN3181 (6) DSCN3117 (2)  DSCN3141 (2) DSCN3140 (2) DSCN3143 (2)

 

Vriende

1. Ek het vriende wat altyd jou vriend is en nie net as dit hulle pas nie.

10246286_10152187240711219_5700568888533180974_n

2. Ek het vriende wat my nuwe koerant (wat ek nog nie oopgemaak het) met ‘n natgelekde vinger blaai! En dit maak nie regtig saak nie…

17-Spring_blooming_flowers-008

 

3. Ek het vriende wat my elke dag laat glimlag.

best-friends

4. Ek het vriende wat baie interessante mense is.

mark-twain-quote-on-friendship

5. Ek het vriende wat nie omgee as ek in die middag soms my bra uittrek nie.

friend-2

6. Ek het vriende wat nie dink ek is stupid as ek iets onnadenkend sê of doen nie.

1520824_824841497558549_1320955342390649834_n

 

Sondag kopies

Hoop jy het ‘n lekker dag en dat hier ietsie is wat jou oog vang is dit goed.  Indien nie, hoop ek jy sal ten minste glimlag…

1472796_554217158058246_1060477187094744984_n

1798257_10152009976631973_1465147898_n

10593011_10152608249785845_2071873431145820220_n

10672390_1559609097583797_4925821199655681763_n

10678759_853447158029584_2847908877826041321_n

50358