Die tyd vir wonderwerke is nog nie verby. Vanoggend loer ons in by ‘n Kersmark by ons gunsteling teeplekkie en daar kry ons al drie ‘n sms wat wys dat ons die nuwe ID-kaarte kan gaan afhaal. Presies ‘n week- in Afrika? Ongelooflik?!?
Dit gaan oor permanente poste. Poskantoor wou
a. Van sekere poste ontslae raak
b Groot gedeelte van die tydelike (kontrak) permanent aanstel
c Multi termyn salaris ooreenkoms aangaan
Dit klink nou miskien logies vir jou en my maar ek het nie meer kontakte daar om die ware storie van die aanwending vas te tel nie
Met die egskeiding van pos en telekommunikasie was hul in die bes moontlike posisie geplaas. Alle geboue wat hulle alleengebruikers van was is aan hulle oorgedra. Alle gedeelde geboue is aan hulle oorgedra met mediumtermyn huurkontrakte vir die spasie wat Telkom gebruik. Alle lening is na Telkom toe oorgepaas en was binne vyf jaar afbetaal. Alle voertuie is aan die spesiaal gevormde bestuursmaaskappy oorgedra. en lewenshuur en onderhoud kontrakte was opgestel teen tariewe wat 2% meer was as die aankoop, onderhou en bestuurskoste.
‘ n Hele paar onnosel besluite soos die verkoop van 90% van die eiendom. Die kansellasie of nie hernuwing van posvervoer kontrakte. Vervanging van meubels en toerusting op geen vaste skedule en van BEE verskaffers.
Ek wil nie waag om te voorspel wat gaan uiteindelik gebeur nie maar ek glo nie dit sluit privatisasie in nie.
Miskien moet ons maar styf duime vashou vir nog ‘n wonderwerk.
That is why I always tell myself I will do things tomorrow. 🙂
A child of Africa…
Wou net sê Tina, jou prente hierbo is ongelooflik oulik, ‘ek like hom baie die Driehoek-koedoe met ‘baboon’ woord onderaan.’ Jippie vir nuwe SA-signs!
Sug ja… spesieverwarring!
😦
Skielik oor die nuus sê hulle diemense gaan dalk Maandag terug werk toe … en hier sit ek dan met my voet in my mond!
He he…
By die Poskantoor?
Bedoel jy die S A poskantoor? Huh?
Hehehehe … nee die kaarte is gereed by Binnelandse sake Ons was mos daar verlede Woensdagmiddag? Ek het daaroor ook geskryf.
o ja nou onthou ek!
Ek wou sê ……….
Met die poskantoor sou ons dit oor 3 jaar kry. Ek is seker die week is ‘n wêreldrekord
Iewers is ‘n slang in die pos…ek bedoel gras!
Ek weet nou nie van die slang nie maar dat ‘n paar rotte tussen daai pos kan intrek is ook ‘n moontlikheid. Sê nou jy het ‘n pakkie biltjong vir jou kind gestuur…
Hehe,dis opgeëet voor die rotte dit kon kry!
Seker … ek wonder net hoekom alles op die grond gegooi is en of dit orals so lyk?
Ek gaan maar koerierdienste begin met my bakkie. wil jy deel word van die onderneming?
cunnilingus – Ek dink ‘n bakkie gaan te klein wees – wat van ‘n groot trok? – mag dames wat ‘n bestuurslisensie gekoop het om swaervoertuig te bestuur aansoek doen?
(Grappie … net)
Natuuuuurlik. almal is welkom. daar steek baie meer in vrouens as wat meeste mans glo. swaar trokke is altyd wenners.
Dis ook baie duurder en dink net hoe lank gaan dit neem om ‘n groot trok vol te maak
‘n Mens moet seker eer kliënte kry… om vir een boek Pta toe te ry maak nie sin nie. Ek het nogal gewonder of ‘n privaat taxi nie kan werk nie
Dit kan werk Ek wonder of daar sekere regulasie is en hoeveel mens moet vervoer voor jy begin wins maak?
Ek het nou die dag vir ‘n werklose jong man met ‘n kar gesê waarom maak hy dit nie ‘n privaat taxi nie…