Vanoggend besluit ek om na drie weke weer ‘n draai by my posbus te maak en vind dit dolleeg … behalwe vir ‘n hernuwingkennisgewing vir die posbus. ‘n Hele R550 – is dit nou die kool die sous werd? Ons het nou vir amper 3 maande nie ‘n stukkie pos ontvang nie en die einde van die staking lyk nie in sig nie.
Ek het die kwartaal nie ‘n leserskring katalogus ontvang nie en kry al sms ‘e dat die sluitingsdatum aan kom. Om alles te kroon moet mens nou R35 vir die koerier vir ‘n enkel boek betaal. Dan kan jy net so wel die boek in die boekwinkel gaan koop en jy hoef ook nie te wag nie. Dis regtig net of mense so ongeërg is – almal trek skouers op en daar word net niks aan gedoen nie.
Het jy ‘n posbus… wat doen jy met belangrike dokumente? Is jou besigheid van die posdiens afhanklik? Wat gaan jy met jou posbus doen?
Sjoe – hierdie skrywe van jou het omtrent interessante kommentare en gevoelens ontlont. Maar ek like jou fotos en prente, soos gewoonlik, saam met jou humor. Dankie jou moeite. Maar ja, dit bly ‘n frustrasie (die poskantoor) en lyk nog nie of dinge wil verbeter nie.
Wat doen julle? Werk uitsluitlik per epos?
Eintlik is dit vir ons groot frustrasie hier by die werk. Maar ja, al hoe meer mense word nou verplig om hul rekenings per epos te begin stuur en ontvang. Hierdie ding gaan nog groot negatiwiteit vir poskantoor ook inhou …
Ek voel hulle gaan nooit die agterstand inhaal nie
Ek het ook moed opgegee! Wanneer hou dit op?
Dis die probleem en as dit nie ophou nie wat doen ons in die plek daarvan
Dit maak my moerig om die minste te sê.
Dit gaan nou al vir drie maande wat ek wag vir bundels wat ek bestel het. Om nie eers van Leserskring te praat nie. Nou moet ek boeke betaal wat ek nog nooit ontvang het nie en ook geen waarborg het dat ek dit ooit gaan ontvang nie.
Ja en mens is bekommerd dit lê iewers op die grond – dit frustreer my ook!
Hier word mediese eise ook gekoerier… anders ontvang sy nie haar swaarverdiende geldjie van mediesefondse nie…
Interessant Kan mens dit nie elektronies doen nie?
Sekere Mediese fondse aanvaar dit ander nie..die meeste dr’s se rekenaarstelsel is direk met mediesefondse gekoppel..dit kos natuurlik duur -Die programstelsel -Iewers moet sulke bykomende koste verhaal word, glo nie sy kan haar tarief nog aanpas nie, alle postariewe verhaal sy van haar inkomste . Dit besef mense nie altyd as jy noem wat is konsultasie, dat almal vra nie bykomend vir elke watte en pleister nie.
heheheh… jy het die kind grootgemaak … moenie nou by my kla oor die sagte hart nie — dis iets om op trots te wees!
Ja wat kan ek nou sê
Gha en jy is so vreeeeeeesssslik onskuldig!
mmm ..Christelike plig
hehehehehe …o ja?
Kry sommer n hol kol op my maag as ek daaraan dink! Moet binnekort weer my lewenssertifikaat instuur! Ai wil nie eers daaraan dink nie. Dis die mense wat dit die minste kan bekostig wat die hardste geslaan word
Dis darem eers weer volgende jaar. Jy moet intussen vir Bertus vra van die Koerier waarmee hy daai tyd die Visa gestuur het Dan gaan gee ek dit by die kantoor in?
Dalk aanvaar huk hierdie keer n ge-mailde afskrif. Sal maar sien. Hul stuur die aanmaning al einde November omdat dit helfte Maart moet reg wees
Dis reg… ons hoop darem van die beste As jy darem al die aanmaning per epos kry maak ons ‘n plan volgende jaar
Sjoe dis duur. Die maatskapy waar ek werk, stuur nie state met pos meer nie. Alles word deur epos gestuur. Belangrike dokumente word, ten duurste, met koerier gestuur.
Ek het na ‘n aftreeoord getrek en hier is net drie inwoners wat ‘n rekenaar het. Daar is selfs mense wat nie ‘n sms kan antwoord nie Vir hulle is die posdiens wel nog belangrik
Dit is belangrik maar ‘n mens word nou gedwing om dinge op ‘n ander manier gedoen te kry en so word die poskantoor naderhand obsolete.
Ek hoor sopas oor die nuus hulle gaan dalk Maandag terug werk toe … sug – nou het ek hulle dalk verniet so sleg gesê
Nee wat, hulle is sleg.
net so!
Dit maak my vies.Waarvoor moet ons soveel betaal vir ons posbus,wat nou al meer as vier maande leeg is?Benoni se poskantoor is drie weke terug “getrash”…al die pos in die straat gegooi,vensters gebreek en die mense wat gewerk het is aangerand..ek is jammer vir hulle wat wil werk.
Dit voel vir my net asof daar niks aan gedoen word nie.
Dit behoort prioriteit aandag te kry,maar dis asof die regering nie omgee nie.Dis ‘n noodsaaklike diens en daar hoort ‘n verbod op stakings te wees.Ag Tina ek probeer positief bly,maar soms is dit moeilik as mens so na die verval om jou kyk.
Ja ek voel ook so Dis net of mense dit maar so aanvaar.
Ons kry bitter min pos oor die algemeen, drie of vier stukke per maand, die ander kom via e-pos. Maar nou skryf ek graag vir ‘n tante van my wat in Kroonstad bly en sluit baie fotos van ons doen en late hier in, en stuur ook sommer ‘n boek of drie en ‘n CD roofkopie in, ek maak ‘n lekker pakkie op, en nou is dit van die lange baan, hopelik voorlopig.
Dis presies my redenasie … wat maak mens nou met jou motor lisensie en mense wat nie epos of rekenaars het nie Dis regtig nag!
Grinnik… die afgetredene moet maar die pakkie met die kar vat en effe kuier?
Sjo, dis ‘n duur ekskursie! Ons beplan dat sy hierheen kom, via Kulula, vir ‘n week of twee.
Ag dis goeie nuus Sy gaan dit vreeslik geniet.
Ja, en waag dit nou net om nie die hernuwingsgelde te betaal nie, dan is daar moeilikheid! Maar die feit dat die mense wat posbusse het of wag vir hul pos, dit nie kry nie, is mos nie hul probleem nie. Ek sê nog hul moet die hele lot afbetaal en mense aanstel wat wil werk, maar ja, is mos ons Nuwe Suid-Afrika. Die gaaie moet gelek word! Ek is gelukkig van die min wat hul nie nodig het nie, en voel jammer vir dié wat afhanklik is van die spul. As dit nie die Munisipaliteit is nie, is dit Eskom en nou die posdiens. Maak mens sommer moedeloos. Hoop die gemors kry gou einde. Gelukkig maak jy dit ligter met die grappies. Ek moes lag. 😀
Dit sal nie help om te huil nie
Nope. Nou lag ons maar daaroor. 😀
Ek is nogal verbaas daar is nie baie poskantoor grappies wat rondgaan nie. Dalk raak dit te veel mense direk
Ja, ek glo nie mense wat té afhanklik is van die posdiens dink dat dit snaaks is nie, maar wat kan mens anders doen as om te lag oor die patetiese regering wat ons het Tina? Al wat ons kan doen is om te hoop vir die beste, al lyk dinge soms so donker. 😀
Dis waar … dis net of mens te min hoor van samesprekings en wat wie sê – dan voel dit of daar niks gebeur nie.
Nee, vir wat sal hulle ons ou onderlingetjies laat weet wat aangaan? Is mos nie asof ons belasting geld hul salarisse betaal nie né?
Sug…ja… netso!
Ek het prints bestel vanaf die VSA van ‘n model. Sy doen Cosplay. Tot op hede het ek niks gekry nie agv die poskantoor strike. Ek wil graag meer prints van die girls koop, want hulle doen rerig goeie werk.
Maar ai, as die poskantoor nie kan aflewer nie, dan wat help dit mens koop en hulle kan dit nie aflewer nie.
So haal die regering dan kos uit die monde van mense wat afhanklik is van hulle basiese infrastruktuur.
Tina, R35.00 vir ‘n courier lyk na baie geld. Maar wat lekker is, is hulle lewer vir jou by jou deur af. En ten minste weet jy jy gaan jou goed kry.
Miskien moet jy hoor of Leserskring nie vir jou hulle katalogus kan stuur via e-pos nie? HUlle moet tog verstaan agv die strike.
Ja die probleem is, as jy klaar vir die prints betaal het en hulle lê in een of ander poskantoor op die vloer gaan jy baie skade ly?
Ek het toe darem op hulle webwerf ‘n boek bestel, maar dit gaan my minder kos as ek dit in die boekwinkel koop. Ek het dit maar uit lojaliteit gedoen. Wat maak mense sonder rekenaar? Om vir een boekie heeltemal tot in Polokwane te ry maak nie vir my sin nie … ok … ek weet hulle maak verskillende aflewerings bymekaar, maar nogtans
Ek weet ook nie waarom hulle nie tot ‘n vergelyk kan kom nie… dis tog ‘n belangrike diens?
Dis lekker om jou te sien – jy is skaars!
Dit gaan oor permanente poste.
Poskantoor wou
a Van sekere poste ontslae raak
b Groot gedeelte van die tydelike (kontrak) permanent aanstel
c Multi temyn salaris ooreenkoms aangaan
Dit klink nou miskien logies vir jou en my maar ek het nie meer kontakte daar om die ware storie van die aanwending vas te tel nie
Met die egskeiding van pos en telekommunikasie was hul in die bes moontlike posisie geplaas. Alle geboue wat hulle alleengebruikers van was is aan hulle oorgedra. Alle gedeelde geboue is aan hulle oorgedra met mediumtermyn huurkontrakte vir die spasie wat Telkom gebruik. Alle lening is na Telkom toe oorgepaas en was binne vyf jaar afbetaal. Alle voertuie is aan die spesiaal gevormde bestuursmaaskappy oorgedra. en lewenshuur en onderhoud kontrakte was opgestel teen tariewe wat 2% meer was as die aankoop, onderhou en bestuurskoste.
‘ n Hele paar onnosel besluite soos die verkoop van 90% van die eiendom. Die kansellasie of nie hernuwing van posvervoer kontrakte. Vervanging van meubels en toerusting op geen vaste skedule en van BEE verskaffers.
Ek wil nie waag om te voorspel wat gaan uiteindelik gebeur nie maar ek glo nie dit sluit privatisasie in nie.
Dis baie interessant Dankie AS jy nie omgee gaan ek hierdie kommentaar plaas Ek dink mense sal dit interessant wees, want die meeste van ons kyk net toe.
Waarom doen die regering niks… of lyk dit net so?
Hierby ons word die pos weer afgelewer. Hoop daar gebeur iets by julle ook!
Dankie … ek sal beslis moet gaan kyk