RSS Feed

Binnelandse sake

Gistermiddag ruk 4 van ons op na die plaaslike kantoor van Binnelandse sake. As mens in Limpopo woon moet jy weet dat dit gewoonlik soos Midde Afrika lyk daar. Gewoonlik word net een of twee rekenaars beman en alles gebeur teen ‘n stadige spoed. (As jy nie weet nie – pensionarisse kry die nuwe kaart ID gratis as jy voor 31 Oktober aansoek doen.

Wat ‘n aangename verassing. Daar was regtig nie rye mense nie. Daar was seker so 8 mense voor ons in die ry. Al die rekenaars was beman en alles is elektronies afgehandel. Jy hoef niks behalwe jou ID Boek en bewys van jou adres te bring. Hulle neem foto’s wat direk op die rekenaar gelaai is en jy teken op ‘n elektronies tablet. Jou vingerafdrukke word ook elektronies geneem… en dit werk baie beter as die by die verkeersdepartement!  Nee wat … daar is hoop as die so gaan.

dont-worry

matric

  pipinyana-300x222

SA-id-book-fail

thoko

meanwhile-in-south-africa-8-pics_2

 

35 responses

  1. Tiny Dick hahahahaha!!!!!!!

  2. Tina-kie!! Ek het lanklaas in my lewe so lekker gelag … kyk, jy kan maar goed uitkrap waar anner dit nooit sal vind nie …vreksnaaks! Eintlik – moet ons daaroor huil …
    (Wonder hoekom ek nie hierdie skrywe van jou gister gekry het nie?)

  3. Dankie tog ek het net een naam!

  4. Dankie tog vir my eie doopname…

  5. Gratis is nie goed genoeg nie – hulle sal my moet BETAAL om weer ‘n departement aan te durf voor 31 Oktober!

  6. Wys jou net wat tegnologie kan doen. Ek het my NZ bestuurslesensie so gekry!

  7. Ek het my nou slap gelag vir die ID name!!

  8. Hel daai du Plessis met die strepie op die i , voel seker soos ek met my doopname wat toentertyd foutief gespel is..of dit nou my Pa was en of dit die registrasie mens was- dit sal ek nou nie weet nie.

  9. Dit is baie goed dankie😉

%d bloggers like this: