RSS Feed

‘n Sin vir Humor

Hoe lyk jou sin vir humor. By die fotoklub waar ek deelneem, sit ek elke dag ‘n grappie by wat beteken dat ek elke dag een moet soek wat by die onderwerp pas.  Ek het so in my soektog uitgevind dat daar ongelooflik baie kru en onsmaaklike grappe in Afrikaans is. Is daar nou regtig mense wat dit snaaks vind?  Aan die Engelse kant is daar ook heelwat sulke webwerwe maar dis of daar meer skoon onskuldige grappies beskikbaar is.  Aan die ander kant klink seker vloekwoorde in Engels darem effens sagter.  Shit klink na ‘n wasversagmiddel en Ass na iets waarmee jy kompos kan maak.

Wat flieks aanbetref sukkel ek ook maar … Ek hou nie van Woody Allen nie… en slaptiek verstaan ek nie. Ek het twee buurvroue en ons lag baie, maar dis nie vir grappies nie. Ons lag oor alledaagse goed … maar grappies… nee ons kan hulle nie eintlik onthou nie.

Waarvoor lag jy? Is jy iemand met ‘n sin vir humor?

10422227_650687205040246_5748341264414724_n

10710757_651562501623825_525259108915087549_n

1396029_1620475604846527_1992221126538383186_n

10392393_888188584525893_8267650593817651430_n

10301367_883266211684797_7796156089711185342_n

HP5766

34 responses

  1. Droë grappies, wat amper nie eers ‘n grappie is nie, is wat my laat lag. Verpes rowwe vuil grappe. Nie lief vir komedies nie. Lag die meeste in gewone geselskap (twee esse?) nie noodwendig grappige uitlatings nie. Onvoorspelbare situasies, maak vir lekkerlag. Dit dan in ‘n neutedop.

  2. Ek is gaande oor Britse humor. Onthou julle dalk “Keeping up appearances” met die snobistiese ou Mrs. Bucket? Intelligente humor.

    Jy praat oor Afrikaanse grappe Tina! Wat gaan aan met die populere Afrikaanse musiek? Dis so oppervlakkig, selfs pleinweg kommin. Hoor ek gister hierdie pragtige juweel oor die draadloos, net n uittrekseltjie “Trek my in, trek my uit, dis tyd om die deur te sluit…”. Dis jammer ek kan nou nie die lekker beat vir jou saamgee nie. Ek voel jammer vir die arme mense wat hulle geld daarop mors. Het hulle nie sigarette of dop om daarmee te koop nie? Aan die ander kant “pirate” hulle dit seker. Ek mis Koos du Plessis…

  3. Ja die lewe is n lied. Wat sal mens sonder lag maak!

  4. Ek het nie ‘n spesifieke voorkeur nie,maar hou niks van opgooiery,winde bo en onderuit,wat veral as Amerikaanse humor opgedis word nie.Ek is mal daaroor as iemand slim met woorde speel.

  5. Ek hou ook van ‘n oulike grappie… mal oor die donkie.🙂

  6. Golden girls, Only fools and horses, Frazier, Archie Bunker, ….alas all no more!

  7. Spokie sny spoor

    Kielie my!! Nou het ek lekker gelag vir jou fotos, Vrek-oulik! Humor hou mens jonk. (My rekenaar is gefix en gly soos ‘n splinternuwe boot tussen water deur.) en nou het jou fotos my dag nog gemaak ook.

  8. My humor is ook maar bietjie anders. Het noudie dag die een gehoor en dit was vir my skreesnaaks. bietjie galgehumor dink ek… Just remember — if the world didn’t suck, we would all fall off…

  9. Ek het gevind dat iets wat vir my so snaaks is (nou nie grappe nie) sal my Man nou nie eens ‘n grinnik om die mond kry nie. Humorsin is ‘n fyn kuns, ek is versigtig vir grappe ..sê nou net ek kom nie agter die kap van die byl nie! Of ek lag te laat..

  10. Ek hou van skerpsinnige humor, maar ek verpes toilethumor.

  11. Ek dink nogal ek het ‘n lekker sin vir humor, alhoewel my ma en broer dag en nag sal stry met my. ek doen ook nie comedies nie, veral nie slapstick nie. Ek kan nie my kop om dit kry nie. Leon Schuster is nou wel ‘n legende hier rond, maar ek kyk glad nie sy flieks nie want ek vind niks in dit snaaks nie (jammer ou Skeletor).

    Mense soos Trevor Noah en John Vlismas laat my myself amper natmaak.

%d bloggers like this: