Ons het ook deur die voerkrale gery. Ek het gekonsentreer om glad nie na die laaste kraal te kyk nie. Kalwers word opgekoop en dan volgens ouderdomme in krale geplaas Daar is heelwat ruimte en dan is die hele een muur ‘n voerkrip. Daar is ook voldoende water. Ek weet nou nie baie van beeste nie, maar ek sou graag ‘n koelteboom of iets wou sien.
S vertel daar is meer as 7000 beeste. Ek het nog nooit soveel beeste bymekaar gesien nie. Daar is na verneem word een werker wat elke dag elke kraal deurgaan en kyk dat daar nie siek beeste is nie. As hy een kry, word hulle in ‘n apparate kraal gehou en behandel tot dit gesond is Daar is ongeveer 120 werkers op die plaas. Vleis word aan groot supermarkte gelewer en hulle verskaf ook werk aan ‘n hele paar jongmense wat ‘n goeie beroep in die besigheid kan beoefen.
Voer is van hoë gehalte. Dit word meganies gemeng en bestaan uit gras en ander voer (Grinnik… hier kan Tina nie meer so mooi onthou nie) Granor Passi die maatskappy wat vrugtesappe vervaardig lewer daar pulp af wat met die voer gemeng word. Daar is ook ‘n groot ondergrondse tenk waarin die Molasse geberg word.
Wat baie interessant was is dat die afdraaipad soos ‘n teerpad lyk maar dat dit in werklikheid ‘n molasse pad is. Ook die eers keer dat ek so pad sien.
Grinnik… ek waarborg nie die feite wat hier genoem word nie, want op my ouderdom onthou mens nie meer so goed nie. Jy sal wel sien ek het baie geleer.
So baie beeste…
Nog nooit so baie gesien.
Baie mooi fotos, maar laat my ook dink aan fotos oor die Holocaust.
Beeste wat so op kraal staan en gevoer word vir slagdoeleindes word oa ook hoendermis gevoer–en dan sê hulle die mens is die kroon van die skepping.
Ja mens moet nie te diep daaroor nadink nie – veral as mens ‘n vleiseter is.
As jy sien hoe lustig hulle staan en eet, lyk dit nie of hulle omgee nie.
Dis interessant Tina! en die pad ook!
En ja, ek sou ook graag ‘n paar bome wou sien vir hulle.
Die derde en laaste foto is my gunstelinge!
Die pad was vir my ook interessant Daar is ook ‘n paar slaggate maar hulle is vlak Ek verwonder my dat dit nie smelt nie
hartseer
Net so!
EET selde vleis maar drink melk dus…..
Grinnik … as mens hier op die landgoed nie die stukkie vleis eet nie gaan jy beslis honger opstaan
Ek is een van daai “sensitiewe kykers” wat gereeld snot en trane huil as iets soos Fokus (50\50) op die kassie is.
Ek kry die arme babbies vreeslik jammer! 😦
Dankie vir die deel daarvan Talie, dis goed om te weet wat agter die skerms aangaan
Moenie alleen voel nie As daar ‘n hond in die straat doodgery word of selfs hardloop huil ek. Ek het selfs ‘n goeie vriendin van FB afgegooi want sy adverteer altyd verlore honde
Jou artikel is baie interessant opgestel Tina – het dit geniet. Fotos ook mooi en lyk beeste in goeie kondisie.
mmmmm nou het jy as @spokie ingelog … ja hulle lyk goed en gesond en nuuskierig
Nee jong, die rekenaar het @spokie gekies toe ek my URL wou fix. Toortsie het ‘ n fout opgetel by my URL, toe probeer ek wat sy sê. En toe verskyn die spook van @spokie onder litnet hier. Sug… ek leer darm elke dag iets nuut. Soos vandag – rekenaar by werk wil glad nie fotos wys op sommige blogs en my eie blog maak glad nie oop. Sal dalk IT Dr moet inroep. (Weet net nie wie gaan betaal … )
Ek is ten minste bly ek het jou opgespoor…
Rits julle weer die naweek?
Baie interessant. Die beste lyk darem gesond en “vet”. Hul moet ook nog n sekere gewig hou. Die hoeveelheid is hier ook met die melkbedryf hier. Al die koeie wat maar min spasie het om te beweeg en gevoer word om melk te gee. Ons as mense buit maar die diere lekker uit!
Die krale is regtig lekker groot … nou nie soos kampe nie maar groot genoeg om op ‘n stappie te gaan
Baie interessant veral omdat daar so baie beeste is
Dit maak my glad nie ongemaklik nie
Baie interessant,maar my hart breek as ek daardie besies in die oë kyk!
Ek hoor wat jy sê as mens egter dink in terme van jare, voel dit half beter. In die jare is daar meer as voldoende kos … miskien soek ek net verskoning want eintlik voel ek soos jy.
Beeste word geteel vir vleis… sug… ek het nie ‘n antwoord nie
Eintlik is dit beter so,want as die mensdom van die natuur alleen afhanklik was,was alles binne drie maande opgeëet.Dus,dankie besies,dat julle daar is vir ons om aan die lewe te bly!
Ek moet ook nie intensief daaroor dink nie Ek sê saam met jou Dankie besies