RSS Feed

Uitstappie 2

Ek het nog nooit regtig gedink oor die afvalprodukte van ‘n slagpale en voerkrale.  Goed ek het geweet mens kan daar kompos kry en dat beenmeel van bene gemaak word. Niks het my egter voorberei vir die stapel bene en die streep bloederige afval en selfs die geel streep wat blykbaar die maaginhoud van die geslagte beeste is.

Mens daar gaan bene koop om te maal vir beenmeel, maar verder is dit daar tot die beskikking van die voëls.  Dis soos ‘n begraafplaas sonder grafte… tog kry ek nie die gevoel dat die diere of selfs die afval nie met die nodige respek behandel word nie. Dis net dat sulke dinge nooit deel van my leefwêreld was nie. As mens seker op ‘n plaas woon moet daar afval wees as mens beeste slag  en daar moet tog van ontslae geraak word.

Ek deel graag nog ‘n paar foto’s.

DSCN3869

DSCN3870 (2) DSCN3926 DSCN3928 DSCN3930 DSCN3933 (2)

29 responses

  1. Daar is beslis bene vir Afrika! Was al by voerkrale maar nooit so by slagpale nie. Die “afval” is tog in werklikheid nie “vuil” nie. Vleis is ook “skoon” nadat dit geslag is. Dis nie n straat slagter nie! Steeds maar grillerig!

  2. Mens dink nooit daaraan nie! Gelukkig gebruik die voëls dit!

  3. Sjoe dis mooi foto’s Tina.

    dis nogal erg grillerig, ek het nooit besef dit werk so nie. Het dit nie baie gestink nie?

    • Ja ek het ook nie geweet nie Of dit nou oral so is weet ek nie, maar as mens dink aan 7000 beeste (ok hulle word nie gelyk geslag nie) moet die afvalprodukte baie wees?

      Nee verbasend nie te erg nie maar die wind het sterk gewaai wat seker gehelp het Dis was koud ook so ons het die vensters toe gehad as ons nie foto’s geneem het nie

      • Jinne 7000 beeste is BAIE.

        Soos jy sê, dit word darem humanely gedoen en als, maar nogsteeds. Shame, dis eintlik erg. En grillerig as jy dink ons eet stukke vleis van iets wat geleef het eens op ‘n tyd?!

  4. Hierdie hope bene herinner sterk aan die foto”s van die hope dooie Jode tydens WO2

  5. Oeg nee!Nou is ek definitief ‘n vegetariër.

    • Dit was darem nie so erg nie… dit lyk maar soos mens lewer in ‘n pan braai? Grinnik … dit ten minste skoon en die feit dat die voël so lekker eet… wel nee ek het nie ‘n verskoning nie

  6. Ek is te lig in die broek vir hierdie goeters Talie!

    Dis verseker ‘n “eye opener”

  7. Het sowaar ook gedink alle dele van die diere kan gebruik word, al is dit om hondekos te vervaardig. Onse mensdom skep darem maar baie gemors

  8. Grusaam. In my volgende lewe is ek ‘n vegetariër (nie honde – etende Chinees nie!)

  9. ek het gedink die karkaste gaan net so heel na die slaghuise en nie besef dat die slagpale met soveel bene sit nie

    • Ja ek het ook so gedink maar hulle het onlangs begin om die karkasse te ontbeen… ek het nie gevra hoe nie maar die bene is relatief skoon – net klein velletjies en stukkies war die voëls eet. Daar is ook jakkalse wat seker snags hulleself kom help Hulle verskaf vleis oor die hele provinsie …

%d bloggers like this: