RSS Feed

Uitstappie 1

‘n Vriendin se skoonma het my al lank gelede genooi om te gaan kyk na die voëls wat by haar dogter se voerkrale rondhang. Niks kon my egter voorberei vir dit wat ek gesien het nie.  Ek het vir hulle kinders skool gehou en ek het al die jare my skaars gehou vir die uitstappie na die slagpale en alles wat dit behels. Ek glo vas mens eet nie iets wat jy in die oë gekyk het nie en ek was bang dat ek die hele proses moet aanskou.

Vrydagmiddag het die dag toe aangebreek.  S kom daar aan met so hemelhoë 4X4 bakkie… sug… Ek en Tannie P sukkel om in te klim, maar ons giggel opgewonde en hoop dat niemand die proses aanskou nie. Dis Vrydagmiddag en die paaie is vrek besig in Limpopo, maar ons sit hoog en droog in die hoë bakkie en beskou die wêreld met afwagting.

Niks kon my voorberei het vir dit wat ek gesien het nie.(ok  ek het dit al gesê)  Ek het nooit gedink wat van die afvalprodukte van ‘n slagpale en voerkrale word nie. Ek het in my hele lewe nog nooit so baie beeste bymekaar gesien nie. (later meer daaroor) Ek het ook nog nooit so baie voëls bymekaar gesien nie. (Wel dis nou as mens nie die vinkies en mossie tel nie) Ek kan nie almal se name onthou ni,e maar deel ‘n paar foto’s met jou. Dit was sterk bewolk en die wind het sterk stofwolke opgewaai – so verskoon maar die kwaliteit

DSCN3830 (3)

DSCN3833 (3)

DSCN3836 (2)

DSCN3843 (3)

DSCN3846 (3)

DSCN3867 (2)

Ons het seker 10 min sit en kyk hoe die ou man ‘n been probeer insluk. Dis soos ‘n vervolgeverhaal.

38 responses

  1. Dit was seker ‘n ongelooflike ondervinding!

  2. Spokie sny spoor

    Jinne Tina! – sit jou skerp kind. Dis Kransaasvoëls! En dit hier onder ons neuse? Het jy geweet gifstowwe en kragdrade is hul grootste vyand? Mooi!!! Eintlik het jy my dag gemaak.

  3. Tina!

    Ek dink die is die mooiste foto’s wat jy nog geneem het? Ek is mal daaroor.

    So paar jaar gelede moes ek ook na ons slagpale gaan vir my werk oor hulle al hulle afval in die spruit gegooi het. Weet jy vir hoe lank het ek GEEN vleis geëet nie? Ek sukkel nou nog eintlik. Ek sal ook baie maklik ‘n vegetariër word. Vis en hoender is ek mal oor, maar dis maar eintlik dieselfde as die slagpale. Dis sommer hartseer eintlik.

    • Ja dit is waar. As mens egter dink hoeveel mense so gevoed word en dat die vleis/vis/hoenders wat mens van die rak af koop iewers vandaan moet kom, maak dit sin om dit op so menslike manier te doen.

  4. Laaste foto v aasvoels is baie mooi.

  5. “Pick-A-Bone” is n regte naam vir die plek!

  6. Die Lente Roode se jagluiperd teel sentrum het n spesiale Aasvoelrestaurant waar hul die klomp aasvoels voer.Dis naby Phalaborwa jy moet miskien bietjie plan maak en soontoe gaan saam met van jou vriendinne. Dis baie interessant daar.

  7. Fantastiese foto’s,Tina!
    Mens voel net half hartseer en grillerig om te dink aan al die dooie diere daar…alles om ons eetlus te bevredig!Ek oorweeg dit weer om ‘n vegetariër te word.

  8. Dat daar wraggies ‘n “Pick’nBone Inkopie Sentrum” vir voels is!

    Ek is nogals nuuskierig om Deel 2 te lees 🙂

    • Ek kan jou nie vertel nie as jy dink daar lê takke op die grond dan is dit bene Dis soos daar ou grappies van die grotmanne en mensvreters. Ek het nooit gedink daar is ‘n plek wat so lyk nie

  9. Mooi van die lelik, die arme aasvoels en maraboes. Sal ek vra hoe dit geruik het daar, Tina?😉

    • Die wind het erg gewaai so die reuk was doenbaar. Blykbaar vlieg hulle ook nie regtig graag in die wind nie
      Daai voëls het hemel op aarde. Ek het ‘n groot kraai ook afgeneem – trommeldik

  10. Dit moes heerlik gewees het. Ek lief voëls….. voëlparke ens. Mooi fotos.

    • Vreemd moet ek ook sê … ek het nog nooit so baie bene gesien nie Dis soos ‘n bessbegrafplaas Alle lê op die grond. Ek sal nog vertel Daar is plekke waar bloed gegooi word en daarlangs die maaginhoud…

%d bloggers like this: