RSS Feed

Vakansiepret

Eish… daar is my hele paragraaf weg.

Dit reën al te lekker hier. Koud is dit koud maar as dit so lekker reën kan dit maar koud wees. Dis te lekker dat die stofnes nou bietjie sal opklaar en nou kan die veld ontluik en dit laat mens sommer glimlag.

Ek deel graag nog ‘n paar kinderfoto’s. Dis vir my ongelooflik elkker om kinders dop te hou as hulle speel. Ek het ‘n hoof gehad wat altyd gesê het: Kinders drop jou nooit!  Met al die skoolkonserte is hierdie stelling oor en oor bewys. Kinders is gebore akteurs en hulle persoonlikheid kom in hulle spel na vore.

DSCN3748 (2)

DSCN3690 (2) DSCN3725 DSCN3734 (2) DSCN3757 (2) DSCN3729 (2) DSCN3758 (2)

 

22 responses

  1. Regtig mooi fotos. So lekker om kinders af te neem.

  2. Spokie sny spoor

    Sjoe – jou fotos is baie goed gedoen. Julle ken omtrent jul storie as dit by fotografie kom.

  3. Dis die mooiste foto’s…absoluut pragtig,Tina!

  4. Ai, hoe lekker klim-en-klouter hulle!

    Bly julle het reen gekry Tina, dit moes reg bo-oor ons getrek het. Hier in ons deel van Pretoria was dit net koel en swaar bewolk gewees. Ek kon darem gaan stap in die Moreletakloof saam met Joubert en sy maatjie; wonderlik om n reservaat te verken saam met 2 nuuskierige 5-jariges!

  5. Fantastic shots of children at play.

  6. Pragtige fotos! Dis soos jy se Kinders is natuurlike akteurs. Die spontane optrede is wonderlik

  7. Ek dag die heeltyd die waatlemoen-etertjie met die mooie rokkie het ‘n tydelike tattoeëermerk op haar voorkoppie! Pragtige, pragtige foto’s, Tina – mens kan sien jy is lief vir kinders en respekteer hulle.

  8. Wil heeltyd vra.. wat het met die feetjiekindjie se voorkop gebeur ?

    • Sy is ‘n wille wragtag kind… neergeslaan van ‘n hoë ding af. Ek sou ‘n sleg ouma gewees het want hulle sou in ‘n hoekie moes sit en lees – netnou kry hulle seer.

      Hoe gaan dit met die sieke? Het julle al reën?

%d bloggers like this: