RSS Feed

Saai die waatlemoen …

Ek het vandag my eerste waatlemoen geëet die seisoen. Dis was heerlik stroopsoet. Lekker foto’s ook geneem Dankie Vriendin vir die leen van die kleinkinders.

Ek het ook vandag die ander versies van die volksliedjie gelees en deel graag met julle.

DSCN3785 (2)

[1]
Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas 'n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!

DSCN3787 (2)

[2]
Braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen,
braai die jong kalkoen.
My tannie dra 'n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai 'n koringkorreltjie,
en kry 'n boerpampoen!

DSCN3797 (2)

[3]
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Wat sal ek tog doen?
Spyker in my skoen!
Die nooi'ntjie brei 'n truitjie,
sy trek haar mond 'n tuitjie,
sing 'n wysie deur haar gorreltjie.
Wat sal ek tog doen?

DSCN3807 (2)

[4]
Almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen,
almal wil haar soen!
Dan bak sy maar 'n kluitjie
en s� sy's klaar 'n bruidjie,
die vonkelwyn maak 'n borreltjie,
almal wil haar soen!

DSCN3826 (2)

33 responses

  1. Ag moeder!
    Jy kan sommer sien hoe baie sy dit geniet.🙂

  2. Dit is nou sooo oulik!Pragtige foto’s van ‘n skattebolletjie!

  3. Mal oor die fotos! *****
    “Saai die waatlemoen” — >
    Ek dink Rodney Seale het op ‘n tyd ‘n 1958 opname beetgekry van “Saai die waatlemoen” en toe hy dit agteruitspeel kon hy blykbaar die woorde “Stem verwoerd …stem Verwoerd” hoor!

  4. Ek is darem nou bitter lus vir waatlemoen!

  5. Spokie sny spoor

    Sjoe – op die 2de foto kan mens saam haar proë hoe soet die waatlemoen is. Ek dink jou fotos is skerp. Het jyself die res van die versies gedig?

  6. Ag kyk net daai lekker taai waatlemoenbekkie!

  7. Pragtig! Die mooiste foto’s! Waatlemoen bly ‘n wenner…

  8. Pragtig! Die woorde is ook lekker en interessant. Bly jy het jou eerste waatlemoen geniet. Ek sien hul is besig om hier ook kop uit te steek(ingevoer van Australie)

  9. Die perfekte model!

  10. Ag watter pragtige, pragtige foto’s! Die essensie van somer en soet waatlemoen en liefste klein dogtertjie.

  11. Oh, these are such gorgeous pics! She was really enjoying her watermelon. What a pretty dress.🙂

  12. Ag hoop soetlief se rokkie het nie vlekke gekry, mooiste dogtertjie en mooiste bypassende rympie , mens ken net altyd die een bekende versie.

    • Nee jong die was al erg vuil toe ek daar aankom. Ek hou van die idee as kinders die klere opdra want dis tog binne maande te klein Waarom dit in die kas laat hang en dan tog later weggee

      Sy is ‘n regte aspatat

%d bloggers like this: