RSS Feed

Vriende

1. Ek het vriende wat altyd jou vriend is en nie net as dit hulle pas nie.

10246286_10152187240711219_5700568888533180974_n

2. Ek het vriende wat my nuwe koerant (wat ek nog nie oopgemaak het) met ‘n natgelekde vinger blaai! En dit maak nie regtig saak nie…

17-Spring_blooming_flowers-008

 

3. Ek het vriende wat my elke dag laat glimlag.

best-friends

4. Ek het vriende wat baie interessante mense is.

mark-twain-quote-on-friendship

5. Ek het vriende wat nie omgee as ek in die middag soms my bra uittrek nie.

friend-2

6. Ek het vriende wat nie dink ek is stupid as ek iets onnadenkend sê of doen nie.

1520824_824841497558549_1320955342390649834_n

 

54 responses

  1. Thank you for reading my blog, I hope it was informative as yours was.

  2. Ek skryf vir jou hier ietsie want LN se stelsel suig.

    Hiers iets oor vriendskap…..

    En dis baie in die algemeen gestel.
    Sonder kommunikasie het jy nie ‘n vriendskap nie. Dis on-onderhandelbaar.

    Oor aanvaarding…
    Jy sal baie keer sien dat mense jou WEL aanvaar, maar weens jou/ons eie onsekerheid en “issues” haal jy dit telkemale op en gooi dit tussenbeide.
    Ons is geneig om SELF te bepaal of mense ons AANVAAR AL DAN NIE, maar ons VRA nooit of dit waar is nie.
    Kommunikasie!

    Vriendskappe gaan in ‘n groot mate “about getting inside someone’s head” maar op ‘n goeie manier, want as dit nie gebeur nie, hoe bepaal jy wedersydse respek, gedeelde belangstellings etc.
    Vriendskap gaan oor “leer om mekaar te verstaan”.

    Moenie hierdie verwar met ondermyning van PRIVAATHEID nie, dis nie die selfde nie.
    Its all about getting to KNOW someone. Andersins … waarom dan in elk geval vriende maak? …

    As ek jou net as voorbeeld dan NIE sou aanvaar nie, sal ek nie moeite doen met jou nie! Nie help met tegniese dinge etc.
    Nie kommentaar by jou lewer, nie terugkom na jy my bv telkens “offend” het nie.

    Vriende gaan en SAL mekaar by tye verkeerd opvryf, dis maar ook waaroor verhoudings gaan. Dit gee ook soms betekenis aan verhoudings, so leer ons mense ken, en so verbeter ons. Nie deur aannames en verwyte nie, maar deur kommunikasie.

    As ek ook byvoorbeeld sien ‘n vriend skryf iets waarmee ek nie saamstem nie gaan ek daaroor vra. Die vriend het byvoorbeeld die reg toe-geeien om net te skryf, dan waarom mag ek nie vra nie? Dis mos nie ‘n privaatgesprek nie? Weereens kommunikasie.

  3. ek het ‘n kuber vriendin wie se alie ek blink lek om te kom dat ek haar bietjie rondneem in die Kaap!

  4. Wonderful reminder!!🙂

  5. Ek het van graad een af altyd so ‘n vriendin gehad. Wanneer een se liggie verdof verskyn (spelling) die volgende een. Vriendskap is absoluut kosbaar.

  6. Jy en Skeletor en Melouisef? het n geheime vriendskap! Mens kan nie lees wat jul se nie! Regte vriende is belangrik. Mense is nie gemaak om heeltyd alleen te wees nie

  7. Nietemin, lekker aand, en dankie dat jy ons weer laat dink het aan vriendskap. Weereens, goeie inskrywing! dankie. Ek love die “quotes”!

  8. Goeie inskrywing met “quotes” wat jou laat dink.Ek is nou net nuuskierig, wat is jou definisie van wat ‘n vriend is? Ek sien dit nie hier nie? Ek hou van mense se persoonlike definisies, dit ruim gewoonlike misverstande uit die weg😀

    • Respek, gedeelte belangstellings, lekker kuier oor belangrike goed en ditjies en datjies, vertroue… Jy vang my vinnig maar die is seker die belangrikste.

      Hulle moet my ook vergewe as ek onnadenkende goed kwyt raak… ag sommer al my tekortkominge waarvan daar baie is.

      • “Onnadenkend”? Soos ….byvoorbeeld? Ek sien jy noem dit ook hier onder.

        • Ek praat baie keer voor ek daaroor gedink het, dan lag mense daaroor – maar dan bedoel ek iets anders as ek behoorlik dit deurdink het.

          • Interessant! Nou moet ek egter vra, en verskoon my maar, dis net dat jy self die vraag vooruitloop🙂 As jy se “baie keer” … wanneer kom mens op ‘n punt waar jy dit dan besef? En pro-aktief optree. Ek dink gewoonlik baie mooi voor ek enige ding van mense se huis, kar, troeteldiere, musiek ens se, want ek weet dis vir hulle belangrik. My opinie is gewoonlik slegs “white noise”, maar kan tog seermaak na “baie” kere. Dis goed en wel komende van vreemdelinge, ons verwag dit net nie altyd van “vriende nie” Veral as hulle na baie kere gesien het hulle karring op die selfde sensitiewe snaartjies🙂

            • Dit wat ek onnadenlend sê is selde tot nadeel van ander en gewoonlik tot my eie skade of skande. Dis soos die hofnar… nooit belangrik genoeg om ernstig op te neem nie.

  9. Sjoe Tina, hierdie artikel van jou is goed opgestel. Ek stem – daar is 2 dinge wat vryheid genereer. Bra weggooi en skoene uitskop na ‘n harde warm dag.
    Goeie vriende is baie skaars, het ek geleer. Maar soms kry mens EEN vriendin wat jy kan uitsonder en ‘n pad mee kan loop. Ons het almal ‘n Klankbord nodig. So ‘n vriendskap moet jyself hard aan bou.

  10. Baie waar Tina maar eintlik baie skaars!

  11. Ek het nie eers eintlik baie vriende nie.

    Ek hou veral van jou eerste aanhaling Tina! Baie waar.

  12. Goeie waarhede..noudat ek dink,ek het nie veel vriende nie…

  13. Uhm ja, ek, noudat dit wrm raak begin kapsie maak dat ek nie bra uitgetrek mag wees nie🙂

%d bloggers like this: