RSS Feed

Nagfotografie

Na Sondag nag se inbraak,waag ons dit nie juis snags buite nie maar ek kon nie my nagfotografie opdrag baie langer uitstel. Moet jou ook sê … ek is maar sk**bang. Ek het egter deurgebyt en so paar foto’s geneem wat ek graag wil deel.

Daar is ook twee wagte wat die gebou dophou… vir hoe lank en hoe deeglik sal ek nou nie kan weet nie. Ek hou ook nie my asem op nie.

Die foto’s is nie wonderlik nie maar ek wou neem en klaar kry. Wat dink jy?

DSCN3203 (2)

DSCN3205 (2)

DSCN3206 (2)

DSCN3196 (2)

DSCN3213 (2)

 

33 responses

  1. Ek hou die meeste van die eerste een.
    Dit is tragies as ‘n mens nie eers uit kan gaan as dit donker is nie.

  2. monicahaddad01

    Hou ook die meeste van die eerste ene!

  3. Ek hou ook van die eerste een, strak lyne en geometrie en diepte.

  4. Wonderful captures. I like the first one especially!

  5. Ja is dit nie siek nie – ons onthou die eerste kee wat daar ‘n inbraak by ons was, soos ander mense onthou hoe hulle eerste kar geruik het of eerste brood gebak het. Maar nouja. So is dit. Die eerste foto is vir my die beste – ek hou van die duidelike kontras tussen lig en donker.

  6. Jou fotos spreek defnitief van die nag. Ek hou van nr 2. Half voltooide huis met duidelike lig aan buitekant. Nag in vele opsigte! Sterkte met jul veiligheid – ek sien jul woon darm baie naby aanmekaar. Dis voordelig.

    • Jong ek dink ek gaan raas kry oor die straatlig maar dis nou maar so.

      Ja maar die help nie baie nie die Sorgsentrum is so 100m van ons af en daar is die meeste gesteel Hulle het ook bottels uit ‘n vriendin se vensterbank geneem en op die gras gegooi!

      Jy moet tog bietjie kom koffie drink dan wys ek jou

  7. Ek sê ook, waar daar bouers is, is daar bollie.

  8. Ek dink waar bouers is bedags, is daar misdadigers snags… Beskuldig niemand nie, se maar net🙂

    Anyway, terug by die punt – Jou nagfoto’s het wonderlik uitgekom Tina!

    • Jong die werkers is van Nelspruit en al twee keer was op ‘n naweek dat hulle huis toe was … tog lyk dit al te veel na ‘n inside job.

      Dankie ek het nie veel geneem nie maar sal darem 4 vir die opdrag uitkry … die nag ding is nou regtig vir my pret nie

  9. My favourite is the first one you shared.

  10. Knap gedaan veral in ‘n onrustige gevoel.

  11. Nommer drie is nommer een!

  12. ek hou van die tweede een en die gebruik van die lig daarin as ook die bankie. Maar almal is great

  13. Ek hou baie van die gang met die perspektief…alles is pragtig skerp,van voor tot agter.Die twee bouers by die onvoltooide huis vertel ook ‘n storie.Ek dink jy het baie goed gevaar,gegewe die vrees!

    • Nee dis twee sekuriteitswagte … die gat in die venster is nog nie heelgemaak nie Hulle pas ons nou kastig op! Hoe lank hulle wakker bly sal ek nie weet nie

      Dis die agter en voorstoepe van die enkel woonstelle ons 2 slaapkamer woonstelle het muurtjies wat nie so lekker werk vir ‘n foto nie Ek sou bietjie meer tyd wou gevat het maar nouja.

  14. Spel jy dit met n y?

  15. Nie sleg nie al het jou broek gebewe! Het jy met driepoot gewerk?

  16. Very nice pics. Love the lonely bench.

%d bloggers like this: