RSS Feed

Misdaad

10645190_625255120928545_1429869059462424433_n

Die landgoed was gisternag vir die tweede keer deel van die misdaad statistiek… Vir die tweede keer is by die sorgsentrum ingebreek. Miskien moet ek na my versekering kyk, want een man se karvenster is ook gebreek en goedere is uitgesteel.

10702070_634002330053824_369047846565881133_n

Verlede week het die ontwikkelaars juis met ons vergadering gehou en ek het in my heel beste Ingels verduidelik dat ons bekommerd is oor die personeel se veiligheid.  Die plek het mure plus elektriese drade en wagte … eeeeeemmmmmm … dream on… Die Tv van die Sorgsentrum is nou vir die tweede keer gesteel plus die rekenaar en geld en… en… en…

10385477_604940689626655_7767134490696225958_n

Mens is gewoon nêrens meer veilig nie.

10609724_629590743828316_5208629008129632659_n

Another pic of the item found on the suspect in Wierda Park x2 last night.

Apparently it is used to test whether the electric fences are on and to disconnect the wires. (Unconfirmed tho)

Photo supplied by CCC Patroller/Reaction team member

35 responses

  1. Niks is erger as die gesindheid wat al die misdade ons gee nie… dis onnatuurlik. Ek weet hoe jy moes/ en steeds voel. DIs ‘n poeffie gevoel😦

  2. teen hierdie tyd is dit alom bekend dat julle ‘n klompie ouer mense is wat op mekaar aangewys is en die sekuriteitstelsels is nou nou al deeglik bestudeer. Hoop van harte dat daar einde aan kom

    • Ek is meer bekommerd oor die personeel ‘n Enkele verpleegster slaap in die hoofgebou en moet in die nag as sy geroep word deur die duister ploeter vir seker 100m Dis gewoon nie veilig nie en daar is so baie wegkruipplek

  3. It is so scary oi find that they even have devices to check electric fencing. Very sad situation.

  4. Ai Tina. Die waarde van die goed wat gevat is kom nie eens naby aan die onveiligheid wat n mens voel na so iets gebeur het nie. Dit krap mens se lewe meer om as net n rekenaar wat vervang moet word.

    • Die probleem is dat dit Matrone se rekenaar is en al ons inligting is daarop … aan die ander kant is dit nodig dat sy ‘n kluis moet hê want ons sleutels is ook sommer in haar laai!

      Dis frustrasie is dat ons nou klaar gekoop het en dit voel of die ontwikkelaars nie regtig belangstel noudat die geld in hulle sakke tjingel het.

  5. Dis gewoonlik maar n inside job! 😦

  6. Dit is gladnie aangenaam nie. Dis baie goed om te vertrou maar die duiwel is met tye tog SO sterk om mens se “geloof en vertroue” te toets. Dit maak mens BAIE onrustig as dit so naby aan jou lewe kom.

  7. Dit maak mens woedend.Al my simpatie met julle.Ek het ook al gehoor elektriese heinings is nutteloos.Die skelms omseil dit maklik.

  8. Ag weet jy Tina, die beste ding wat ek nou maar gesien het wat mens kan doen is om alarms in jou plek te sit, te betaal vir armed response, jou huis met diefwering en al in ‘n tronk te verander en te hoop en bid die dom donnerse bliksems breek nie weer by jou in nie.
    Daai geraamte mannetjie is ek: Ek wat nou nog wag vir die polisie van die fucked up land om te besef dat die arme fokkers wat belasting betaal gaan gebukkend onder die misdaad. Ek sien vandag ‘n ou fototjie van ons polisie minister met ‘n bors vol medaljes?
    Wat de donner het die useless vroumens gedoen om daai medaljes te verdien? Defnitief nie vir crime fighting nie.
    Sorr, die was bietjie ‘n rant. Maak my net de donner in dat ek en mense vir wie ek omgee so moet sukkel met misdaad en in vrees leef!
    Dom donnerse Zuma! Wens hy wil net wakker skrik…

    • Dankie vir die omgee
      Ek is egter baie fatalisties en glo met my hele hart God is in beheer van my veiligheid … hierdie is net ‘n ding wat mense moet laat wakker skrik en hulle verantwoordelikheid moet aanvaar.

      Moenie praat van medaljes nie Ek hoor Mugabe se vrou het ‘n dr’s graad verwerf sonder dat sy aan enige instansie verbonde is/was… mens kan maar net lag!

      • Tina, as dit nie vir Here was nie was ek seker nou al lankal in die malhuis van vrees. En ek bedoel dit nie ligsinnig nie.
        So baie aande wat ek in die bed klim en ek net dink aan hoe ek gaan vermoor word in my eie bed, dan bid ek maar dat die Liewe Heer my gedagtes sal verander. En dan net BOEM dink ek aan ander goed. Rustige goed.
        Dis net die politiek in die land wat net nie wil besef ons mense gil en skree vir beter beskerming en strenger wette om misdaad hok te slaan nie!

        • Ai toggie ek is so jammer… Ek is nie iemand wat te koop loop met dit wat ek glo nie maar dat ek altyd in God se hand is glo ek vas aan. Ek is nie altyd goed genoeg vir die dinge wat ek graag wil doen of hê nie, maar my lew is geheel en al van Hom afhanklik.

          Ek het ook gou in my lewe besluit dat as jy alleen is, jy kan nie bekostig om bang te wees nie want dit maak jou gek.

    • Dankie vir jou uitgesprokenheid. Ek voel met jou!

  9. ‘n Elektriese heining is ‘n klug en ‘n geldmaak projek. Ek sal in minder as een minuut so ‘n heining omseil.

  10. Eintlik moet ek nie die like knoppie druk nie!

  11. Wetters.

    Jis dit maak mens kwaad.

%d bloggers like this: