RSS Feed

Vrydag Byskrifte Uilplesier

Dit lyk na reën hier in die bosveld. Dis die lekkerste lekker om op so middag afgetree te wees. Ek het vanmiddag na middagete op my bed gaan lê en ‘n barshou geslaap…. ooooooo dis sooooooo lekker. Wat ek vannag sal doen weet ek nie.

Dankie vir jou inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlik naweek.

1

curious-face

2

duck-friendship

3

happy-owl

4

third-wheel

5

this-opera-singer

6

stoic-owl

Gaan kyk gerus na die oulike artikel

http://www.somuchviral.com/21-adorable-owls/

22 responses

  1. hoe-hoeee kty die oulike foto’s so bymekaar

  2. 1. “Who me?”
    2. “All that I need is to be loved.”
    3. “You always find a way to make my day.”
    4. “Two is company, three a crowd, that’s for sure.”
    5. “I am not sleepwalking, I am thinking.”
    6. “Now why would she call me ‘big eyes’?”

  3. 1 Kan ek asseblief by jou kom bly?
    2 Ag moenie worry nie, die vere maak nie die voël nie…..

  4. Ag dis “dier”baar! Ek gaan nou maar bietjie le…’n slapie gaan heerlik wees. As dit gereen het, sou dit nog lekkerder gewees het.

  5. Daardie artikel is soveel plesier – dankie, Tina!
    1. Glimlag jy vir my? Vir klein ou ekketjie??
    2. Ja, ja, toenoumaar – jy gaan ‘n pragtige swaan word, so hou tog nou net op met kerm!
    3. Lag ek nou vir my eie grap
    4. ‘n Uil kan ook net soveel soetsappigheid vat
    5. Meester Uil in volle swang
    6. Oooo – die wereld is so groooot…

  6. Hierdie uile lyk nie een vreeslik wys nie!

    Lekker naweek daar in die bosveld, Tina!

  7. Hoop jy kry n uiltjie geknip .

  8. Nice!!!
    Daar is reen voorspel vir more maar ons moet maar wag en sien. Intussen gooi ek nat want…………….

  9. Nr 1. Verdomp al weer naweek!!

%d bloggers like this: