RSS Feed

Erfenisdag

Wat doen jy die jaar op Erfenisdag? Braai jy? Hier op die landgoed het ons so effense sosiale klub… ons koop so ietsie vir elke verjaarsdag en het dan ook ‘n geldjie om vir lede ‘n blommetjie te koop as hulle ‘n geliefde verloor of ‘n afskeidgeskenk ,ens.  Die uwe is in beheer van die geld.

Ons is nou al 17 inwoners en omdat ons net ‘n piepklein braaiertjie het, het ek vir hulle gesê die een wat die eerste die woorde ‘braai’ of ‘braaivleis’ sê gaan die funksie reël… grinnik… nou is almal stroopsoet. Ek het egter vanoggend pakkies biltong gaan bestel en beplan om die uit te deel. Elke pakkie kom dan ook met ‘n oulike Afrikaanse grappie – wat mos ook tradisioneel is.

20131108-ME.preview

20130305w-Grogan.preview

20130331_Brandan_Rapport.preview

ultimate-braai-master-team-chop-n-dop-3-troye-may-and-roscoe-kleinloog-2012-copy

20130924-Grogan.preview

21 responses

  1. Bwahahaaa vir al daardie prente!

  2. Ons braai nie meer vleis nie, in fact ons eet so selde vleis dat ek nie eintlik meer baie daarvan hou nie.Ek weet nie wat ons woensdag gaan doen nie, seker niks nie🙂

  3. Ag dis awesome van jou! Is daar nie ‘n ou omie wat kans sien vir die taak nie?? ‘n Maatjie van Engel verjaar die 24ste en ons gaan piekniek hou. Piekniekdag in plaas van braaidag??

  4. Dit klink so lekker om deel te wees van so ‘n omgee klomp mense. Geniet die biltong!!!

  5. ekke wou dat ons so bietjie Kaappunt toe gaan, nou gaan ek op my sitvlak by die huis moet sit!

  6. Ek sien nog steeds uit na vakansiedae en naweke, hier in Hermanus is daar op sulke dae ‘n lekker vakansie-atmosfeer met baie naweekgangers wat dit plesierig maak. Braai sal ons braai, dink ek.

  7. Nee kyk – ons ouens wat werk mis geen vakansiedag. Dit word vooruit gemerk in die dagboek en kry spesiale aandag. Dis geweldige balangrike dae!
    Tina, ek dink jy is ‘n voortreflike vrou om sulke moeite met die mensies te doen. Hou so voort en jou humorprente is oulik.

  8. Ek is ook heel agter met sulke goed, dit sal seker ook ongemerk by my verby gaan soos al die ander vakansie dae……

    • Ja gewoonlik was dit met my ook die ding maar nou is dit lekker om ietsie spesiaal te doen. Ons het ook al een Vrydag pannekoek vir die lekker bestel en as dit net ‘n glimlaggie vir die dag kan veroorsaak, sal dit lekker wees.

  9. Ek weet nie eers wanneer is erfenisdag nie…deesdae het ek nie meer erg in sulke dae nie.

%d bloggers like this: