RSS Feed

Eeeeeeuuuuwwww

Ek kyk vanoggend ‘Four Weddings’ – dis die program waar vier Britse Bruide mekaar se troues bywoon en dan evalueer. Die een wat die meeste punte kry, wen dan ‘n heerlike wittebroodvakansie. Dis sekerlik nie almal se koppie tee nie, maar ek geniet nogal die getjommel.

Vandag was een van die troues egter die van ‘n nudis … ek het eers gegiggel en daarna het my mond oopgehang van ongeloof – soveel van kaal mense het ek nog nooit bymekaar gesien nie. Eish … ek is seker ek gaan sleg slaap vanaand … as ek my oë toe maak flits al daai prentjies verby…

Miskien moet ek oor iets anders glimlag.

13980_734256833287284_1327982525688597623_n 10527641_10202756592017523_5295172757370120558_n funny-puppies-brown-playing-cute funny-old-man-wheelchair-motorcycle funny-ice-cream-sandwich-cone funny-Coke-share-Pepsi

29 responses

  1. No way!!! Wie wil nou kaalgat trou!!!

  2. Ten minste kon niemand die bruid se gewaad kritiseer nie!

  3. Ek sal verseker nie so ‘n troue bywoon nie, ek sal nie weet waar om te kyk nie.

  4. Hehehehe, ek kan net dink hoe dit moes lyk!

    Ek is ook mal oor Four Weddings. Hulle kan so katterig wees.

  5. Ek neem aan hul was almal dun en mooi ‘getan’ en hul was sekerlik almal ferm gebou …ek sal maar my ou oorgrootkamerjas saamgevat het , nou-nou sit ek in ‘n trek! Seker die paradys of moontlik die hiernamaals. Nee wag ek voer dit nou tot die uiterste…

  6. Pasop vir karkaatjies😀

  7. Klink lekker verspot!Ek lag lekker vir jou hondeprentjie.

  8. Hoekom bly nog kyk as dit so kaal is. Ook maar nuuskierig ne!

%d bloggers like this: