RSS Feed

Eish

Ek sukkel om dit gewoond te raak… ek sukkel erg baie om dit gewoond te raak. Ek het dit nooit besef nie – mense praat met ouer mense in aftree-oorde asof hulle kinders is. Eish besef hulle nie dat ouers mense al die paadjie geloop het al vergeet hulle soms goed is daar basiese kennis wat hulle het wat baie nooit sal hê of kry nie. Hier woon intelligente mense met grade en wat al op meer plekke op aarde was, as wat die gemiddelde landinwoner!

Vanmiddag was hier ‘n voëlkenner en sy hele inleiding het gegaan oor mense wat voëls kyk en die habitat van verskillende voëls … alla wêreld ons weet van die see/berge/vlaktes/karoo en selfs dat daar voëls in ons omgewing is. Ons weet daar is voëlboeke … sug… en ons kan ook lees – selfs Engels.  Nee wat, miskien moet ek my maar verskoon van sulke goed … my bloeddruk sal dit nie hou nie. 

Later het dit darem beter gegaan … sug… mens kan net nie wen nie.

 

 

 

20 responses

  1. Wanneer ‘n mens jonk is is dit bitter moeilik om jouself in iemand anders se skoene voor te stel. As sprekers hulle teikengehore in ag neem, is dit met hulle eie idees van hoe hierdie gehoor saamgestel is en dis eers wanneer hulle terugvoer kry wat hulle besef dat daar ‘n groot verskil is tussen wat ‘n mens dink jy sê en wat jou gehoor hoor. Kenners is selde ook kommunikasiekundiges en kan maklik hulle gehoor onderskat, soos dit blyk daar by jou gebeur het. Ek het al voorheen Bette Middler se liedjie “Hello in there” genoem – dis min mense wat die vermoë het om met die mens en nie die pakket te praat nie. ‘n Paar wenke vir die toekoms aan wie ook al hierdie georganiseer het, kan dalk net die ding doen.

  2. O ek verstaan so goed wat jy sê! Maar wat my die kwaadste maak van sulke situasies is dat oumense is ook nou eweskielik nie goed genoeg om troeteldiere aan te hou nie, wanneer hulle dit eintlik op hulle beste kan doen!

    • Ek verstaan hoe jy voel maar noudat ek in die situasie self is, verstaan ek beter. Die probleem is as die mense siek word moet die versorgers die omsien werk doen, maar ons het elkeen voëlbadjies en voerders in die tuis en geniet so elke dag die geveerde vriende

  3. Jy moet darem nie so krities wees nie. Onthou jy is verder gevorderd as baie. Jy het self ook maar die geneigdheid om te wil onderrig onthou! Ten minste kom daar darem iemand om bietjie met jul te gesels oor iets. Stem saam met thysleroux dat die manier waarom jul “ou mensies” hom/haar aanspreek maak ook daarvoor dat daar so opgetree word.(Ha ha kry ek nou lekker vir “mensies” soos onse suster hul ook aanspreek! Dit kom maar naturlik!)

  4. Hahaha! Nee, ek dink eerder die ooms en tantes het die aanbieder op kwasterige wyse aangevat en as “kind” behandel wat nog nat agter die ore is, toe word hulle met (goeie) reg bietjie vasgevat😉 !

    • Hehehehe nee in teendeel hy het aangekom – die matrone het hom verseker ons verstaan almal Engels en hy het weggetrek met sy praatjie. Moet sê dit het later beter gegaan. Ons wou egter meer weet van die voëls in die omgewing. Ons almal voer en het waterbakkies

      My buurvrou reken ek sal dit gewoond raak. Mense praat harder en stadiger ook. .

      Ek dink mense bedoel dit goed Hulle weet net nie van die vrou wat jou alles kan vertel van die Amerikaanse Tennis ope… elke naam en uitslag – hulle weet nie van die mense wat daagliks op hulle kindles lees – hulle weet nie van die vrou wat al amper op enige plek van die wêreld gereis het nie … die vrou met die meestersgraad in musiek – ek kan aan en aan hou.

      • Jaaaaaaaaaa maaaaaaaar niemand by julle het ‘n graad, diploma of sertifikaat in “Ornithology” nie. Kry volgende keer ‘n tennis-afrigter vir ‘n praatjie en laat “Tannie Tennis” hom kortvat. Of ‘n violis en dan kan die Musiek-kenner met sy gal werk. Strategie!😀
        (Wat lees hulle so op die kindles? 50 Shades??). Op ‘n ligter “noot”, julle is nie so spesiaal nie, sprekers het ‘n manier om soms maar neerhalend met ‘n gehoor te praat.. Het jy al in ‘n boardroom gesine hoe praat ‘n CEO met sy “minions”?

  5. Praat hul met jou in verkleinwoorde? Ek is nog nie in eens in aftreeplek nie en sedert Mia se koms..is ek afgeskaal nie Oumakie ..Hoe gaan dit met die OUmakie … amper praat ek lelik!!Eers was dit hoe gaan dit met die pensionaaaarisse . miskien is ek net seisoen bitterbekkerig.

%d bloggers like this: