RSS Feed

Voetspore

Vandag se tema by Elke dag ‘n oorspronklike foto is Voetspore. Gister met lentedag het ek en my een buurvroue begin om soggens ook te begin stap en vanoggend het ek my selfoon saam geneem om ‘n paar inwoners van die Landgoed se spoortjies te verewig. Ek weet die meeste mense jaag om by die werk te kom maar as jy die geleentheid kry om vroegoggend buite te wees, is dit seker die mooiste tyd van die jaar. 

Ek deel graag ‘n paar van die foto’s:

Tarentaal of wat dink jy?

IMG00300-20140902-0716

 ‘n Kleiner voëltjie?

IMG00303-20140902-0721

Kat? Muishond?

IMG00305-20140902-0722

Ons bokkie Steenbokkie/duiker?

IMG00306-20140902-0722 (1)

DSCN2918

15 responses

  1. Lekker om te hoor dat jy so vroeg bietjie stap. Dis die beste en lekkerste tyd van die dag. Mens ontdek dat alles wat om jou aangaan terwyl jy rustig stap. Was en is steeds die lekkerste vir my om son te sien opkom , eerste voeltjies te hoor sing en dan op stoep te sit en n teetjie te drink.

  2. jy het pragtige foto’s geneem

  3. Te mooi!Dis die klein goedjies om ons wat die lewe mooi maak.

  4. Lekker om jou weer te sien!

  5. Voetspore — mooi loop!

%d bloggers like this: