RSS Feed

Ek verstaan dit glad nie!

Waarom kies Fliek resensente om die treurigste flieks in tydskrifte te plaas. Die week word die fliek Sex Tapes in die Huisgenoot geresenseer deur Leon van Nierob Hy raai lesers sterk aan om die fliek nie te gaan kyk nie. Waarom dan nie liewer ‘n ander een resenseer  wat meer in mense se smaak sal val nie?

3291648708

Mnr Google gee ‘n langerige lys van flieks wat tans vertoon word? Waarom dan nie ‘n beter kieuse maak of is dit maar net om die spasie in die tydskrif te vul? Dis vir my so onproduktief!

Miskien moet ons liewer maar bietjie glimlag…

  3208910440817_10152694106274283_8116331516326946471_n10645236_10153266156303484_8098847646466371177_n 1901782_495036683939007_472053140_n funny-baby-2

 

 

32 responses

  1. 1. Google “what is a review”.
    2. Moenie enigsens omgee wat Huisgenoot skryf nie😀🙂🙂
    3. Hoe bepaal iemand wat in “mense se smaak val”. Derduisende mense gaan mal wees oor daardie Sex Tapes fliek, ongeag of dit ‘n “goeie” of “slegte” idee is om dit te doen… nes Bungee-Jumping…

    • Ok jy is reg maar mens verwag darem van Leon van Nierop iets beters sal kies.

      • Ek verwag niks van Leon v Nierop nie🙂 In elk geval, ek dink nie die ou “kies” flieks nie, hy kyk en resenseer. As hy net “goeie” movies “gekies” het, het jy tien teen een ‘n week later geskryf hoe vies jy was dat niemand jou gewaarsku het oor daai @£@!!% fliek nie. (Dalk is jy nog mal oor die movie! :D)

        • Neee wat ek kyk liewer ‘n lekker speurstorie… fliekkaartjies is te duur

          • die hele blog post en al die comments gaan oor fliek. Wat ek nou nie verstaan nie is hoekom die hele debat begin? Miskien moet ek oor kos blog en kla oor swak resepte en net as die debat aan die gang is verklaar ek dat ek eerder takeaways koop as om self kos te kook… ? Kry net ‘n goeie speurstorie wat deur iemand geresenseer is wat in jou smaak val😀

            • Dis nou daar waar ek van jou verskil. Elke blog moet/hoef mos nie ‘n debat te wees nie?
              As jy net besef dat my blog net die gedagtes van ‘n ou(er) vrou is wat rustig na die lewe op die kantlyn sit en kyk. Ek is nie ‘n ernstige flieker of lese meer nie. Ek wil niemand oortuig om soos ek te dink nie en ontstel my glad nie meer as iemand van my verskil nie.

              • Natuurlik is dit 100% ‘n debat, aldus nie ‘n formele skool of politieke debat nie, jy vra tog vra en beantwoord hulle op so ‘n wyse by die ander mense dat jy aandui jy voer ‘n debat, wat net ‘n gesprek is per se. As dit retories was het jy comments disable, nie waar nie? Dan volstaan jy met jou vrae en dit bly staties. Dit gaan nie hier oor wie nie saamstem nie, dit gaan nie oor ouderdom nie, dit was net bloot erg confoooosing om nog lekker oor jou oorspronklike post te GESELS en die volgende oomblik is alles van die tafel afgevee en nou worry ons nie meer nie, want ons fliek in elk geval nie, maar ons skryf oor resensies etc?

                • Hehehehehe…. wat jy nie weet nie is dat ek dog ek systap jou as jy te ernstig raak en toe werk dit nie so nie.
                  Jy het gesê mens moet niks glo wat in die Huisgenoot staan nie en daar moes die gesprek eintlik opgehou het….
                  Ek kry soms die idee dat ek die wit waks uit jou uit? Jy weet mos teen die tyd ek bly nie lank by een onderwerp nie?

                  • Eish! hahaha …. ja wat,.. se my eerder as ek te seri-haas word…dan kies ek die hasepad

                    • Jy moet erken jy is ‘n baie intense jong man wat lewe in die oortreffende trap?

                    • Ja ‘n man is voor 45 bloedjonk … let wel nie onwys nie maar net jonk wat leefwyse en sienings betref

                    • Dis net ‘n opinie, waarop jy 100% geregtig is. Interessant hoe jy ouderdom hier inbring. “Leefwyse” en “sienings” is nie gekoppel aan jare nie, nie noodwendig nie. Soms is jare net blote repetisie, ander kan in in maande meer ervaar, beleef, leer en verstaan as wat sommiges in ‘n leeftyd doen.

                    • Dis waar, maar ek wens ek kon oor twintig jaar weer met jou oor hierdie goed praat. My sienings het die afgelope 2 jaar radikaal verander.
                      Dis waarom ek sê jek dink jy lewe so intens dat jy ‘n hele leeftyd in ‘n week wil inpas. Jy sal nooit net op die kantlyn staan en net toekyk nie?
                      Maar dan is jy ook reg… dis net my mening en siening wat sekerlik nie eintlik saak maak aan ander mense nie

                    • Net so het my sienings die laaste twee jaar radikaal verander. Ons leer mos konstant? Jy neem aan ek dink die lewe is intens, jy skep ‘n persepsie rondom dinge sonder om my ooit prontuit te vra,😉 Hoe weet jy ek staan nooit op die kantlyn nie? hahahah… Ja, ons het almal menings maar ek verwys jou gou na jou post “eish”, ek dink rerig ons moet wegdoen van “agism”, “sexism,” “genderism”. Telkemale haal jy die ouderdom ding iewers uit, in ‘n mate is jy condescending teenoor “jonger” mense, nie waar nie? Veral op ‘n platform waar ons sonder hierdie grense kan gesels. Jy voel jy moet die ouderdom as ‘n troefkaart uithaal as jy iewers vasgedraai word in ‘n redenasie, want die “jonges” het mos nie jou experience nie? Is ek verkeerd? Of is dit net ‘n aanname? Die aanname is gebaseer op wat jy skryf. Feit van die saak, daars altyd mense aan beide kante van elke mens se ouderdom wat slimmer, dommer, vinniger etc is, meer ervaring, minder, dit gaan mos nie daaroor nie? Moet ek tou opgooi omdat daar jongetjies is wat klaar beter as ek is in dinge, sodat ek oor twee jaar vir hulle kan vertel hulle weet niks, a nee a! dit werk mos nie so nie(hypothetically speaking..ek praat nie van jou of myself nie hoor!!)! Ek dink ek moet bietjie gesels met daai spreker wat by julle was! Ek dink julle was erg lelik met hom, omdat hy jonger was ***grappie*** hoor, iets minder intens😉

  2. Ja ek stem

    As hy mense afraai om die fliek ‘n skiep te gee waarom nie ander een kies nie

  3. Goeie punt! Ek het ook al gevind dat flieks wat resensente soms as gemors afmaak nie noodwendig gemors is vir ons gewone siele nie.

  4. Tydens Granny duty het ek en Vroukie House of Magic saam met die Tableview Two gaan kyk–ek het gedink dis ‘n uitstekende animasiefliek–Die Burger se resensie het dieselfde dag verskyn, sy (kan nie haar naam onthou nie) het dit behoorlik uitmekaar gepluk.

  5. Genade, daai ouma se kombuis sal my skoon laat vergeet van my dieet!

  6. Dit kan baie vermaaklik wees as ‘n resensie ‘n gemorsfliek behoorlik vermorsel. En dit spaar mense wat dit dalk sou gaan kyk, se geld.

  7. Perdepaal is tipies! Myne is myne!

  8. Dis asem mors om gemorsflieks te resenseer!Ag die foto’s is kostelik.Ek hou veral van ouma se kombuis…sommer nou honger!

%d bloggers like this: