RSS-toevoer

TV Debuut

My stoepie het die week sy TV debuut gemaak. Omdat ons die eerste inwoners van die Landgoed is, dink al wat leef en beef dat ons vreeslik gevlei moet voel om in al wat ‘n koerant of op elke hoek en staat te verskyn. Toe nou nie. Ons voel as dit gaan oor ‘n fondsinsameling is dit dalk iets om te oorweeg, maar andersins  word ons net gebruik vir goedkoop promasiemateriaal. Al wie daardeur verryk word is die ontwikkelaars en eiendomsagente.

Verlede week het die TV span van Kyknet se Ontbytsake hier deur gewoerts-warts en ek het gesorg dat ek rustig by ‘n vriendin koffie drink. Kyknet het darem ‘n dankie-brief gestuur, maar van die ontwikkelaars hoor mens niks. Al die insetsels is egter niks anders as advertensies nie en dit het hulle aanmekaar gesit met ‘n foto’tjie van die die museum en die wildtuintjie in die dorp. Aan die ander kant wat weet ek nou… grinnik net dat die tafeldoekie maar erg skeef hang!

DSCN2996 DSCN2998 DSCN2999

52 responses

  1. Lyk lekker gesellig.
    Jy het onlangs probleme gehad om te blog, lyk my dit steek nou kop uit hier by my, daar maak nie’n new post dingetjie oop op my blad nie–was dit jou problem? Hoe het jy gemaak?

  2. Ag laat dit maar so oor jou rol, Macadamia is mos ‘n harde neut om te kraak 😉 het ‘n boompie persent gekry maar ek weet presies 0 van hoe macadamias groei en of hulle kruisbestuif of wat, dalk is daar ‘n afgetrede boer wat ‘n paar geheime ken.

  3. Oor sommige dinge kan ons maar net kop skud. Baie nice van Kyknet om ‘n briefie te stuur alhoewel!

  4. Jy het ‘n oulike stoepie, dit nooi mens om bietjie te vertoef. Eendag gaan hulle voete aan al die kabels vashaak en bly hulle om ons mooi te wys hoe dit daar lyk

    • Ons bly vreeslik lekker Ek is baie verras en het nie gedink dit sal so lekker wees nie Ek het twee buurvroue gekry wat in die kort tydjie heerlike vriendinne geword het.

      Dis regtig aan te beveel!

  5. Wou nog bysê wees bly oor die naam … of is jul nou nie na die neute vernoem nie..wou nou stout opmerking maak .. maar liewer nie !

  6. Iemand hier in die huis hou nie van daardie oggendbrekfisprogram oor flertsies hier en flertsies daar… sou eerder wou gehad het hul moet by jou gaan teedrink nou moet ek net tevrede wees met jou stoep.. Nee man !! en jou mooi kantgordyn en jou kussing wat bitter mooi lyk. Seker gekwilt…

    • Ja dis suiwer adevertensies. Ons is al so gatvol want elke keer maak hulle of hulle ons ‘n helse guns doen.
      Die gordyne is nog my sus (scrapydo) sin en die kussing het vreeslik gebleik maar sy het hom ook gekwilt. Die Lankgewag was ‘n verjaarsdag geskenk want volgende jaar gaan verander na gatvolgewag en so elke jaar Die voëlstjies en keteltjie is ‘n geskenk van ‘n ander vriendin Hierdie plekkie is die beste ding wat die Liewe Vader oor my pad gebring het!

      • Ag ek is so dankbaar, dat jy gelukkig is , groot genade. Ek lag lekker oor die gatvol ene.. ek wens menige dag ons kan afskaal. Skielik wil mens se liggaam nie meer byhou by al die werk nie.. en nie elke plekkie is so lekker tuiste nie.. is die mense daar nuuskierig en inmengerig..? ek hoor net by ‘n tantetjie(hier rond) wat gereeld kla oor die agies en die privaatheid wat probleem raak.

        • Nee wat hier is dit darem nie regtig so nie. Hoewel daar ‘n paar met Alzheimer is, hoor mens net stories oor en oor maar baie nuuskierig is niemand As jy jou gordyne toe het weet almal hulle moet nie pla – net as dit dringend is. Dis miskien omdat die lekker redelik duur is, dink mense twee keer voor hulle hier koop.

          Sjoe dit klink baie snobisties…

          • Deesdae is plekke baie duur , weet wraggies wat gaan ons doen as ons te mankeliekerig raak nie.. huisverkooppryse hou nie tred met aftree plekpryse nie..

            • Ek was ook angstig maar kom gemaklik met die heffing uit … mens besef nie hoeveel skoonmaak, tuin en selfs ;;n middagete mens kos nie. mens moet ook nie wag tot jy 80 is nie want baie plekke wil jou dan nie meer neem nie

              • Gister gesels oor iemand wat se bejaarde Ma versorg word waar alles nie so goed verloop nie (die krisis kom wanneer jy hoë sorg moet ontvang – almal is nie so goed nie en die wat is is erg duur)

                • Ja daar is regtig vir ons ook kommer … ons is nog in die posisie om te kan oordeel en selfs hier is di8e sorg maar so-so. Dan moet ek bysê dat ouermense ook maar vrek moeilik kan wees.

                  Ek het besluit om voor die tyd ‘n lys te maak wat ek vir matrone gaan gee …

  7. Wow, nog steeds stoel, wieletjies tafeltjie en ronde tafeltjie. Lekker histories hier

  8. Pragtig, nou is jou stoepie verewig! Jy is nou skewe tafeldoekie Tina, he he!

  9. Dit lyk so gesellig 🙂 Sal heerlik op daardie stoep sit en kuier…… of lees.

  10. lyk baie gesellig op daai stoepie, skewe lap of te not

  11. Dissie lewe, lag en geniet!

%d bloggers like this: