RSS Feed

Die een se dood, is die ander se brood.

Hier op die platteland is dit ‘n groot gebeurtenis as daar ‘n nuwe winkel oop maak, maar ‘n nuwe Mall het die mense in rep en roer en hulle ry van die naburige dorp om die nuwe geboorte te besigtig.  Die kasregisters klingel en die karre en bakkies word gelaai.

6727818-_Lhasa

Saterdag besoek ek ‘n vriendin toe die nuwe Chinese Mall wat hier oopgemaak het.  Sjeezzzz soveel van kleurvolle goedjies het jy nog nie beleef nie. BAAAAAIIIIEEEE handsakke en komberse en dit lyk na ‘n groot Crazy Store!  Ek het darem ‘n paar lekker kopies gemaak.

CIMG1881

Gemmer tee teen R10 goedkoper.

Rolletjie lint vir kaartjies R8 en R10 ‘n rolletjie

‘n Pak besonderse bruin kartonne.

Lekker groot mooi geskenksakke teen R5.50 een Spotgoedkoop!

Ons het net besluit dat partytjie plekke en ander winkels beslis ‘n knou gaan kry met die nuweling in die dorp.

2340110-z

 

 

 

 

41 responses

  1. Kan ook boekdele spreek oor die goedkoop chinese kopies! Hul buit alles uit- goedkoop arbeid maak dit alles goedkoop. Is maar sleg, hul het nie n saak of dit kwaliteit is nie

  2. More is veronderstel om Jode the week. Ek verleer seker Afrikaans😦

  3. Dit klink interessant. Nie gebou om te jou? Vriend van my van skooljare skryf gister oor hoe die more van dedtyds die winkeliere was go figure.
    Dis net jy en net ek en Zeppie van die litnetters wat my blog besoek! Nou loop ek ook maar weg?

  4. Ek’s mal daaroor om so ‘n plek te ontdek. Lekker shop!

  5. My kinders gaan koop ook hulle partytjiegoed by die Sjineese mall…. soos jy sê baie goedkoper.

  6. That new store will probably be very popular for a while at least. Sounds like you can get some good bargains there.🙂

  7. Veral van Chinese gereedskap, nog erger as daar geen naam op is nie, moet die ambagsman, maar van wegbly. Soos Newsferret sê. Gemors, is daar baie, maar almal wil kyk en koop.

    • Dis waar kyk gaan kyk ons … ek sal hulle nou sowaar nie altyd ondersteun nie maar die skryfmateriaal is darem baie goedkoop en ons maak net kaartjies en daar tel kwaliteit van die papier/karton nou nie te veel nie

  8. Hier by ons groot Chinese Mall kry jy ongelooflike winskopies. Serpe wat by ander winkels tussen R120 en R200 kos, is daar te koop vir R30 tot R70. Truitjies ens is regtig goedkoop, . Ek dink egter hul sit gemors in hulle eetbare produkte en ek het al skoene gekoop wat my voete letterlik laat brand onder. Ek vertrou nie hulle kwaliteit nie en sal nooit babagoed daar koop nie.

    • Ek het vir Newsy gesê ek kan met hierdie winkels die wonderlikste kinderpartytjie kan aanbiet teen die kwart teen die gewone prys. Die gekenksakke is ook sowaar mooi en hondgoedkoop

  9. Maak my bekommerd dat die Sjinese oral inkom met goedkoop ware,wat onder bedenklike omstandighede vervaardig word en ons eie markte kom doodddruk.Ek klink nou na ‘n pyn en wil nie negatief hier op jou mooie blog wees nie,maar ek sien wat in Botswana,Namibië,Zambië en nou hier by ons gebeur.

    • Ek verstaan baie duidelik en hard wat jy bedoel … ek beplan ook nie om hulle te ondersteun nie maar ek kan darem nie agterbly by die kyk nie?
      *fluister* ek gaan darem nog ‘n paar pakke kartonne van ander kleure koop vir die maak van ons kaartjies… sug… skuldig.

      • Jy moenie skuldig voel nie.Ek koop ook iets as dit goedkoper is,veral as mens jou sente omdraai.Dis net ongelukkig dat die mark deur die Sjinese uitgebuit word.

  10. Hier by ons het die plaaslike Chinese take-away winkel ook nou sulke ditjies en datjies wat hulle try smous aan jou. R5.00 nael lak en 10 Maskara, Tyd om daai cross dressing te begin en het ek nou net die in die openbaar getik?

  11. Ken van die Sjinese en die spotgoedkoop pryse en het self ‘n Sjinese stel afgetrap toe kwaliteit later nie daar was nie, veral by die elektroniese en sport goedere. Goedkoop koop kan duur koop word.

    • Ja ek stem, maar ek sal darem ‘n kinderpartytjie kan aanbied wat enige kind sal betower teen ‘n kwart van die normale prys. Die geskenksakke kos by die boekwinkels nie onder die R25 een nie. Ek stem ook saam daar is baie gemors ook

%d bloggers like this: