RSS Feed

Eerlikheid en gewete

Gister kom ‘n predikant vir die twee weeklikse diens by die Landgoed.  Hy vertel met smaak dat hy nooit sy regte telefoonnommer in die boek skryf as daar ‘n hekwag met ‘n boek is. Hy vertel ook dat hy nie die regte nommerplaatnommer geskryf het. nie. Ek het my verbaas, want die toegang maatreëls is tog nie om die mense wat inkom te beskerm nie maar ter wille van die inwoners? Ek het nog nooit van iemand gehoor wat dit doen nie?

Die ‘preek’ het my ook warm om die kraag want dit gaan toe oor gewete? Dit was meer van ‘n regse politieke toespraak as ‘n preek… ek sal nie weer na hom gaan luister nie.

Aan jou baas of jou maat is jy getrouheid skuldig; aan jouself , eerlikheid. Waar die twee pligte teenstrydig is, kies laasgenoemde. CJ Langenhoven

photos 156

Doen altyd wat reg is. Jy sal ‘n paar mense tevrede stel en die res verstom. Mark Twain

photos%20151

 

Al wat mens met met oneerlikheid bereik dat niemand jou wil glo wanneer jy die waarheid praat nie. Aristoteles 

photos 137

Geen eerlike man het nog ooit berou gehad oor sy eerlikheid nie. Duitse Spreekwoord.

photos 158

 

 

33 responses

  1. Very lovely flower images!

  2. Sommige hekplekke se wag skryf self die regnr in …soms. Ek dink ds Hoesenaam – dalk sit die man en loer oor sy skouer …dalk kyk hy of die gewete met die kort beentjies hom perdalks inhaal. Miskien voldoen Veiligheidsoorde aan vooropgestelde regulasies.

    • Sug… ek kan daarsonder leef. Hy het met tee sit in vertel van al die tekens wat hulle voor mense se huise sit sodat die skelms weet van alles. Ek weier om so in vrees te leef. Hy gaan so verkrampte onvergenoegde ou mense word

      • Daai storie van ‘tekens’ het soos veldbrand versprei. Ek dink mens moet oplettend bly en nie neuroties raak en in elke ding iets lees wat nie daar moet wees nie.. dit ontstel my meer as ek in die verte geweerskote hoor – dink altyd waar gaan daardie dwaalkoeel heen as dat ek stres oor plastieksak of klip of bottel of wat ookal langs my hek. Ek is in elk geval so lamlendig (!!) wonder of ek my in skrikte sal kan verdedig.

        • Ek vererg my sommer van voor af Hoekom sal hy nou vir ‘n klomp oumense sulke goed kom vertel? Ons het dit al 100X gehoor … ek het amper hardop gelag toe hy vra of ons weet van FB en hoe hulle na mense se bladsye gaan kyk om tw eet watter soort mense hulle is. Hy het agtervolgingswaansin.

  3. Sjoe Tina, ek is so mal oor die aanhalings wat jy so lekker opsit vir ons by jou foto’s deesdae! Dankie vir die moeite, dis pragtig!

  4. Daar is ongelukkig teveel van hulle…………….

  5. Wys jou hoe beduiwel mense mekaar! Dankie vir die mooi aanhalings en fotos. Dit het my sommer weer gekalmeer na die dominee episode!

  6. Dis sommer goedkoop bravade om te toon hoe ” dom” die hekwag is.Sy regse preek bevestig presies waarom hy so optree.Jou gevoel oor die man,is heeltemal reg…verby met hom!

    • My wange was sommer rooi van irritasie maar ek wou nie die groep opbreek nie … grinnik 3 mense se selfone het gelui… hy het ‘n idee sy oordeel gaan ‘n hom reg in die hemel kry

  7. Die gesloer by die ingange is n pyn in die gat. Hoe lyk dit met die wag neem jou foto en n foto van jy kar nommer ? Hou van jou gesegdes

    • ek verstaan die frustrasie …die maatskappye is gewoonlik ook nie die skerpste potlode in die boks nie en ons inwoners het ons eie irritasies met die stelsel …

      die foto’s kan goed werk of ‘n foto van ‘n id boek?

  8. Dis weird dat die dominee dit so ewe erken? Sulke klein goedjies kan my ook maklik afsit van iemand.

  9. En nee my gewete pla my nie want we benadeel ek?

    • As jy die preek gehoor het. sou jy weet dat die man die Christelike kerk meer benadeel en vir selfs my met ‘n slegte smaak in die mond

      Dis lekker om jou terug te sien… was dit lekker?

  10. Ek kon not nooit begryp hoekom jy jou telefoonnommer moet gee nie feral nie by toegang nie. Dus skryf ek 9821234567 en sedertdien kry ek minder advertensies op SMS! Miskien is dit nie eerlik spreng gesproke nie maar ek weet jou nommer word verkoop. Verder as jy n mail adres moet gee kan jy hope spam key en daar is n mailprogral genaamd iets soos 10 minute mail waar jy n emailafdres kry vir 10 minute want jou inligting word gebruik of dit n telefoonnommer of emailadres is! Ek beskerm my teen skelms en dit lyk my Dan moet ek ‘oneerlik’ weeks.

    • Ek was nog altyd onder die indruk dat ingeval iemand wegraak mens kan help om hulle op gespoor kan word. … ek besef dit het nie veel waarde nie. maar dit laat seker sommige skelms twee keer dink

      • Die plekke waar ek gevra word vir my telefoonnommer is by winkels en banks en dit is seker anders. As ek by iemand gaan kuier en hulle vra dit gee ek my regte nommer sonder probleem want dit verstaan ek. Ja ek is terug en dit was so lekker. P s ek het mos nie juis jets met
        predikante te doen nie🙂

        • Ek het vanoggend met ‘n vriendin ook gepraat en ons het gewonder of die boek ding nie dalk deel is van outydse wetgewing i.v.m. sulke veiligheidskomplekse? Ek het nooit eers daaroor gewonder of gedink nie … dis ook maar in my aard om soos ‘n skaap alles deeglik te voltooi – ek bevraagteken nie juis goed nie. Ek dink ek is dalk erg lui of werklik onnosel!

%d bloggers like this: