RSS Feed

Jaloesie

Baie paaie lei na die land van haat. Jaloesie is die kortste.  Woodrow Wilson

photos 168

Morele verontwaardiging is niks anders as jaloesie met ‘n stralekrans nie HG Wells

photos 161

Jaloerse mense is lastig vir ander, maar vir hulleself is hulle ondraaglik. William Penn

photos 167

As enige sonder dodeliker is as jaloesie, is dit om goed te voel omdat ander jaloers is op jou. Richard Armour

photos 165

Wat dink jy? Wie is gewoonlik meer jaloers – mans of vroue?  Hoe jaloers is jy?

 

 

31 responses

  1. Eers wil ek darem sê dit is pragtige fotos.
    So nou en dan is daar ‘n prik van jaloesie, en ek haat daardie gevoel. Dan draai ek hom vinnig nek om.
    Niks lekker om saam met ‘n jaloerse mens te bly nie. Die eerste paar jaar van ons getroude lewe was my man baie jaloers, maar na ons albei se wedergebore het dit verander.

  2. Such beautiful flowers.

  3. Jaloesie is een ding wat ek haat maar wat my soms dryf om ‘n beter mens te word…

  4. Pragtige foto’s en aanhalings Tina!

    Ek erken openlik, ek is JALOERS, ja met hoofletters. En ek kies nie om so te wees nie, dis net iets wat ek nie kan help nie. Dis erg vir mense om my seker, maar glo my, dis hel vir my.

      • Ek het geen idee nie?

        Dis vreemd, my ma is glad nie jaloers nie, maar ek en my broer is erg. Wat ook snaaks is, mens sal dink omdat ek in ‘n huis met ‘n jaloerse versmorende psigopaat grootgeword het, sal ek dit SO haat en glad nie so wees nie?

        • Dalk is dit ‘n oorlewings ding? Is dit oor sekere goed wat jy jaloers is of oor die algemeen? Dis baie interessant … word dit beter of erger… hehehehe dink net as dit erger word hoe gaan jy die mense in die aftree oord opklits. Wat van jou stomme skoondogters … neeeeee ons sal ‘n plan met jou moet maak!

          • Hehehehe, ja ek kry my skoondogters jammer eendag!

            Weet jy, ek is jaloers op my kinders, en my mense soos my ma en broer. Op mense. Nie om hulle goed te hê of om soos hulle te wees nie, maar hulle is MYNE. En ek vind dit SO moeilik om mense te deel. Dis baie erg. Dit besorg my erge hartseer meeste van die tyd. En dan met rukke word dit weer beter. Terapeute het daai tyd gesê dis omdat ek bang is almal los my. Ek het nog nie ver en diep genoeg gegrou om werklik te weet nie.

            • Sjoe jou vertroue in die mensdom moet erg geskok wees. Ek weet nou nie baie dinge nie en ek het seker ‘n maklike lewe gehad maar ek weet wel dat elke mens net vir een mens verantwoordelik is en dit is jouself… mens kan nie ander se lewens leef nie so jaloesie gaan niks verander nie?

              • O beslis verander dit niks Tina, dit vererger net als! Maar ek werk daaraan, dis nie die maklikste ding om te doen nie, maar ek werk daaraan! 🙂

  5. Pragtige fotos Tina. Ek dink as jaloers obsessief raak ..dan is daar rede tot kommer . Mense moor oor siek jaloesie. Ek weet van vriendskappe wat oor daardie groenwoord gesneuwel het. Ek weet dat die groenwoord eintlik skuil agter minderwaardigheidskompleks. Ek dink die woord word te maklik gekoppel aan begeer . Ek sit nou en dink of ek nou jaloers op iets of iemand is … in alle eerlikheid (soos my Ma sou sê ) wat sou dit my nou eintlik baat! Jaloesie bring net ellende na vore.

    • Ja ek dink dit gaan eintlik hoe mense op die jaloesie reageer. Ek wonder of dit oorerflik is?

      Ek is ook nie uitsonderlik jaloers nie. Dis meer iets soos begeer en dan hartseer wees as ek dit nie het nie

      Dankie dis stokou foto’s

  6. Pragtige fotos! Hou van die kleur. Is dit nuwes of oues?

  7. Ek is jaloers op jou mooi foto’s….😆
    Grappiesop ‘n stokkie,ek dink vrouens en mans is ewe jaloers.Vrouens wys dit miskien meer openlik deur katterig te wees en mans dalk meer op grootpraterige maniere,bv spog oor hul werk,motors,rugbyspanne ens.

  8. Ek dink tog vrouens is meer jaloers as mans. Seker omdat die media so baie focus op die vroulike figuur ens. Ek DINK ek is okay … en nie te jaloers nie! So nou en dan skaam ek my tog vir myself …

%d bloggers like this: