RSS Feed

Vrae… Ek wonder…

1. Wat gebeur nou met al die protes teen die SABC se programverskuiwing?

2. Hoekom belowe mense maklik goed, wat hulle nooit van plan is om uit te voer nie.

3. Waarom spot mense hulle kinders en sê dan “Ag hy/sy weet mos ek spot sommer net”?

4. Wat kan mens koop met die prys vir die onderstaande ete?

image001

31 responses

  1. Ouers besef nie altyd die skade wat ‘n spot aanmerking aanrig nie. My pa het altyd my friend een boyfriends gekritiseer met een of ander sarkastiese aanmerking. Ten minste weet ek uit ondervinding om dit nie met my kinders te doen nie. Ek het lankal al opgehou SABC kyk…..

  2. 1964 my matriekjaar. My eerste salaristjek die jaar daarna; R80. Ai tog waar is die dae.
    Daar word genoeg met kinders by die skool gespot, dat hulle by die huis ook moet deurloop. Nou is my hart so vol dat allerhande dinge by my mond wil uitborrel.

    • Dis presies die bedrag wat my sus ook genoem het. Mens het darem baie met daai geld gedoen en dit vreeslik geniet.

      Ja dis eintlik beter dat ek ook stilbly want mense sal weet ek is fanaties oor dit. Ek sal liewer die F -woord gebruik as die woord moffie…

  3. Ek het ‘n pel wie se pa altyd met hom gespot het voor sy, die pa, se vriende. Hy het gese die laaitie se ore is so bak soos ‘n k****taxi wat met oop deure staan. Vandag is daar geen liefde van die seun se kant vir sy pa nie.

    ‘n Ander ding waaroor ek wonder is hoekom is die Kaapse draai so lank maar die fyn draai is so kort?

  4. Ek dink nie ouers besef dat kinders ALLES glo wat hulle sê nie, selfs al is die ouer al 80 jaar oud nie, selfs al besef die kind die ouer “spot” net, selfs al besef die kind die “ou” ouer is al baie oud en bedoel dalk nie meer wat sy sê nie…

  5. Goeie ou dae. My eerste tjek was R96 en R30 moes gaan vir losies en R22 vir afbetaling op lening. Later was dit lank R 108.00.

  6. Nommer 3 is vir my hartseer. Mense besef nie dat dit nie gaan oor wat jy bedoel nie, maar oor hoe die ander persoon dit ervaar en dat jy jou altyd in daardie posisie moet indink nie.

  7. 1Dit raak weg…..2 dit klink beter as nee maar almal weet…..3 hulle ouers het dit met hulle gedoen…4 Nie eers ‘n eier nie……

  8. Ek sal ruiterlik erken ek is nommer twee. En ek HAAT dit van myself. Iets waaraan ek moet werk!

  9. Wow, 1964. Dit was seker baie geld toe Tina?

    En ek stem saam jou, mense belowe heeltemal te maklik. Ongelukkig.

%d bloggers like this: